A Travellerspoint blog

17 - 20 Desember

Landshut, Bavaria

17 Des – 16hr
38000 voet hoog. Boor die Sahara woestyn. Rome is ‘in sig’.
Ek sit op ‘n groot vliegtuig. Langs Aloys Samsin. Hy is duits. Natuurlik kan ek nie ‘n woord praat nie behalwe Bonjour en dis mos frans. Haha. So hy MOES maar engels hoes. Ek moet s t a d I g praat. En as ek vir hom vra of hy dink daar sal in al die youth hostels blankets wees…dan verstaan hy nie blanket nie. Dan moet ek in my beste engels probeer verduidelik wat ‘n blanket is. Aloys is ‘n tandards. Toe die vroutjie vervbykom met die trollie en ek sien hy bestel wyn en boonop verniet…well toe doen ek dieselfde! En toe na ‘n rukkie bestel hy een of ander lekeur en ek skud my kop en see no thank you. Hy kyk my oopmond aan en se: Noooo?? THIS IS GOOD! En toe vat ek maar. Blikke, nou het ek ‘n hoofpyn. En ek het my eerste lessie gelee. Om nee te se vir drank as duitse omies vir jou se: THIS IS GOOD! Hahaha. Na so rukkie sit ons en gesels en ek vat my slape so want my hoofpyn is nou nogals woes. Ek se vir hom: Too much alchahol. Not good. Headache. Hy kyk my geamuseerd aan en lag. Nooo nooo noooooo. That is good! That is what you want.
Genoeg van duitse omies. Hierdie eposse gaan rou deurkom Briefvriend. Ongesensor. Dis my dagboek. Hoop dis okey. Hier sit ek op my eerste oorsese vlug en ek het myself inderdaad verras. Ek het gedink ek is braaf. Ek het gedink as mens vir ‘n lang naweek op jou eie in die Sederberge kan gaan kamp… dank kan jy dit oorsee doen. Maar vanoggend toe ek vir my liefste Zoe vriendin op die lughawe moet groet, en ons huil so ons kan nie ordentlik praat nie, het ek geweet, hierdie gaan dalk nie so maklik wees soos ek gereken het nie. Ek het gehoop dat my ergste stress verby sal wees nadat ek op my eie moes aansoek doen vir visums en op my eie als moes organiseer. Maar hier sit ek en net ek langs ‘n duitse omie wat netnou gaan afklim en dan ken ek weer niemand nie. Sonja kom haal my darem op die lughawe. Maar dit troos my nie vanmiddag nie. Ek dink dat ek boekdele kan skryf van eensaamheid… maar hierdie gevoel vanmiddag op Air Berlin, hier bokant die wolke…dis vir my nogals regtig moeilik.
Dalk is dit omdat ek weet drie maande is nie kort nie. Dalk is dit omdat ek nie weet wat op my wag nie. Verseker is dit omdat ek die Heese gister moes groet. En omdat Taiko (die kat) my vir 4 dae heeltemaal geignoreer het want sy weet ek gaan weg. Beslis is dit omdat ek met my ma oor die foon geselst gisteraand op Zoe se voorstoeptrappie en geweet het van nou af is hierdie sommernet lang-geselse eers minder. En ja, ek is bang en hartseer en eensaam want ek het nie vriende hier by my nie.
Vir die heel eerste keer besef ek hoe life ek geword het vir Stellenbosch en al die mense in my lewe. En as ek een mens moet uitsonder wat ek seker op hierdie vlug die heel meeste verlang is dit Zoe. Wens ek kon hierdie vriendin in my tas laai… Briefvriend, terwyl jy daar is waar jy is, tussen jou mense…KOESTER dit. Buiten Jesus, is mense en verhoudinge die heel heel kosbaarste in hierdie lewe. Wees daar vir ander. Laat ander toe om daar te wees vir jou. Ons is elkeen anders… maar nie een van ons kan sonder mense in ons lewens nie. Vir my is hierdie ‘n vreemde seisoen. En met alles het die Vader ‘n plan, al voel ek nou ek wil die ruit uitskop en met my parachute ‘n lyn terugskiet SA toe… Ek is opgewonde want ek weet dat Hy nou al Een is wat my werklik hier in hierdie wilde vreemde lande waarheen ek oppad is ken. Dis ‘n voorreg om in hierdie tyd veral, ‘n Vriend soos Jesus te he. En ek weet dat Hy my ontsaglik baie wil leer.
MAAR vir JOU, wat tuis is, wat vannaand om die tafel sit met jou man en/of kids…Vir jou wat om die draai bly van ‘n goeie vriend/vriendin… en vir jou wat net ‘n oproep ver van die special mense in jou lewe is… Vir jou wile ek se: Gaan gee daai drukkie. Maak daai oproep. Gaan drink daai koffie op die stoep in die son. Se vir hulle hoe lief jy hulle het. En wys dit met ‘n kaartjie of druk of woord. Tyd vlieg en as ek my oge uitvee is ek terug. Juis hierom moet ons amper DRINGEND ernstig tyd maak en spandeer met die special mense in ons lewens. En soos Zoe vir my vanoggend gesms het: Leen, gaan GROOT! So skryf ek dit ook vir jou… Gaan GROOT met die mense in jou lewe. GAAN GROOT!!!

18 Des – 10:10
Ek sit op die mat. Vanoggend 8hr maak ek my oge oop en ek sien LIG deur die venster!!! Dis al 8hr lig. Daar het op die vliegtuig een of ander ‘bug’ op my gespring. Want ek het oral bytplekke. Toe gaan draf ek maar 9hr om te hoop die goed vries vrek.
Maar ek juk steeds. ( - ;
Sneeu. Sneeu. Sneeu. Dis spierwit. Dis sag sag sag. En jup, as jy draf, land dit saggies op jou. Daar val genuine sagte sneeuvlokkies uit die lug op jou hande kop en die lekkerste is as jy jou tong uitsteek. Nes in die reen. ( - ; Amazing. En vanoggend alreeds verstaan ek hoekom ‘n baie groot deel van enige mens hierdie dinge saam met iemand anders wil belewe. Zoe, volgende keer kom jy saam! Dat ons saam in die sneeu kan gaan draf en mal kan wees. Ek is baie bly ek het fietsloos gekom, die pad is way te glad. ‘n Beneukte duitser het vanoggend sy hande in die lug opgegooi toe ek aan sy kant van die pad draf. Toe gooi ek myne ook maar in die lug. Dis of die sypaadjie of die pad. Dis egter tegnies, want as jy eers die pad gekies het, moet jy hou op hom tot daar ‘n sneeugap is om sypaadjie toe te gaan. Daar is nie baie nie! En die sneeu le KNIEDIEP!! Dan kom die motors nog van flippen verkeerde kant af ook. Hulle kom WILD hier van voor REGSOM die draaie!Jog in the forests

Jog in the forests


Gisteraand was die vlug met ‘n uur vertraag agv die sneeu. Ek het min van Munich gesien. En dit was donker toe ons boor die Alpe was. Maar toe ons op die aanloopbaan land toe is dit net sneeu. What a view…
Sonja het vir my gewag. Met ‘n glimlag en ‘n groot sak warm klere. Hulle was baie bang dat ek hier aankom sonder warm klere! Jeanne het vir my a beautiful swart mussie gegee en hy was op. Die Steenkamps het vir my ‘n lekker buff vir my nek gegee en hy was aan. En ekt vir my behoorlike handskoene gaan koop laasweek en hulle was aan… toe gaan die glasdeure oop en ek stap vir die heel eerste keer in MINUS SES grade Celsius. En Briefvriend, ek is seker dikvellig, maar dis genuine NIE so koud nie. Ek dink die Europeers is pissies. ( - ;
Toe klim ons in een van daai tjorre wat NET die grend Kapenaars mee ry! ‘n MINI COOPER! Ekt byna agter die stuur ingeklim en Sonja het byna in twee gevou van die lag. Fokus Heleen focus Heleen. Europa. Stuurwiel LINKS. ( - ; Dit is so 20min van die lughawe na hulle ‘village’ Landshut. Dis ‘n klein dorpie met net een winkel. Orals is dit wit en liggies in die bome en vensters. Tuis het ek vir Sonja se boetie en haar ma ontmoet. Hulle is baie vriendelike vrolike mense. Ons eet brood en kaas op sulke klein ronde broodbordjies wat lyk amper soos daai wat my oupa maak. En hulle dra net brood aan. Rog en brodchen en pretzels. Kaas en kaas en kaas. Bergbotter my broer. En vleis. Salami, ham, viennas, nog hamme, nog salamis. En Sonja se ma dra net aan. Hahaha. En ek sit om ‘n tafel in ‘n klein village in Duitsland, saam met die koelste duitsers en kaas en brodchen en salami en bergbotter…en buite sneeu dit… ek is inderdaad in Europa…
Dit was ‘n lang dag. En na ete toe vra Sonja: You quickly want to go for a beer in town?! Moet se ek was nie erg lus na lang dag nie… Maar wat de heck, dis Vrydagaand half10. En eks op vakansie. Ons gaan laai vir Marco op. Dit is Sonja se beste vriend. Hy is 21 en sy broek hang daaaaar onder dat mens dit VIR hom wil optrek. Hy is baie sweet. En elke keer as hy die F woord gebruik se Sonja vir hom: Marco! English people they don’t use the F word! Say something else. Its bad manners. Marco het vir die res van die aand verder net Shaise gebruik. Toe ons deur die dorp ry, was daar ‘n klein kersmark en ons gaan drink toe sommer daar ‘n lekker warm gluwyntjie. Dis buite in die straat. En daar staan jongmense en ou mense en tieners en gesinne. Almal drink bier en hotchocalate en gluwyn. ‘n Beker warm gluwyn kos 5 Euro en as jy jou beker teruggee nadat jy gedrink het, kry jy 2 euros terug. Ek het al in Suid Afrika ophou omskakel na rande toe. Want dit maak mens mal. 2 euros? Bargain! Haha.
Daarna vra Marco of ons gou na Tam-Tam kan gaan. Dis ‘n klein bar wat Reggi musiek speel. Ek kon nie nog iets drink nie, al wou ek baie graag. Ek was te versadig. Marco drink toe ‘n bier, ek en Sonja water…en ek speel vir die eerste keer tafel-sokker. 50c vir een ronde dan kry jy 10 balle. Was baie lekker maar toe is ek vodde. Toe ons huistoe ry, toe slaap ek soos ‘n klip. Sonja maak my by die huis wakker en na ‘n warm stort, krul ek onder ‘n warm dons kombers In, vir my eerste nag in Europa.
Ek het ver gevoel van almal. Ek kon niemand sms of epos nie. Ek het my oe toegemaak en met God gesels. En ek het met my hele hart geweet, dat geen afstand en onbekende land te wild en ver is vir Sy liefde en teenwoordigheid nie. Ek is in Europa. En Hy is ook nou hier…

18 Des – 01:10
Jup dit is inderdaad alreeds eintlik die 19de. Pheuw. Vandag was vol. Eers draf, toe lekker ski en bobsled op tv gekyk in heerlik verhitte sitkamer… Vir middagete het ons njammie pizzas bestel. En daarna vat ek, Sonja en Flu (haar boetie) die pad na die dorp. Ek het my heel eerste duitse winkels beleef. En ook my heel eerste behoorlike duitse kersmark. Kersmark met ‘n regte manskoortjie en ‘n viool en dirigent. Hulle het onder ‘n klein dakkie gestaan. Om hulle het dit wit sneeuvlokkies gereen. En het die geur van gluwyn en vars brode en spookasems en heerlike varkvleis jou bedwelm...
Die gluwyn stalletjies is my gunsteling. By die een was daar AGT verskillende soorte gluwyn. Almal sonder rum. Dan kry jy nog ‘n spul opsies MET rum by. Dis soos parfuum-ruik. As jy lekker ene geruik het, en jy laaik dit, vat hom net. Ek het ook ‘n lekker proe van Michaela se ……….. gehad, Dis ‘n warm appeldrankie, maar daars ook alcohol in. Baie lekker…
Oral was klein kindertjies in sneeupakkies. Hulle hou baie van die sneeu en gedurig is daar ene wat byna hier boor jou voete rol soos hulle speel in die sneeu. DIT is die lewe!
Die son het gesak. Dit was so minus 4 grade. Ons het na die reuse ou kasteel op die berg gan kyk. WHAT a view… die hele Landshut se liggies… en in die donker deur ‘n woud….
Toe was dit partytjietyd. Michaela het my genooi na ‘n vriendin van haar se verjaarsdag. Dit was a beautiful lekker aand. Hierdie was my tipe mense. Lief vir die berge. Lief vir mense. Warm, vol grappe… hulle het die koelste instrumente gespeel…STOKou Bavariaans instrumente wat ek nog nOOit in my lewe gesien het nie! En dit was minute toe word e kook ‘n instrument in die hand gestop en moet ek injoin met die orkes. Op almal se gesigte was een woord geskryf: vreugde.
en al is ons oseane ver, en al kommunikeer ons hakkel-hakkel… en al het ons mekaar nie voor vannaand geken nie... het ons tog iets in gemeen. Ons kan iets van menswees deel. Iets wat almal diep binne hulle het. Iets wat, as dit eers wakkerword, vir jou lusmaak vir lewe en lag en liefde…Vannaand was een van die lekkerste aande van my lewe en dit het absoluut niks met jagemeister te doen nie. Eendag sal ek my kleinkinders van hierdie aand vertel...

19 Des – 22:30
Vanmiddag skuins na 1hr het ek gaan draf. Dit was sneeuwit. En minus grade maak my nie meer bang nie… Ek draf elke dag so entjie verder, want ek weet nie wat my lyf gat maak met al die sneeukoue nie… maar vandag kon ek gemaklik so 40min draf. En toe ek tuiskom en Sonja maak die deur oop het ek haar bestorm en ‘n YYYYSSSSSKOUE drukkie gegee. Die hele Landshut dink ek is mal maar ek voel ‘n vy. Dis moerlekker om in die sneeu te draf.
Na ‘n heerlike warm stort en chicken shnitshel is ek oor na Christian en Manuela vr koffie. Hulle is altwee baie lief vir Afrika en beplan om Junie te kom toer. Ons het na ons 3de koffie die kaarte oopgevou en stories vertel. Iewers omtrent by die Visrivier Canyon glip ietsie oor whisky en donker sjokelade … en Christian kyk my grootoog: YOU LIKE WHISKY??? En ek se: JAAAAAA. En hy verdwyn en kom terug met ‘n grend bottel van iewers in special plek in Skotland maar my koppie sing al van al die name. Toe drink ons whisky. Pappa, maak gou jou oge toe en verbeel jouself die heel lekkerste duitse lekkernye van die duitse bakery in Pretoria… NOU maal Pa dit met 5… en DIS wat als op die tafel was vanmiddag. Ek WENS ek kon alles eet! Maar met drie koffies en whisky en chicken shnitsel en wel… al gisteraand se kos…kan mens net soveel eet. My happies en slukkies raak al hoe kleiner maar al hoe meer. Ek raak ‘n regte fynproewer! Ha!
Vannaand het ek RSG opera geluister en Munich gegoogle. More is my eerste groot stad… En ek gaan groot! Ysskaats op ‘n gevriesde meer… kunsmuseum… en regte bierhuis-kuier more aand!
Geen skool. Geen klokke. Geen vergaderings. Net die wildheid van ‘n vreemde land! Op ‘n manier tog ‘n lekker wildheid… ‘n wildheid van self-gaan-ontdek… ‘n wildheid van net-wees… ‘n wildheid van die vreemde en andersheid… hmmm!
In al hierdie vreemdheid en wildheid en andersheid is daar baie dinge wat nie verander nie. Dinge wat regtig saakmaak, dit verander nie. Egte JOY bly JOY. En ‘n onbeskryflike wow gevoel om op ‘n vreemde paadjie te draf…dit bly nog net dieselfde gevoel…Die warmte wat ek by Christiaan en Manuela ervaar het vanmiddag bly maar net dieselfde as die warmte wat ek by ‘n huis en sy mense in Otterkuil, Stb ervaar het jare gelede… En in AL hierdie dinge wat blywend is… en ewig is…en VAS is… ervaar ek vir Jesus. Blywend, ewig, vas. Ek laat jou met die woorde van ‘n lied van Chris Tomlin.
No mountain, no valley, no gain or loss we know,
could keep us from Your love
No sickness, no secret, no chain is strong enough
to keep us from Your love
How high, how wide,
no matter where I am
Healing is in Your hands
How deep how strong
Now by Your grace I stand
Healing is in your hands
Our present, future, past is in your hands
Were covered by your blood
How high how wide
No matter where I am,
healing is in Your hands
How deep How strong
Now by Your grace I stand,
Healing is Your hand…
In all things we know that were more than conquerors
You keep is us by your love, You keep us by Your love
How high how wide
No matter where I am… Healing is in Your hands
How deep… How deep is Your love
How strong…How strong is Your love…

Briefvriend. Mag jy in elke stukkie son en druppel traan…
Mag jy in elke vroeg oggend stilte en in selfs in vanmiddag se spits verkeer knope
Mag jy Hom beleef. Mag jy glimlag en weet: Hy is vas. Hy is ewig. Hy is hier…vir altyd en altyd.
Hy en Sy vreugde en warmte en kleure en drome en sterk Pappa-hande. Hy is en bly God. Met jou. Vir jou…
He een awesomely spesiale week! En al kan jy nou nie in die sneeu gaan draf of met ‘n slee teen ‘n heuwel afjaag en gil nie… Spring in ‘n dam, staan op jou hande, druk jou kop by die venster uit en haal diep asem…
xxx

Posted by Heleen 03:55 Comments (0)

(Entries 41 - 41 of 41) « Page .. 4 5 6 7 8 [9]