A Travellerspoint blog

26 Feb

Van Zumaia na Bilbao na Burgos na Ponferrada

VRYDAGMIDDAG

large_26Feb_009.jpg
Ekt perongeluk by ‘n Argentynse restaurant ingestap. Hahaha. So ek eet nou Argentynse pizza in Spanje. Dis skreeusnaaks. Dis moerlekker. Jy wonder seker waar is David? Wel, as jy dag 1 besluit jys ‘n ‘alpine pilgrim’ dan moet jy moooove want daars ‘n hele paar dorpies tussen San Sabastian en Santiago de compostela. Een oggend help ek David om sy skild en swaard te gryp. Maar nie twee oggende nie. (-; You snooze. You lose.
Die dorpie Zumaia is werklik besonders. Daar was iets fantasties heerliks in die lug. Onst in die strate rondgeloop gisteraand en ons het beide aangevoel hier is kwaliteit lewe. Behalwe dat almal hulle deure soos in WAAWYD ooplos, ry die families 9hr die aand op hul fietse van die restaurantjie terug huistoe. Eers die pa, dan die dogtertjie en seuntjie. Dan die ma. En die hond hol agterna. In die MIDDEL van die pad. Die strate, geboue, mense lyk soos IETS wat Hollywood in sommige flieks so hard probeer namaak of skep. Hier is dit egter net alledaags. Dis hoe lewe is. Dis weggesteek van oorsese toeruste. Somer is besiger maar ook nie vrek besig nie. Van al die tale tot nou, is spaans die ene wat ek die graagste wil leer praat. Ek hou van die klanke. En ek hou van die mense! Hier is see en hope onontdekte fietsrypaadjies en kastele en koffiewinkeltjies en vriendelike ou omies en tannies en almal het honde en vat hulle selfs saam op die trein en bus. Hehehe. Heeldag loop daar talle mense met stootwaentjies op en af langs die riviere of kuswandelpad.
Ek wens jy was hier saam met my. Want ek het ‘n stukkie hemel geproe en ek wil dit so graag deel met jou…
26Feb_007.jpg26Feb_006.jpg26Feb_005.jpg26Feb_002.jpg

Ek is huidiglik in Bilbao. Dis een van die groot stede in die Basque land. Ek het vanoggend van Zumaia getrein…al deur die platteland-dorpies, so entjie van die kus af. Kwart oor 3 vang ek ‘n bus na Burgos. Vanhier is ek op die oorspronklike meesgewilde en besigste camino roete. Die kusroete waarop ons die laaste 2/3 dae was, het ontstaan toe pelgrims ‘n roete moes vind, rondom die moslem besete dorpe… Van Burgos af gaan ek heelwaarskynlik nog ‘n paar pelgrimstappers vind. Ek sal bietjie stap bietjie bus, allangs verby Astorga en Ponferrado en more oggend begin ek iewers na TriaCastella en stap ek tot by Santiago de Compostela.
Oja, ek het vanoggend op die trein super nice spanjaarde ontmoet. Hulle het die Andesberge al 2keer gaan klim en het my baie opgewonde vertel van die Noorde van Indie. Hierna het hulle vir my gekyk en gese: NO NO NO TOURGIDE. ON OUR OWN. En dis waarvan ek die meeste gehou het! Hulle is afgetree en klim elke oggend op die treintjie en ry letterlik of eenkanttoe of anderkanttoe en gaan stap met hulle stapstokke en rugsakkies in die berge. Ek jok nie nou nie, jy kan dit REGTIG doen. Die trein gaan letterlik deur die berge met tonnels en orals is daar die mooiste kruispaaie en plase en camino wandelpaaie. Ek wil aftree. Hahaha. Grappie. Ons het eposadresse uitgeruil. Noord-Indie en Andes hier kom ek. Hehehe. Nie ‘n grappie nie…
Groetnis uit Bilbao…

VRYDAGAAND

Okey so ek het toe van Bilbao gebus na Burgos. Hier het ek vir 40min in ‘n tou gestaan vir ‘n buskaartjie na Leon. Toe ek voor kom se die vrou iets in spaans met ‘n NO in en toe dink ek: stuff jou spaans tannie ekt nou genoeg van bus gehad. Ek gaan die treinstasie soek. Buite leer ek dat die treinstasie 6km van die busstasie is. Het jy geweet dat Burgos ‘n moerlang stad is. Ek weet nie hoet ek gelyk nie maar ‘n ou omie met ‘n fraai groen serp en glimlag wat jou nuwe moed gee…het na my toe gestap en gevra: camino pilgrim? The way? Ek het moedeloos geknik. Hy sit toe sy hand op my skouer en se: follow me. Hy stap toe voor my uit en toe ek weer sien is ons op ‘n bus. Ek wil na my broeksak rek vir ‘n euro maar hy wys nooooo nooooo. Ja toe stick hy my. Halfuur daarna was ons by die treinstasie en toe drink ons eers ‘n bier en kuier soos ou vrinne. Hy kan spaans duits frans en engels praat. Hyt my gaan afsien by die trein en toe ek kwart oor sewe wegtrek toe voel dit vreemd om hom te groet. Hyt my sy nommer gegee en gese dat as ek ooit weer Burgos toe kom sal hy my toergids wees. Hy self het die camino al 8 keer gestap. Maar ek weet die wereld is so groot. Die lewe so kort. En as mens mense groet wat jy so op jou pad ontmoet is dit glad nie snaaks om te se of te hoor: See you. And if not, enjoy the rest of your life…
26Feb_010.jpg26Feb_011.jpg26Feb_012.jpg
26Feb_013.jpg

Toe ek by Astorga moet afklim het ek geslaap. Die vlg afklim was half 12, in Ponferrada. Toe slaap ek maar nog ‘n uur. Half 12 klim ek af sonder enige idee waar ek gat slaap. Die uitdaging is om ‘n plekkie te kry onder 20 euros…veral as jy na 11 op ‘n plek aankom. So drentel ek op in die straat en toe staan daar 2 ouens en wag vir my. Hulle vra vir my waar ek gaan slaap en of ek ‘n jeugherberg soek? Skoon uit die veld geslaan antwoord ek toe yes do you of something close? En 10min later groet hulle my by die deur van ‘n jeugherberg. Nou le ek in my eie kamer op my eie bed met my eie stort…alles vir onder 20 euros. Bargain virrie winter en na 11! Oja, ek het ‘n baie oulike vriendin op die trein gemaak. Syt haar meesters in Biochemie gedoen en ons het bietjie chemie gesels en toe oor Taize en die wereld en Spanje. Eks nou vodde en gaan soos ‘n kalahari klippie slaap.
26Feb_014.jpg

Goodnight…uit Ponferrada

Posted by Heleen 16:23 Comments (0)

24 Feb

San Sabastian - Zumaia

So gaan die dae een vir een verby. Dae vol drome en poskaartprente. Dae vol lang ure en nuutheid. Dae vol onverwagse warmtes en sonkolle. Dae wat jou menswees op sy kop kom draai. Uitskud. Leegmaak. En met Iets groters volmaak. Reis is dit vir my, het ek in die laaste weke geleer. Elke dag is nog ‘n stukkie lekkerder. Stadig maar seker raak my rugsak al hoe ligter. My dagboek inskrywings raak meer. En my storie-muur al hoe voller. Voller kleur. Voller mens. Voller wereld. Wat ‘n heerlike gogga om jou te byt. Hahaha.
Gisteraand het die ou aangeneem ons is ‘n getroude paartjie. Die prys het dramaties afgeneem omdat ons ‘n kamer en bed deel. Ons het op ons onderlippe gebyt en die lag ingehou. Die lae prys het ons beide gepas. David is 11hr met sy driepoot en kamera uit en het iewers in die middernagtelike ure ingekom. Ek het blykbaar saggies gesnork. Shocker…
DSCF4745.jpg
Vanoggend het hy natuurlik soos ‘n klip geslaap en nie eens my singery en afrikaanse segoed het hom kon opkry nie. Iewers toes ek gepak en toe die kerklok een meer keer as 7 kere slaan toe weet ek nou het die dag waaragtie begin. En toe slat ek hom met ‘n kussing oor sy kop met ‘n ‘TOE TOE TOE! Die son is al laaaaaaaaaaankal op Dawid. Grab ur sword and shield! The enemy is ON us!’ Ons spreek af om mekaar oor 30 min by die treinstasie te kry. En WAAARAAAAGIE daar het San Sabastian twee treinstasies. Wat de flip? Ons is mos nie in Parys nie. Anyway jy kan mos nou dink waarheen foeter ek? Verkeerde ene. En WIE sit koel en kalm en wag vir my op die muurtjie, kamera in die hand met ‘n GROOT smile… Mr. Way. Hyt net geamuseerd gese hyt nogals gedink ek ga van daai kant af kom. Hehehe. Ons klim toe op die trein en skiet ‘n entjie aan na, vanwaar ons weer ‘n lekker dag se stuk stap langs die see oor het. Op die trein bevind ek myself langs ‘n spaanse vrou. Maar ek se jou Briefvriend. Sy praat. Nee, sy babbel. Vinniger as die wind! Vinniger as die vinnigste mens wat enige taal al gepraat het. Ekt iewers try verduidelik ek verstaan net engels maar toe LAATWAAAI sy eers. Geen keer. Hahaha. Anyway. Sy was erg vriendelik en ekt nie eens koffie nodig gehad om hierdie dag mee te begin nie. Hehehehe.
DSCF4753.jpgDSCF4747.jpgDSCF4756.jpgDSCF4773.jpglarge_DSCF4775.jpg
Nadat ons deur vele tonnels en stukke woud getrein het, is ons af van die trein…en te voet op die skulp-pad…rigting see… Zamaia was ons mikpunt. Presies hoe die kus lyk kan ek niee aan jou verduidelik nie. Dis ‘n kombinasie van die kuspad na Hermanus en Stormsriviermond en Stellenbosch. Want daars groengras en branders en surfers en wingerde en ‘n pad…als teenaan die see. Dis pragtig. Ons was in by die kerkie in. Uit en talle stegies op en deur en oor en dwars…anderkant uit waar ons afgedwaal het na gladgespoelde klippe. Middagete was Franse kaas wat so stink maar so lekker is, ‘n vars baugette, tuna en bietjie groente. Njam. Poeding was sjokelade. Wyn was daar nie want ons het alles gisteraand opgedrink en ek wou nie nog ‘n dag ‘n bottel dra nie. Maar ‘n uitsig, asemwegrapend mooi, was daar wel. En agtergrondmusiek ook. Die see en die wind en die stilte… En ja, ons het selfs ‘n houtplankie gehad as tafeltjie. Wat meer wil ‘n mens dan nou he. En ek moet heeltyd my oge knip en my kop skud en vir myself se: Heleen, jy droom nie! Jys GENUINE in Spanje langs die Noordkus…en dis genuine mooier as wat enigeiemand ooit vir jou gese het. Noudat ek daaraan dink, almal paap altyd oor ‘n spul plekke. Maar niemand het nog nooit vir my niks van Spanje se noordkus gese nie… die plek is mega awsomely koel!!!! Ek lovit!
DSCF4799.jpgDSCF4804.jpgDSCF4807.jpgDSCF4810.jpg
So, het ek toe vandag loop en dink, aangesien Taize nou heel bo aan my lys van plekke tot op hede is, en ek dit graag so wil hou… gaan ek ‘n nuwe lys maak: en tot op hede is ZAMAIA verseker bo.
Na middagete het ons gesplit. David wou oor die berg. Ek wou langs die see.
DSCF4819.jpgDSCF4811.jpgDSCF4816.jpgDSCF4834.jpg
Toe kry ons mekaar aan die begin van die volgende dorpie, waar ons ook sou oornag. En dis hier waar ‘n sekere stok ou omie my dag gemaak het. Ek het sleepvoet op die sypaadjie die dorp ingedrentel want ek was maar vodde. Nie gewoond om vir ‘n dag lank op einaardige terrein met ‘n rekenaar en ekstra paar skoene en chargers en muurproppe en leesboeke op my rug rond te loop nie… En hier kom ‘n stok ou omie met sy kierie aangestap. Hyt krom geloop en treetjie vir treetjie, het hy in my rigting gekom. Ekt gaan stilstaan en sommernet dopgehou… en toe stop hy en met groot moeite lig hy sy kop op dat hy my in die gesig kyk en hy glimlag en in gebare taal vra hy of hy ‘n foto van my kan neem met my kamera…
Ek was oorstelp. Hyt stadig nadergekom. Treetjie vir treetjie. Toe gee ek vir hom die kamera. Hyt teruggestap… treetjie vir treetjie…met sy kop nou weer af. Toe het hy sy linkerhand met die kamera in opgelig, sy kop stadig opgetel en gekorrel deur die gaatjie… en toe kom sy regterhand met die kierie en al staaaaaadig op om die knoppie te druk. Die linkerhand het liggies gebewe…maar hy het die kamera gehou waar hy gekorrel het…hyt die knoppie baie saggies en stadig met sy wysvinger afgedruk. En toe flits hy. Stadig het hy weer sy regterhand laat sak en op sy kierie gerus. Dit alles vir my… Dit was een van die mooiste oomblikke van my trip. Sjo, dis een van daai oomblikke wat jy net totaal wind-uit bly staan en die skoonheid van lewe bewonder. Sjo sjo sjo.
By ons herberg is ons warm verwelkom. Hierdie is ‘n tipiese Compostella helarge_DSCF4917.jpglarge_DSCF4913.jpglarge_DSCF4919.jpgrberg. Ekt gaan laventel pluk in die tuin en die omie het vir ons sout gegee en ons het elkeen ‘n bak warm water gekry en twee stoeltjies in die laaste middagson. Toe kon ons sit en ons moeggestapte voete week en week en week. Dit was goed. En toe bring die omie vir ons tee en koekies…
Nou le ek gestort en skryf my brief. Bo uit die kombuis speel daar lekker musiek. Ons eet by die mense vannaand. In die winter is hier net een-een mense wat net party dae hier aankom… so dan laat hulle mens sommer met die familie eet. Ek sien uit!!
Groete vani Spaanse noordkus!!
DSCF4852.jpgDSCF4857.jpgDSCF4865.jpgDSCF4892.jpglarge_DSCF4901.jpglarge_DSCF4879.jpglarge_DSCF4908.jpgDSCF4925.jpglarge_DSCF4923.jpg

Posted by Heleen 15:21 Comments (0)

23 Feb

Spanje - Irun na San Sabastian

large_23_Feb_146.jpg

Vandag was een van DAAI dae. Jy beleef in een dag, ‘n hele week. Mis, reen, woude, see, wilde perde, bokke met klokke, ou kerke, romeinse mure, fontein met drinkwater, stapskoene bokant enkelhoogte in modder in, alle kleure grasse, druppeltjies teen jou gesig en teen ‘n takkie, die geluid van branders teen rotse, lekker gesels tussendeur, beurt om te gly en met jou boude innie modder te sit…en te lag, vissersbootjies, spanjaarde wat vinnig-praat, spanjaarde met sambrele, spanjaarde wat sit op ‘n bankies en jou aanstaar asof jy van mars is, wind van alom jou heen, warm stort, sagte bed.
23_Feb_138.jpg23_Feb_122.jpg23_Feb_120.jpg23_Feb_114.jpg23_Feb_102.jpg23_Feb_092.jpg23_Feb_085.jpg
Dis baie ver verwyderd van die prentjie wat ek van Spanje gehad het! Maar ek bly myself herhinner dis winter! Hehehe. En dit was inderdaad een van die mooiste stukke stap wat ek in my onthou-rugsakkie kon pak!! WOW! En hier sit ons nou, in SanSabastian…opmoeg…want ons het mos gedink ons is koel en toe vat ons die ‘ALPINE PILGRIM’ opsie toe die paadjie vurk…en daar voeter ons toe die berge uit die mis in en dit was great maar blikskottel ekt ‘n bottel wyn en ‘n rekenaar in daai rugsak van my. Hahaha.
RAAI wat ga ons nou drink! OOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOEEE!
DSCF4612.jpgDSCF4610.jpgDSCF4614.jpg
En ek het ‘n vriend gemaak wat inderdaad ook mal genoeg is om die koue waters aan te durf.
More gaan ons ‘n vroeg-oggend swempie vang… en dan nog ‘n dag langs die see stap…en dan gaan ons bietjie binnelandtoe vir die genuine genuine camino wat almal stap. Ek is te moeg om name en tye en datums te tik…
large_23_Feb_052.jpglarge_23_Feb_027.jpglarge_23_Feb_072.jpg

Posted by Heleen 14:35 Comments (0)

20-22 Feb

Toulouse en die Dagicour gesin!

Reen Reen Reen...

large_23_Feb_014.jpg
Noutoe, ek en David is op die trein en ons eet ons toebroodjies, deel ons een lemoentjie en bakkie joghurt… soos ‘n ou getroude paartjie. Hehehe. Dis baie snaaks. Ek dink nie ekt nog OOIT so rustige vriend gehad nie. En as jy my goed ken sal jy weet ekt twee kante. Die een kant seker heeltemaal te rustig. Die ander kant van my kan soms glad nie stilsit nie. Die laaste 2 maande het die laasgenoemde deel van my tot baie bedaring gebring. En wragtie ontmoet ek ‘n pel wat hierdie rustigheid, verhef tot die mag 10. Hy is ‘n amerkikaner en hy klink beslis soos ene. Hy kom van Oregan. Maar hy is nie vet nie en hy eet nie baie hamburgers, doughnuts en pies nie. ( - ;
As ek dus in die volgende skrywes verwys na ONS, is dit ek en David. Dis lekker om saam met hom Spanje in te vaar. Ek was nogals baie lus vir die Camino-stap maar het tot nou maar heelwat dinge op my eie gedoen. Om Parys op jou eie te beleef…is genoeg om selfs enige introvert en loner ‘n hou te gee… In Taize was ek skielik omring met soveel nuwe vriende en skaterlag-oomblikke en sommernet ‘n gemeenskap van gelowiges… Ek dink dat as ek allenig moes aankarring sou ek my rugsak moes sleep na die suide van Frankryk.
23_Feb_015.jpg23_Feb_013.jpg23_Feb_010.jpg23_Feb_006.jpg23_Feb_005.jpg23_Feb_007.jpg
Die suide van Frankryk is pragtig. Hier sal ek kan bly. Hiers see en mere en son en dis eind van winter maar veel warmer as noorde. Ek gaan eerder nie begin praat oor al die baie fietsry roetes hier nie. Dis nie Afrika se grondpaaie nie… en ek is jammer maar min kom by die Sederberge. Hiers ‘n anderste tipe skoonheid en pragtige omgewing en landskappe en hiers paadjies spesiaal vir fietsryers. Langs die pad is daar talle klein dorpies en ou kastele. Daars ook ‘n lekker fietsrypad langs die Weskus van Frankryk. OEEE! Maar ek het mos nou my Ortlieb carriers in Duitsland gekoop. Hulle is veilig op ‘n skip oppad na SA. Sulke aaklige oranje carriers. Maar hulle was halfprys en daar staan seker nie VERNIET…GLOBE TROTTERS op nie ne…hmmm. My bene juk om asap my goedtjies in bokse te pak en die pad te vat Briefvriend… Sal net weer moet spaar. Hehehe.

Waarheen is ons nou oppad vra jy seker???!

Na IRUN. Dis ‘n dorpie ‘n paar km oor die grens tussen Frankryk en Spanje. Ons gaan inderdaad in die verkeerdste tyd van die jaar die wildste stuk van die camino stap. Hahaha. Hulle praat daarvan as die ‘Northern Route’ of die ‘Coastal Route’. Dit lyk baie soos engeland en ierland kus. Ons het gisteraand ‘n afspraak gehad met ‘n 70jarige tannie wat so kort is jy moet afbuk as jy haar in die gesig wil kyk. Sys ‘n camino kenner en het al die roetes al vorentoe en agtertoe gestap. En, glo my, daars BAIE. Sy kan nie ‘n woord engels praat nie en het in frans gebabbel. Anne het tussenin probeer byhou met die vertaling. Maar as hierdie tannie so vinnig STAP soos sy praat kan ek verstaan dat sy 50km op ‘n dag doen. Hahaha. Ons het ‘n Coastal Camino Crash gekry. Met kaarte en fotos en baie frans… tussenin het haar arme man ietsie probeer se maar syt hom summier in frans stilgemaak. Ek reken syt vir hom iets gese soos: Ag bly tog stil man! Jy ruil nou die twee dorpies om! Neeeee! Dit was nie daai plek se naam nie man!
Hahaha. Syt gebabbel… en dan het Anne ietsie in engels gese so hier en daaar… en dan het ek vir David gekyk…. En dan het hy net met sy groot oge half-geamuseerd vir my gekyk. Dit WAS ‘n BELEWENIS!!! So jup, ons is oppad. Vannaand slaap ons in ‘n jeugherberg in Irun, more-oggend kry ons gou ons pilgrimpaspoorte…en dan val ons in ‘n reenerige pad. Die weer lyk egter beter vir die dae daarna. En ek moet darem seker my reenklere IEWERS gebruik ne? Dis al langs die kus, en heeltyd op en af.

Wat het ons in ons rugsakke?

Rooiwyn en fraaaaanse kaaaaaas! Taize koekies (ekt voorraad opgebou…) en sjokelade. Verder gaan ons bier drink, in die see swem en probeer om nie blase op ons voete te kry nie. Ons wil so 100km langs die see doen, en dan sal ons die bus van binneland toe en die laaste stukkie na St.Diago doen… dink ek… ons sal maar sien wat die volgende week oplewer… ( -;
By st.diago sal ons die tipiese ‘finishers’ foto neem…en dan is dit Portugal – Granada – Madrid – Barcelona – Duitslandtoe (MA LAND!!!) – Switserland – Italie!

Wat het ons in Toulouse gemaak??

Uuum. Dit het gereen. En natuurlik het ek en David beide in ‘n super ontspanne zone ingegaan. Heeldag gele en lees…ge-epos…saam Anne na ‘n regte franse supermarktoe en self by ‘n BAKKERY-DRIVE-THROUGH in. Hahaha. Net in Frankryk waar jy dit sal kry!! Ons het Sondagoggend vir Anne en Marcellin Dagicour van ‘n telefoonhokkie gebel. Sondagmiddag laat het Anne ons in Toulouse by die treinstasie kom oplaai…en vanhier is ons na hulle klein dorpie sowat 25km van Toulouse. Ons is vir ‘n volle 2 dae oorweldig met warmte, gasvryheid, kaas kaas kaas, goeie wyn, soggens warm sjokelade en creppes…Gisteraand het Marcellin vir my mooi franse musiek op my rekenaar gelaai…en hierna het ons na van hulle wereldreise gekyk. New Zeeland … Suid-Amerika… Australie…Noord Amerika…Namibie en Botswana…Hulle en hulle kids, het die meeste van die wereld getoer in ‘n jaar en ‘n half. Briefvriend. Dis ongelooflik om te sien waar hulle oral was… Jy sit daar en dit het ‘n kombinasie-effek op jou… die effek wat ‘n briljante lewendige koor uitvoering en waterval-spreeu op jou gesig het… dis wat hierdie fotos met musiek en stories aan my doen. Dit herhinner jou dat jou eie wereld baie gou baie klein kan word. Maar dat dit totaal in jou mag le om self te sing(in ‘n koor of onder die stort) en heeltemaal in jou hande le of jy so gaan staan dat jy die sproei van die druppeltjies op jou wange voel. As jy graag genoeg wil, sal jy sing en die fyn druppeltjies voel. As jy graag genoeg wil. En ek is jammer…maar ‘n national Geographic is vir my nie genoeg nie. Dit bring my nie eens naby aan daai waterval nie. Hoe verder ek reis…hoe meer besef ek dat hierdie maar net die begin is van vele lande mense plekke. En jup, verseker gaan ek ook eendag nie te ver van nou af, nes die Dagicours, ‘n boek skryf. Ek is opgewonde!
large_23_Feb_011.jpg
Genoeg gedroom. David gaan al die chips opeet as ek nie gou gryp nie…
Groete uit ‘n trein in die reen iewers in die Suide van Frankryk…
Oppad na Spanje…
xxx

Posted by Heleen 14:46 Comments (0)

13-20 Feb

TAIZE

TAIZE

large_Taize1_042.jpg

DIs Maandag aand half sewe … Buite val die reendruppels saggies op die dak. Dit pla my nie… want ek sit hier binne by vriende en kuier… Ons is laf. Ek, ‘n Amerikaanse dude David, twee Portugese, en ‘n Pool. Lafwees is lekker. En ons het maar net tee gedrink. Dit is Taize. ‘n Plek waar jy binne minute vriende maak. ‘n Plek waar jy leer van deel en saamwees en rustigraak. ‘n Plek waar jy vir langer as ‘n uur net kan sit en tee drink en gesels en sommernet lafwees… Maar Taize is ook ‘n plek waar jy leer van gebed… En om te luister. ‘n Plek wat jou horison verder uitrek as al die lande en ervaringe wat ek al gehad het tot nou. Jy hoor elke dag Portugees tot Pool tot Duits tot Spaans tot Japanees. Jy sing in Frans en Italiaans. Jy kan nie hier kom met ‘n trein nie. Dis ver uit iewers tussen niks en nerens… in die franse platteland tussen ‘n paar random plase. Almal hier, is hier omdat hulle regtig hier wil wees. Of ons ‘n soeke het na God…na Sy teenwoordigheid…na stilword…of vriende maak…of sommernet om te kom aanbid…almal se hierwees draai om Jesus. Dit maak nie saak watter kerk jy is en of jy in ‘n kerk is nie. Dit maak nie saak watter kleur jou vel is en watter taal jy praat nie. Dit maak nie saak of jy 16 of 60 is nie. Almal is welkom. Taize is die beste ding wat ek kon doen op hierdie eurpese trip. Vandag het ek gewonder hoekom ek juis HIERDIE week moes kom. Want ek sou laasweek kom, maar my planne het verander en ek glo daar is ‘n rede! Dalk sal ek dit weet as ek terug in SA is… Dalk vind ek more uit. Maar ek moet hier wees hierdie week, dit weet ek!
Taize1_032.jpgTaize1_031.jpglarge_Taize1_012.jpg

Oor kerk. Ek glo dat dit goed is om ingeskakel te wees in Sy liggaam. Enigeplek waar jy tuis voel en waar jy kan groei en waar jy iets kan beteken as deel van Sy liggaam. Ek het sedert 2003 baie min kerktoe gegaan. Van 2006 af het ek byna heeltemaal opgehou. Daar is baie redes hiervoor. En dis in die verlede. Ek is nie spyt daaroor nie. Maar aan die begin van my reise het ek geweet dat as ek van hier terugkom in SA moet ek iewers inskakel. Lank genoeg het ek rondgedryf op my eie tussen Jonkershoekblare. Hier het ‘n paar dinge gebeur wat my hart baie kom swaai het. God het ‘n afspraak met my gehad in Europa. ( - ; En hier in Taize, het ek finaal besef hoe honger ek is vir Sy brood en water en lewe, meer as net dvd’s en mp3 preke en christenmusiek. Ek wil weer inskakel. Ek sien uit!!
Hoe werk Taize? Dis ‘n gemeenskap in die franse platteland. Hulle is nie ‘n sekte of weird of afgesluit van die mense rondom nie. Niemand trek snaaks aan of glo snaakse dinge nie. Dis reg deur die jaar oop vir enigeiemand. Totdat jy 30 is kan jy vir langer as ‘n week kom. Van 30 af mag jy maksimum 1 week per jaar kom. Dis baie besig in die somer, met sommige weke getalle tot 3000 mense. Die winter is stiller. Ons is 150 mense hierdie week. Jy deel ‘n kamer met 5 ander. Daar is 3 keer ‘n dag gebed, in die vorm van sang en stiltyd in die kerk. Kerse word aangesteek en die musiek is pragtig. Ons sing almal Taize gesange. Die woorde is eenvoudig, diep en geskryf in al die tale. Daar is een sang oefensessie vir die wat die gesange glad nie ken nie. Dan is daar ontbyt, middagete en aandete. Almal eet saam. Dis eenvoudig. Kampkos. En al wat jy kry is ‘n bord en lepel. Dit maak die werk minder en makliker. Ons almal help met kosmaak, opskep, opwas, opruim. Middeloggend is daar bybelskool. Hier word ons in kleiner groepe geneem. Vanoggend was ek in ‘n groep van 8 mense, tussen ouderdom 25 en 30. Ons het ‘n lesing gekry oor Matteus en vrae wat ons kon bespreek. Ons 8 het 3 ure lank gesels oor ons gedagtes rondom Christus, as die bruidegom en die kerk as die bruid… oor die beeld van die nuwe wyn en wynsakke… Briefvriend, om oorkant ‘n franse outjie te sit, en tussen ‘n duitser en portugees, en oor Jesus te kan gesels en op die ou end te eindig by die BASICS… en dis Sy liefde… wow, dis ‘n onbeskryflike ervaring.
Taize1_010.jpgTaize1_007.jpg
Noutoe. Ek kan nog hoofstukke skryf oor al die gesprekke en die ongelooflike lekker en spesiale oomblikke binne en buite die kerk… en oor al die koel interesante mense wat ek ontmoet… maar ek gaan jou nie verder ophou nie. Taize is nie ‘n klipgooi van Suid Afrika af nie. Maar as ek ryk was, het ek vir al die mense in my lewe wat dalk deur ‘n moeilike tyd gaan, hierheen laat vlieg vir ‘n week. Dis een spesiale plek. Want hier is eintlik niks nie. Tog so baie baie baie.
Raai watter klein plekkie het pas op my ranglys tot heeeeelbo geskuif. Ver ver ver bo die res. Jup, ek weet mens moet nie vergelyk nie, maar selfs hoer as Ierland se branders tenie kranse…en selfs hoer as Parys se petank-game… en selfs hoer as my eerste oostenrykse ski-ervaring… en selfs hoer as die lekkerse bier en duitse kersfeeskoekie saam…le daar nou: Taize.
Groete uit die franse platteland…

Woensdag 16 Feb

My eerste kleingroepie bespreking het met koffie en beskuit begin. KAN JY GLO… NIEMAND ken beskuit nie. Tannie Vivian het my gehelp en onst tannie Maretha se lekker boerebeskuit reseppie in die panne gegooi. Njam… het almal gese. Ek het ‘n baie in-detail en stadigedemonstrasie van week-beskuit-in-koffie gegee. Hulle het my byna oopmond aangestaar en toe het almal dieselfde gedoen. Dit was baie lekker! Die beskuit het verseker die lagie wintersys gesmelt en ons het heerlike bybelstudie gehad!

PIEKNIEK!!!

large_Taize1_025.jpg

Dis Woensdag. Die son skyn vol. Buite ruik dit soos plaas. Toe ons uit kerk uit kom, kon ek nie my koffietjie op die houtbankie drink nie. Tussen ons was ‘n lagie ys. ( - ; Ek moet myself bly herhinner dis winter. En ek is in Europa. Dit begin egter almeer na lente voel… En hoe verder suid ek gaan, hoe nader voel ek aan lente. Gisteraand kon ek tussen bybelstudie en aandete, van half 6 tot half 7 gaan draf… dit het net begin skemer word.
large_Taize1_021.jpg
Ek het 4 ander gisteraand oorrreed dat ons vanoggned half sewe op ‘n awsome muurtjie moet gaan wag vir die sonsokoms. Ons het appels, kaas, boerenbeskuit, sjokelade van switserland en liquereose gehad. Dit was donker. Maar die sterre het gedans. Tot s seweuur en toe begin die eerste strale son die wolke van onder af inkleur. Ons moes oor 2 mure klim-klouter om te kom by die muurtjie waarop mens lekker kan sit met ‘n view. Die muurtjie was koud.
Die son het toe stil-stil agter die wolke opgekom en ons het maar net ‘n sagte pienk weerkaatsing teen die wolke gesien… verder het ons onsself in die vroeg varsoggendlug vermaak met snaakste stories van al die vreemde sonsopkomste wat ons almal al gehad het … 5 vriendinne op ‘n ou franse muurtjie iewers in die platteland. DIT is die lewe!
Onst drentel-drentel teruggestap. Sonder ‘n behoorlike sonsopkoms. Tog was dit soos alle vroegoggend pieknieke…5 ster. Met oggend pieknieke, kan mens nooit ‘n fout maak nie. Maak nie saak hoe die weer lyk nie. Maak nie saak hoe deurie slaap jy is nie. Maak nie saak of jy vergeet het om jou tanne te borsel nie. Sonsopkoms-pieknieke is altyd lekker! Ek dink terug en die vorige jare s’n flits een vir een verby… meeste langs die Eerste rivier in Stellenbosch saam Retha of Annemarie of Mariaan…en op ‘n roadtrip saam Elizma… en natuurlik my heel eerste ene saam Francois destyds in my eerste jaar, teen die voet van stb berg… en sal ek ooit die uitgereende ene vergeet. Onst op my kamervloer in Soeteweide opgeeindig. Hahaha. En dan was daar die vroeg oggend verjaarsdag piekniek toe ek 21 geword het, by die kruis op stb.berg. Dit was ‘n fees van hot chocalate en koekies en vars deurnaggebakte Andre-muffins…en kitaar en saamsing… Piekniek is great. Maar Briefvriend, vroegoggend pieknieke, is verseker die beste manier om ‘n dag te begin! ( - ;
large_Taize1_043.jpg

KLOKKE en STERRE

Elke kwartuur lui die klokke. Ek sal nog ‘n foto van die klokke neem. Dis vir my so goed soos musiek. En gisteraand het ek op ‘n houtbankie onder die sterre gesit en luister na die klokke.
Daars iets aan klokke. Die klank is vol. Eenvoudig. En jy hoef nie eens musikaal te wees om klokke te kan speel nie. Ek love klokke…

Sondag 20 Feb...TOTSIENS TAIZE...

large_Taize1_053.jpg
Vanoggend vroeg is ons op. Gisteraand alreeds sakke gepak. Die bus na Chalon sur soane het 9hr verbygekom en dan moes ons net na 11 die trein na Lyon na Toullouse vang. Ons? Oja, ek het besluit dat Spanje te gevaarlik is op my eie…so toe org ek vir my ‘n reisigers-vriend. Al waaroor ek nou hoef te bekommer is ons bymekaarbly. ( - ; Hy het twee lekker waterbottels…van daai wat my ma vir my ingepak het in my eet-boksie laerskooltoe. En ek het ‘n sakmes. Hy is baie min gespin oor watter trein ons waarheen wanneer vang…en ek ken mense in Toullouse. Sy sak is so groot soos my klein dagsakkie. Ek het wi-fi. Hy kan bietjie Spaans praat. Compostella hier kom ons. Hahaha.
Taize se laaste paar dae was heerlik. Als het roetine begin word. Skuins voor half een het jy half vanself in die rigting van die kerk begin gaan. En na aandete was dit ook net natuurlik om ‘n lekker koffietjie te drink en dan op te staan en oor te wandel kerktoe. Vrydag was die kruisiging uitgebeeld en Saterdag die opstanding. Jan (duitse vriend …) het my gehelp om 2 mooi Taize cd’s uit te soek en natuurlik 2 bekertjies. Die Taize ‘broers’ maak dit self…en dis goed my sak is alreeds vol anders het ek seker nog gekoop. ( - ; Ons het ‘n lang fynkyk gehad met die bekertjies en heellaas die 2 perfekte maats gevind. As jy wil weet hoe iets uit ‘n Taize bekertjie smaak sal jy na Maart moet kom kuier in Jonkershoek! ( - ;
Jan en ek het ook gisteroggend vir ‘n draffie gegaan. Onst egter meer gelag as gedraf. En ja, na hierdie week in Taize en die goeie tye met die spul mense van oraloor die wereld…is my lagspiere geoefen. Die misverstande en die verskillende aksente is skreeusnaaks as mens almal rondom een tafel sit. Ons het gisteraand ‘n diep en ernstige gesprek gehad oor die steriotiep-idees wat mens het van verskillende lande se mense. Dit was erg snaaks want toe ons by Duitsers kom toe se iemand: German guys always wear white socks and sandals… ons was histeries want Jan het begin bloos en toe gese: that’s not tuuu fooo alll gemans… (hy kan nie ‘n R se nie…) en toe kom ons in kerk en toe Jan sy skoene uittrek, RAAI wattter kleur sokkies het hy aan.. WIT! Hahaha. Ons moes keer om nie in die kerk te begin giggel nie. Jan was diepbinne tog duits, as dra het nie sandale nie… ( - ;
Verder het ek vir Monica (Sy is van Poolland) gese ek hou van haar engelse aksent want dit klink so italiaans…en sy het toe intusssen issues hieroor want blykbaar selfs as sy Pools praat, klink sy Italiaans…en wel, toe sukkel ek 2 dae om haar te oortuig dat ek dit regtig op ‘n mooi manier bedoel het… As Monica praat is dit so erg snaaks dat jy die heletyd op jou onderlip moet byt lat jy net nie lag nie. ( - ;
Vrydagaand, in die middel van kerk, was daar ‘n groot houtkruis. Ons het geleentheid gehad om as ons wil, by die kruis te gaan kniel. Mens wag maar tot ‘n groepie opstaan en terugkom anders is daar gelyk te veel mense en iewers so in die middel van die aand, het ek opgestaan en ook gaan kniel… Terwyl ek kniel, was daar ‘n ou in ‘n rolstoel wat nadergestoot is. 2 van sy vriende hhet hom gehelp. Hulle het hom afgetel en hy het so half op sy sy by die kruis kom sit-le. Ek was op my kniee en alles in my het gevries… opnuut daar by die kruis, hier langs hierdie jong ou wat glad nie self die kerk kan inkom, kan saamsing, kan afklim van sy stoel en kan kniel… hier langs hom het ek besef hoe geweldig bevoorreg ek is. Ek het gewonder hoe swaar dit vir hom moes wees om niks vir homself te kan doen nie. Maar dit was mooi om te sien dat hy ook na die kruis kom. Toe hy klaar is, wou sy vriende hom help om terug in sy stoel te kom… en hy het net sy kop geskud, en self omgerol en agteruit begin kruip en op een of ander manier teruggekom in sy stoel. Ek dink hy moes vodde gewees het. Maar hy wou dit self doen. Dis asof hy dit net vir ‘n slag alleen wil probeer doen. Dit was erg om na te kyk want mens kon sien hy sukkel…maar terselftertyd was dit baie mooi. Hoe graag hy self wou inklim, en sy vriende wat hom kansgee. Dit was meer as genoeg vir my om oor te dink die volgende paar dae. Hierdie prentjie, sal ek nooit vergeet nie. En ja, Sy kruis is daar vir my en jou en hom. Ons kies daagliks wat ons neerle en wat ons saamdra.
Vanoggend voor 9 was daar ‘n klein groepie mense wat ons kom groet het by die busstop. Ons het vir oulaas tipiese Pool-engels-duitse grappies gemaak en goebaai gewaai. Taize was soos ‘n droom vir my. En nou moes ons weer verder aan. Want hier kan mens ook nie vir altyd bly nie. Dit sou baie lekker wees dink ek… ( - ; Stadig het die ou franse kliphuisies minder en verder geraak…en iewers was dit net groot uitgestrekte groen heuwels en saggies in die agtergrond die franse radio. Toullouse hier kom ons!

Sara_023.jpgSara_010.jpgSara_028.jpgSara_029.jpgHeleen_037.jpgHeleen_036.jpgHeleen_033.jpgHeleen_031.jpgHeleen_021.jpgHeleen_015.jpgHeleen_014.jpgHeleen_003.jpgHeleen_002.jpgHeleen2_001.jpgDSCF4582.jpgDSCF4583.jpgDSCF4577.jpgDSCF4571.jpgDSCF4572.jpg7.jpg1.jpglarge_4.jpg

Posted by Heleen 14:18 Comments (0)

(Entries 6 - 10 of 41) « Page 1 [2] 3 4 5 6 7 8 9 »