A Travellerspoint blog

29 Desember

BASEMENT en BLOU

large_Copy_of_DSCF1726.jpg
Intussen het ek hard geval. In harsingskudde in. Jup daai huk-valle was toe harder en dieper as wat ek gedink het.
Moes twee dae afvat. Net gele en my naar en hoofpyn self afgevra hoekom ek so vinnig tenie afdraendes moes afgaan?
Vanoggend word ek toe wakker hoofpynloos en ek hoef gn valoid te geslukt nie. ( - ; Ek wil nooit weer so hard val nie.
Begin van dag twee het ek so kort rukkie gaan ski. Ek is egter gou deur Vernon gebat. Jup, ek het gedink ek HET hierdie hele ski ding uitgefigure... maar hyt my eenkyk gegee en toe se hy: YOU, behind ME. And please dont take me out. Want ekt perongeluk 'n dogtertjie van sowat 3 jaar omgeski. Maar sy was genuine reg in my pad en ek meen hoe koes mens op ski's. Toe vat ek haar perongeluk uit. Syt gehuil. Ekt baie sleg gevoel maar kon haar nie eens gaan troos nie want ek moes net konsentreer om boop my eie twee skis te bly...
Die Stene (Michael, Viljee, Andre) het gedink dit is BAIE snaaks. En toe begin Vernon vir ons se wat om te doen en toe is dit NAG. Want toe moet ek actually begin dink wat doen!!! ( - ; En toe slat ek neer. En jup, daar word ek to gebat. Ek is ge'demote' na die 'beginners slope'. En hulle kon saam met Vernon opgaan na die top van die berg. Dit, en die hoofpyne en naarheid en eina-nek maak toe dat ek my skis uittrek en huistoe sleep. Ek was gatvol geski. Ek soek my bergfiets... Op skilift

Op skilift


Vanoggend vroeg toe ek beter voel was ek op en in my ski's en toe oefen ek my draaie en BASICS soos Vernon dit noem, flat vir 'n paar uur.
Uitsig van heelbo... 1800m!!!

Uitsig van heelbo... 1800m!!!


Tienuur toe kom daar weer 'n instructor om die seuns te vat... en toe gaan ons weer vir 'n practice run... en TOE!!! TOE BAT hy my nie!!!!!! En toe kan ek opgaan met die bubble lifts en van booooo af ski. Wooooowwww. Ekt 'n danspassie op my ski's gedoen so innie ski. Tot die vermaak van die Stene natuurlik. Dis egter beter as val. Kyk, ekt geval. En hulle, HET GELAG.
Juf en die Stene

Juf en die Stene


Gisteraand vra Rene vir Andretjie: wat van vandag was vir jou interesant... en toe kyk hy net stip en ernstig voor hom terwyl hy 'n rekenaar game speel en se: JUFFROU HELEEN...
Maar, ek het vanoggend blou van bo tot onder geski, sonder een enkele val. Hoe lekker... Die Stene beweeg more aan na Vienna. En ek bly nog 'n aand in die basement. Die basement is cheap. ( - ;
Ek het oulike stellenboschers, die Van Der Sluyse, ontmoet wat net hier langsaan bly. En vannaand sit ons en gesels en wrintiewaar daar kom ons agter hulle nefie is die oogkundige op Napier...JAPIE Janson... die Japie wat ek ook ken... en een van die meisies is my sussie se selleier in die kaap... en en en ... die wereld is so so klein. En ek dink ekt ski-maatjies gekry vir more-oggend... ( - ;
Westendorf was spesiaal met die Stene. Rene en ek het vannaand soos klein dogtertjies in die sneeu gele en snow angels gemaak en 'n regte sneeuman gebou. Later het die seuns ons gejoin... en toe ontaard dit in 'n monster sneeugeveg. Ekt lanklaas so lekker gespeel.
Vir oulaas het ons saam gaan eet. Ek en die gesin. Was spesiaal dat hulle my so laat deel voel het... en vannaand se sneeugeveg en my eerste sneeuman sal ek vir altyd onthou...
Verder gesels ek hier en daar met mense van regoor die wereld. En word opnuut herhinner dat die wereld groot is...groot groot groot. Huge! En dat die wereldkaart die wereld se hugeness nie uitbeeld nie. Nie eens naby nie...
More is ski.
Moreaand is laaste aand in die skislopes.
Vrydagoggend vat ek die trein na Passau, vir 'n newyears party... ?? ( - ; Sal maar sien hoe word dit daar gedoen. Passau is in Duitsland en grens aan Oostenryk. Vandaar gaan ek bietjie op na die noorde van Duitsland, het so paar stoppe wat ek nog in Duitsland moet maak voor ek wegskuifel...
Moet glad nie probeer sinmaak met my sirkels en roetes nie. Dit gebeur op die ingewing van die oomblik en absoluut niks is vooruit beplan nie. Ek weet net min of meer wanneer ek in watter land gaan wees. Vlg is Switserland...maar EERS 'n piepklein dorpie in upperfranconia ini middel van duitsland ini berge... daarna Dresden... en dan Pragh... EN DAN kan ek winter-in-duitsland aftick. Ek los die ander dele, veral noordwes virrie volgende trip met my fiets en carriers innie soooooomer!
Vanmiddag sit ek en gesels met 'n meisie van noorde in Duitsland. Sy gaan net kerk toe met kersfees. Sy glo in God. Maar sy se dat dit eintlik geen effek op haar menswees en lewe het nie. Sy sien Hom nie as 'n lewendige Vader nie.
Ek het afgestap na ons gesprek, en het op my bed gaan le. My wind was uit... En trane het oor my wange gerol. Die oomblik was groot. Ek wou vir haar probeer verduidelik hoe ontsaglik huuuuuge onlosmaaklik deel God van die mens se lewe is. CL Lewis beskryf vir my hierdie ding so pragtig en ek kan nie nou sy presiese woorde onthou nie, maar dit kom daarop neer dat dit die enigse rede is waarvoor ons geskape is... Net vir Hom... om onlosmaaklik deel te word/raak/wees aan ons Redder. En ons leer elke dag op aarde meer hiervan... en word soos ons geestelik groei 'n bietjie nader aan die besef van hoe onlosmaaklik deel ons van Hom is, getrek... nader en nader... en dan kan ons soos Dawid skryf: gisteraand was daar nog trane, maar vanmore lag ek... want ELKE dag is nuut. En selfs ons donkertes kan Hy inmeng met Sy Godskleur. En ons kan terugstaan en deur reendruppeltrane 'n reenboog sien. Sy kleur vir my en vir jou.
Mag ons leer om elke dag meer en meer van ons oor te gee aan Jesus. Nie net stukkies nie. Nie net kersdag of Sondae of stiltye nie... ons elke asem...ons hele hele menswees. Alles. Vir Hom. Want Hy maak alles mooi...
29Des_014.jpg 29Des_007.jpg 29Des_006.jpg

Posted by Heleen 12:17 Comments (0)

26 Desember

Oostenryk en ons Grote Skepper!!!

ski...

s-k-i !
vir hierdie drieletterwoord en die daarmee tesame kick, adrenalien rush, totaal buite beheer tog juis, en heeltemaal vry vry vry asof jy vlerke het... het ek nog geen gelyke beleef nie...
ek maak my oe toe en ek sien wit, gelyn met blou. en wit, gelyn met blou. en nog wit...spier sagte wit, gelyn met blouselblousel blouer blou. ek voel die snerpende ysige koue windjie teen my gesig. ek voel LANKAL nie meer my neus nie... ( - ; en ek hoor die geluid van my skis op die saggevriesde witwater onder my. ek sien baie mense. maar als is tog stil. want die sneeu trek al die raasklanke diep in haar in.
ja almal wat al geski het, HET vir my probeer verduidelik hoe intens lekker dit is... maar Briefvriend...aan hierdie drieletterwoord-ervaring doen mens afbreek as jy dit enigsins probeer verduidelik. want hier probeer ek maar my woorde klink hol. VANDAG het ek my kamera by my gehad maar ek het nie een foto geneem nie. Die dag en oomblik was selfs te groot vir 'n kamera. More sal ek baie neem. Maar ek kon net nie vandag nie...die lens was net te klein
ek het vanoggend 5hr in 'n motor met 'n spul snowboards gespring, en my eerste LIFTI gevang in Europa. Dit was darem 'n beplande liftie. En het my 'n treinrit na Westendorf gespaar. Christian en Manuela het vir my 'n paar skis geleen. Sonja 'n 'buggi' oversize broek en baadjie en 'googles' soos hulle dit noem. ek dink ek lyk baie baie koel. En toe besluit ek skiskool is vir amateurs en ek klap sommer die witvlaktes met NUL instrukteur en les. Ek het wel 3 oulike jong mannetjies om my gehad wat aanvanklik byna platgele het van die lag vir Juffrou Heleen LOMPIES op haar ski's...en Viljee (graad 8 paul roosertjie) het iewers so laaaang diep sug gegee en gese: vandag gaan 'n laaaaaaaaaaaaaaaang dag wees...
hahaha. toe besluit ek: se dinges, daai dude by die winkel het my kuite onderskat want my voetsole raak glad nie aan die skoen se sool nie... en ek gat sit daar in die winkel en verduidelik vir hom van my besonderse bree voete met die besonderse bree brugge en my besonderse groot kuite... en toe pas ek aan en hy bring nog 'n paar en ek pas aan en hy bring nog 'n paar en ek pas aan en na die...hmmmm ek dink: 6de paar kry ek toe 'n paar boots en toe ek my voete so insit: toe sing hulle: HIER KOM HELEEEEEEEEEEEEEEEEEEEN!
En ek vlieg daar weg en ek ski daai baba-slope lat die ys spat Briefvriend. Viljee was verstom. Michael was bang, want ek het na 'n halfuur alreeds 2 mense onderstebo geski. Dit was egter amateurs wat ek beslis sal aanraai om vir nog so paar lesse te gaan. hahaha. En vir klein Andre skuld ek 'n hot choc MET ROOM want ekt weddenskap verloor. Hyt gese ek gaan binne eerste 10min val en ek het.
Ek het na 3 ure 9 keer geval. 2 keer hard. van daai HUK-valle. maar die sneeu is sag so dis okey. om op skis te staan teen 'n afdraende is soos om op jou mounti te sit op 'n downhill singletrack. Dis awsome. En jou kop knie ELMBOOG kani 'n klip tref nie, jou voorwiel ook nie 'n boomwortel teen verkeerde angle nie. Ek wens net die SKIlift kon vinniger tot bo gaan... ( - ;
okey, alle grappies op 'n stokkie, ski is NIE maklik nie, en as jy 'n 4jarige met sy dummie in sy mond op dieselfde witvlakte as jy sien...dan wonder jy WAAR was jy al die jare. Terwyl jy die EURO stem in jou kop wat se: VANDAG KOS JOU bladibladiblaaaaa EUROS en bladibladiblaaaa RANDE stilmaak. hahaha. ski is duur. ek het vandag gedink ek moet maar met 'n ski instrukteur trou, dan kan ek for free lesse kry, en elke keer as ek val kan hy my ophelp...en ek kan verniet ski. Ja, ons moet sommer hier op die slopes kom bly en heeldag en aldag ski. Saans bier drink. En hier sal jou wereld eindig. Net hier tussen hierdie spierwit berge in Sprokieland. Want dit is.

Gister was kersdag. Ek het 'n spesiale klein duitse dorp kersfees beleef. Omring met familie. Moerbaie krismiskoekies... En natuurlik bier.
25Des_021.jpg25Des_015.jpg25Des_011.jpg25Des_010.jpg25Des_007.jpg25Des_005.jpg25Des_004.jpg25Des_003.jpg]
Want in Bavarie moet jy net een woord ken: BEER. Ek het my Bavaria kuier afgesluit met rooibostee en rum. Jup, hulle gooi inderdaad RUM in alles. Ek laaik dit! ( - ; ROOIBOS RUM. hahaha. Ek en Micha het die kersboom versier met liggies en blink balle en sterre. ekt baie baie lanklaas 'n kersboom versier en dit het my laat dink aan ons vergeetlike lekker Sandbaai vakansies en kersfeesaande saam met tannie Elsa en oom eben en Otto wat vir my en elbs en janet histeries ani gil gehad het as hy onderstebo van die dak af hang in 'n kersfeespak en ons wil kom soen. Ek onthou hoe hoog ouma Hannah daai kerslied note gevang het en geGOOI het. ek het altyd gewonder: hoe kan iemand so hard sing as hulle SO vals sing?
Michaela is onderwyseres in die Noorde van Bavaria en sy het 2 dae gelede teruggekom na die skole gesluit het. Oukersaand was ek saam met haar kerktoe. Hulle kerkie lyk baie soos SA se meer konservatiewe kerke. Net baie baie 'bling' voor in die kerk. En dan het die man voor 'n wit rok aan en hys baie oud. Nes die pope op die tv. Maar die psalms en gesange was dieselfde as wat ons van kleins af in my oupa se kerk gesing het. Hulle duits. Ek afrikaans. En die man met die wit rok da voor het gebid tot die Here... en ek ook. En daar moes ons vorentoe stap en ons hande oorkruis hou vir 'n stukkie nagmaalbrood wat hy in jou hand sit en ek kon ook gaan.
Dit was 'n gebou vol mense. Mense wat Iets groters as die stene en sement van die kerk in gemeen het... ons almal het dieselde God gedien. Hoe kosbaar. En watter voorreg om 'n Koningskind te mag wees...
25Des_017.jpg
large_25Des_023b.jpg
Buite die kerk het ons gluwyn gedrink en lekker gekuier terwyl sagte sneeu op ons koppe en baadjies en hande geval het...ek het vir die Here dankie gese vir 'n baie spesiale eerste week in europa.

Ons het lekker tyd spandeer en sommernet net gechill. Ons het op die couch gele en Heidi in duits gekyk. Ek het lekker geskryf en baie geslaap. Sy ook. Verder het ek met haar ouers probeer kommunikeer. Maar hierdie keer was daar ABSOLUUT GEEN engels. NET handgebare en gesigtrekke. Sy was histeries want sy se syt haar pa nog nooit so gesien nie. Ek en hy het baie goed oor die weg gekom. Ek dink as ons kon praat het ons uuuure lank sit en gesels. Maar ons kon ewelekker lag en HET ons gelag. En hyt net heeltyd gesorg dat ek genoeg het om te eet en te drink. Vanoggend toe ek so vroeg moet op, stap ek dik deurie slaap met my sak op my skouers die kombuis in en dink ek gryp sommer 'n appel, en daar sit hy in die 5hr oggend winter sneeu stilte by die tafel en wag...met 'n warm beker tee en 'n broodjie in my bord. En 'n sakkie in sy hand, wat hy beduie ek kan vir my padkos maak en daarin bere. My wind was uit. Want ek was totaal oorweldig deur 'n onverwagse warmte en gasvryheid. En ons het na ontbyt gegroet met 'n drukkie. Want al het ons mekaar nie eintlik verstaan nie, het ons eintlik. En al het ons mekaar nie geken nie, het ons eintlik. En al is hy 60 en ek 28, kan ek nou met 'n glimlag sit en skryf dat ek 'n goeie nuwe vriend gemaak het...
En ek het besluit dat ek my bes sal doen om as ek weer kom so bietjie duits te kan praat met hierdie oom...

Pas terug van 'n voldag se ski en kuier en skaterlag en aandete met die Stene. (Die Steenkamps). En more wag die bubble lifts, die rooi slopes (waarop ek Viljee se gat gaan skop...Ma Rene en Pa Callie het aangedring dat ek more helmet dra...haha)... 'n rit op 'n regte perdeSLEE in die donker, sop bo in die berg... In my wildste drome het ek nooit gedink ek sal soveel in een week kan beleef nie. Maar dit is waaragtie moontlik! En ek is bevrees dat ek nooit weer dieselfde sal wees nie.
En dat iets meer as net 'n vlooi my gebyt het...
iewers oor die laaste dae
het IETS van die grote wye wye wereld my gebyt.
En hy gaan my nie los nie...

En vannaand sit ek hier en die trane rol. Want niks van my eie donkertes en seer en moeilike tye en bulte en steiltes en persoonlike struggles is sommernet weg nie. Dis steeds hier. En dis baie real. Maar dis asof God vir my die laaste week leer terugstaan en sien-hoe-groot Hy is. En hoe baie baie klein ek is. En dat my grootste rouste diepste pyn nie groot en donker en swaar genoeg is vir Hom nie. Want Hy is net so HUUUUUUUUUGE... en selfs HUUUUUUGER as die Alpe!
En Hy is hier by my,
nader as 'n asem.
Nader selfs nader as my hartklop.
Hy is hier.
Vir ons is 'n kind gebore...
Immanuel.
God met ons.
GOD MET ONS...
Amen

21Des_066.jpg21Des 013

21Des 013

Posted by Heleen 12:41 Comments (0)

24 Desember

VERKOUE!!!!

DIT is wat jy NIE moet doen in Duitsland, as jy gesond wil wees op Oukersdag nie...

Eerstens:

Tweedens:

Posted by Heleen 08:30 Comments (0)

23 Desember

SKOOL, KRISMISKOEKIES en KINDERPUNCH

23 Des – 17:43
Kersfees partytjie by die skool

Kersfees partytjie by die skool


In Lanshut, Bavaria is dit NIE behoorlik kersfees as dit NIE sneeu nie. En nes die Stellenboschers kla oor die koue nat as die winter daar is en kla oor die hitte as die koue weg is… netso kla die duitsers as die sneeu dik le maar as dit smelt kla hulle dis nie kersfees nie. Hahaha.
23Des 045

23Des 045


Ek was vanoggend saam met Sonja na haar skool. Ek het die ekonomie en wiskunde klasse ingesit. Tussenin was daar ‘n pouse en almal het eetgoed vir ‘n kerfeespartytjie gebring. Daar was ‘n tafel vol duitse lekkernye en nog ‘n tafel met 4 reuse houers vol gluwyn (sonder alcohol) wat hulle noem: kinder punch. Ek het nog NOOIT so lekker warm drankie gehad nie. NJAM!!! Dis ‘n geheime familie resep van mense hier in Landshut. Almal het gelag toe ek vra wat is hier in. Niemand weet nie. Niemand sal ooit weet nie. Hehehe. Toe koop ek maar ‘n bottel om terug te neem na SA. Die eerste ene wat op ‘n koue reendag by my kom kuier…JY kry kinderpunch. Ek se jou dis lekkerder as stokkielekkers na jy by die tandarts was!
Wiskunde klas

Wiskunde klas


Dit was goed om te sien dat dit maar in elke skool die laaste skooldag sukkel om te leer en te werk. Die onnies probeer, maar die kinders rondom my se koppe was oral behalwe hier. Meeste van hulle was al iewers op ‘n snowbord in die berge of alreeds by vannaand se kuier in die dorp. Maar NIE by skool nie. Moet se ek het vanoggend met ‘n skok besef dat ek ‘n baie kwaai juffrou is. Sjoe, ek sal maar volgende jaar bietjie vriendeliker wees… ( - ;
Ek het lekker met Sonja se klasmaats gekuier. Nogal snaaks om heeltyd die ‘uitlander’ te wees. As jy saam met iemand instap, soos nou die aand by die verjaarsdag partytjie…dan staaaaaar almal jou aan. Ek het nou al gewoond geraak hieraan. En ek stap nou sommer oor na hulle toe en stel myself voor. Meeste jongmense hier kan engels verstaan. Meeste is so bietjie skaam om dit te praat.
Klasmaats

Klasmaats


Die heel snaakste van alles nog hierdie laaste paar dae is Sonja se ma en ek as ons kommunikeer. Die tannie beduie met albei haar hande, arms, bene EN voete Briefvriend. Op stadiums hak sy so vas dat selfs die voete nie meer help nie en dan se sy net: oooooooo en sy vryf haar hand oor haar kop. Totaal gefrustreerd. Ek aan die anderkant, is totaal gedaan geprobeer-verstaan wat sy se… en dan staan sy so, en dan weet ek: HIER KOM DIT! As sy vir 10 sekondes lank stilgestaan het en nog niks woorde kry wat haar beskrywing gaan verbeter nie, vlieg sy om en roep SOOOOONJAAAAAAAA!!! terwyl sy die trappe ophol na waar Sonja le en t.v kyk/slaap/chill. En dan hol ek agterna en lag onder uit my maag. Bo, verstaan ek NIKS. Dan luister Sonja geduldig en hier teen die end raak sy half geiriteerd dat haar ma so lank vat om te beduie en dan begin sy sommer in engels vertaal terwyl haar ma praat. En dan kyk die tannie my met afwagting en sulke groot blou oge aan, om net seker te maak date k verstaan wat sy wou se. Meestal is dit iets soos: Eet ek gerookte varkvleis? Hahaha
wow!

wow!


al te fraai!

al te fraai!


Parking sonder koffie??!!

Parking sonder koffie??!!

Posted by Heleen 09:00 Comments (0)

21 Desember

MUNICH!!!

-2 °C

20,21 Des – 18:5190_21Des_081.jpg21Des_079.jpg
21Des_044.jpg
Hallo! Voor ek briefskryf, ek het ‘n blog begin. Gaan net na: heleen.travellerspoint.com, Jy kan al my briee ook hierop kry. Hier is lekker fotos en videoclips by! Hierdie Is maar ‘n rowwe probeer met BLOG. Lyk dam of dit oraait werk. Skree as jy enige tips het.
Ek is lekker siek. Seker omdat ek so wild aangaan! Ek is gister Munich toe. WOW. Dis my eerste proe van ‘n europa stad. Dis beter as gluwyn Briefvriend, ek se jou!!!! BETER as die beste gluwyn!! Hier is ou geboue oral rondom jou, nes die berge in Stellenbosch…net so so so hoog jy maak byna ‘n summie as jy opkyk. Ek WIL nie weet hoe dit moet voel om voor die Alpe te staan nie… KAN nie wag nie!
Ons was in Maxamillion straat. Al die name wat jy net droom van om op jou horlosie en parfuum en klere te staan…is hier in EEN straat… winkel op winkel. Ons het verby so baie porsch’s gery ek het ophou tel. Dis crazy… Was in by die Porsch sentrum. Daarna by die Duitse Museum. Ek gaan eerlik wees in my skrywes…ek is nie veel van ‘n museum-freak nie. Inteendeel, ek is glad nie. Toe ek daar aankom en die dude se hulle verkoop nie meer kaartjies nie, dis te laat… toe is ek heimlik verlig. Hy kry my toe seker so bietjie jammer, en se ek kan maar verniet ingaan, en ek moet na die vliegtuie en bote gaan kyk. Of dis wat ek verstaan het. En daar spaar ek ‘n hele spul Euros! En ek kry ‘n halfuurlange museum sessie, STRAIGHT na die opwindendste deel. ( - ; Baaaaargain. 21Des_036.jpgEk het so vinnig geloop soos ma my in die dorp probeer leer loop het. Flink en vinnig. Die heel koelste was die huuuuuge vissersboot heel onder. Ek kan dink dit is omtrent hoe die vissersbote gelyk het waarin die disipels en jesus was met daai storm. Ek kon die branders sien slaan teen die rante en kan nie dink dat iemand daar onder in die slaap kan raak in ‘n storm nie. Maar Jesus het. Ek het uit die museum gestap…met ‘n stille wete dat my Jesus net ongelooflik groot is. En dat ek nie een oomblik hoef te vrees nie…want Hy is MET my in my windstil dae…maar ook in my grootste storms.
Laataand het ek saam met Sonja en Mariana by die stad se famous bierhuis gaan bavariaans eet en bierdrink… Die kelners se kleredrag is pragtig. Eg Bavariaans… Daar was ‘n lewendige orkes wat bestaan het uit ‘n altviool (Ann waar was jy!!!) en ‘n konsertina en paar soortgelyke instrumente… met ‘n handsome dude wat hele aand gestaan en sing het. Ek het heel aand sit en kyk. ( - ; En natuurlik het ek bier gedrink! Daar het families gesit. En jongmense. Verliefdes. Groepe vrinne. En hier langs ons, ‘n ou sommernet op sy eie, met ‘n bier en ‘n boek. Die atmosfeer was warm en gesellig. En dalk dink jy nou ek skryf dit omdat dit virmy ‘n nuwe ervaring is en dalk is dit so, maar ek het nog nie so lekker kuierplek beleef nie. Groot houttafels. Baie spasie. Baie mense. Jy kan jou skoene uittrek as jy wil. Jy kan ‘n mus dra as jy wil. Daar speel lekker musiek in die agtergrond maar jy kan die ene oorkant en langs jou nog hoor praat… Op die maat van die musiek, dans daar ‘n heerlike geur in die lug rond…21Des_072.jpg
Ek sluit my Munich dag af met fietse. Fietse. Fietse. Oral net fietse. Hierdie mense het fietse vir ‘n weermag. Jy verstaAAAAAAaaanie. Ek kan dit nie beskryf nie. En moet iewers bietjie ophou met fotos neem. Maaar ek kan nie help nie, want almal lyk anders. En elke keer as ek ‘n fiets skeef teen ‘n paal sien staan…glimlag ek, want dis vir my een van die mooiste prente. 21Des_061.jpgfietse fietse fietse

fietse fietse fietse

Ek dink dit is onbeskryflik romanties. Al die fietse het ligte en carriers. Party groot. Ander klein. Hier is al die reenboogklere. Vetmense (min) ry fiets. Maer mense ry fiets. Ou tannies en jong manne. Grend dames met hoede en jasse. Oompies wat koerante aflewer… Besigheidsmanne en selfs ‘n ma met haar dogtertjie agterop. ALMAL ry fiets. IN DIE MINUS GRADE. IN DIE REEN. IN DIE SNEEU. IN DIE NAG… Dis ‘n ander wereld. Vir my wat lief is vir fietse en fietsry is dit so bietjie van ‘n sprokieswereld-ervaring gewees… Hierdie eerste groot europese stad met soveel fietse… Dis iets besonders en het voorwaar ‘n stuk van my fietshart kom steel… Want in my WILDSTE drome kon ek hierdie prent nie indink nie…
Vandag (21/12) het ek die dorpie van Landshut so op my manier platgestap. Sit op muurtjies en trappies maak groot deel hiervan uit…ek het my eerste cuppacino gedrink. Daar is ‘n baie koel koffieshoppe in die groot markplein tussen al die winkels…waar net busse en fietse mag ry… Die winkel se tafels is buite, met verwarmers en lekker musiek. Niemand om my kon engels praat nie, maar die waitor het dam ‘cuppacino’ verstaan! Hehehe. Ek het klein kersgeskenkies vir die familie by wie ek bly gekoop… En myself verkyk aan al die mooi rondom my…
Tot dusver is ek absoluut gek oor pretzels-broodjies. Dit en bergbotter… En natuurlik gluwyn… ( - ;
270_21Des_083.jpg

Posted by Heleen 23:09 Archived in Germany Comments (0)

(Entries 36 - 40 of 41) « Page .. 3 4 5 6 7 [8] 9 »