A Travellerspoint blog

6 Januarie

PRAG PRAGTAG PRAGTAGAR

large_7Jan_070.jpg

Ek sit in café Olimpia, Pragh. Pragh is wow. Die reuse Vltava rivier sny die pragtige stad in twee netjiese helftes. Die stad is soos ‘n netjiese boekrak gepak vol ou ou straatjies en stegies…geboue uit die middeleeue en selfs verder terug… en mense van oor die heel wereld. Ek het selfs kapenaars ontmoet wat so lekker Afrikaans gepraat het dat ek myself moes voorstel!
Vroeg vanoggend het ek gaan draf. My derde draffie vir die vakansie. Ek gaan moet begin oefen as ek in maart die Barcelona marathon wil draf! Daarna gou gestort en op in die pad na die starbucks waar ek vir Manuel ontmoet. Ons het gebrekfis by ‘n comfi restaurant op die Old Town Square, daarna op in die reuse ou toring in die middel van die vierkant met asemwegrapende uitsigte oor die hele stad. Dit was vreksel koud met vlokkies sneeu wat kort-kort val en ‘n ysige wind. Toe rustig die straatjies deur. Links regs op af heen weer doer daai en toe is ons in ons maaie in verdwaal. Hahaha. En as ek vir Manuel se: I don’t know where we are…. Dan se hy: I follow you…

7Jan_108.jpg 7Jan_098.jpg
large_7Jan_096.jpg
large_7Jan_103.jpg large_7Jan_102.jpg

Na ‘n goeie middagslapie onder warm kombers terwyl dit teen die vensters reen… het ek ent gaan stap. Die herberg waar ek bly is in die middel van die stad. Baie sentraal gelee en dis lekker want alles is net ‘n klipgooi. Pragh gaan my weer sien, sommer vir ‘n paar dae, want hier is jazz teaters by dosyne en oneindig klassieke konserte en musikante. Dis werklik ‘n besonderse stad. Ek het egter vannaand iets nuuts probeer: die black theatre. Dis soos ‘n mimiek so ek hoef nie russies duits spaans frans of WATOOKAL te verstaan nie. Want hulle praat nie een woord nie. Hulle gebruik tegnieke om dinge op die verhoog te laat beweeg, amper soos in Black Beauty waar die koppies en pierings begin dans…hier gebeur dit ook. Die stoel skuif “vanself” van die verhoog af. ( - ; Dit was skreeusnaaks. En na afloop van die show het hulle vir ons mooi gewys hoe hulle dit doen. En ons kon ook self probeer. Wat dit egter ekstra mooi gemaak het was dat die ou en meisie baie mooi kon dans. Dit was indrukwekkend.
En nous ek hier… Van hier my laaste stukkie Pragh wandeling, oor die Charles brug en my goedjies gaan pak vir Switserland… Ek gaan Pragh en die stad se vriendelike mense mis. Vang more oggend 5:10 die trein. Moet al half 5 begin stap want dis ent stasie toe!

7Jan_094.jpg 7Jan_090.jpg 7Jan_100.jpg

large_7Jan_101.jpg

Posted by Heleen 14:35 Comments (0)

5 Januarie

DRESDEN

7Jan_052.jpg 7Jan_054.jpg 7Jan_055.jpg 7Jan_056.jpg

5 Jan – 22:15. Pragh

Anna Cruice le en lees ‘n boek op haar bed. Sys van Australie. Asumi Hosoda sit ook en lees op haar bed. Sys van Japan. Ek sit en skryf op my bed. Ek is bly ek is in Pragh. Die sneeu het bietjie begin smelt… die YS op die sypaadjies egter nog nie en ek het my alie afgeval vanoggend oppad treinstasie toe. Onderstebo voor ‘n hele bus met mense. Ek en my sak boop my en ek weer boop hom en hy weer boop my… toe ek opstaan toe is my regterhand die ene bloed van ‘n simpel ou snytjie. Toe moet ek ‘n badkamer soek. Op, af, heen, weer. Van hier verder na die treinstasie. Ek het met 30min se stap, ‘n hele 3 euro’s gespaar. Die tram is gerieflik maar raak duur as mens net sulke kort entjies wil ry. By die winkel met die badkamer het niemand my verstaan nie, maar toe ek my hand oplig en hulle sien al die bloed toe se hulle oooo soooooo… en hulle neem my agtertoe. Toe moet ek eers my rugsak afhaal want ons pas nie deur die nou gaatjie na die badkamer nie. Ons het lekker gelag.

7Jan_088.jpg 7Jan_091.jpg
large_7Jan_085.jpg

Skoon hande stap ek by die treinstasie in, Dresden nou agter my. Dresden se ou stad is pragtig. Dis ongelooflik om as jy daar stap te dink dat AL die massiewe reusagtige met argitektuur wat dui op 100de jare gelede nie te lank terug herbou is nie. Ek was na die famous Paleis. En dadelik na die kuns fotografie uitstalling. Die res is 4 verdiepings vol van die koning se kristalle en porselein en vegtersswaard en paleisplanne. Boring. Maar ek was daar. En dit was moer duur so ek het REGDEUR gestap. Ek mag nie fotos neem nie en daar staan orals baie baie kwaai duitse tannies in uniforms en ek is baie baie bang vir hulle! Hahaha. Ek het die hele vandag nie met EEN mens engels kon praat nie. Selfs die vrouens by die poskantoor kon my nie verstaan nie. Maar die pakkie is gepos. Mag ‘n engel maar oor hom wag hou want ek hoop hy bereik Suid Afrika… ( - ; Ek het vir my behoorlike duitse fiets carriers en 2 behoorlike gluwyn bekertjies gestuur. En in die gate ‘n spul koekies en sjokelade vir pa en ma. ( - ;

7Jan_074.jpg 7Jan_076.jpg 7Jan_080.jpg
large_7Jan_082.jpg

Ek kon na een of ander opera in die groot operahuis kyk vannaand maar dis obviously nie in my taal nie… en ek was so gatvol vir duits dat ek na my toertjie deur die ou stad en katedraal en operahuis my sak gepak het en die vinnigste trein uit Dresden gevang het. So, 15:00 sit ek op ‘n die ICE na Pragh… Ek was totaal vodde en die sny op my hand was seer. En ek was alleen. Ek bid toe: Here asseblief maak dat die dag verder bietjie lekkerder sal wees asseblief. Dresden was nie so great nie…
Daar sit ‘n ou oorkant die paadjie. Ek vra hom: English? Hy knik met ‘n glimlag. En so maak ek my eerste vriend van Amerika. Manuel Loy. Hy het nie grys hare nie! En hy hou van Motorcycle Diaries… Hy bly in Mexico City. Hy is ‘n ware heer en het my in Pragh so paar tram tips gegee en gehelp om ‘n jeug herberg naby aan die treinstasie te kry. Hy toer ook en bly by vriende en ons gaan more lekker koffie. Hy praat duits, spaans en engels. Ha! ‘n koffiedate met ‘n Mexikaanse dude! ( - ;
En ek het besluit kom sneeustorms of hael…moreoggend sal ek gaan draf… daar is ‘n brug hier naby vanwaar die sonsopkoms blykbaar nogals mooi is…so as jy ‘n flash vroegoggend sien, dis my kameratjie!

large_7Jan_084.jpg

Posted by Heleen 14:25 Comments (0)

4 Januarie

FRANKFURT

Maandag 3 Jan – 11:15 – Oppad na Frankfurt

Oppad na Frankfurt in trein. Ek sit oorkant ‘n ou tannie. Sy bly in ‘n klein dorpie, Straufenberg, naby Frankfurt. Erika Liessengang. Kyk die foto. Ek het besluit sy is my Duiste Ouma! En skielik verlang ek na my eie ouma. My ouma met die groot sagte oe. My ouma wat altyd met haar hande netjies gevou agter haar rug gestap het as ons gaan stap. Ek was baie baie lief vir haar. En sy is skielik weg. In ‘n deurmekaar tyd vir my ouers veral. Dit moes vir Mamma nog veel veel erger gewees het om ‘n ma te verloor aan kanker in daardie tyd. Ek kan nie nou dink om my ouers te verloor nie. Nie my liefste pa nie. Nie my liefste ma nie. My pa is die mooiste gentleste handsomest sagste man in my lewe. En hy gee wenner drukkies! My ma is een van my beste vriendinne en by haar kan ek totaal simpel wees en ons kan lag lat ons ons mage vashou. My ouers is diep. En ek het Jesus in hulle leer ken. My ouma was ook so. As sy nou nog gelewe het, kan ek net dink hoe lekker ons saam tee sou kon drink op hulle voorstoepie… Sy was ook baie baie lief vir die skone kaap… En ek het haar name: Hester Helena. En ek is geweldig trots daarop… Eendag sal ek my dogtertjie ook so noem.

4 Jan – 12:21 – Oppie trein na Dresden

Frankfurt was heerliklekker. Die lekkerste was om vir Renate te sien en haar man, Bret, te ontmoet. Hy is ‘n Amerikaner. Renate praat Afrikaans, engels en duits maar Bret verstaan nie ‘n woord Afrikaans nie. Hy het vir my probeer namaak hoe Afrikaans vir hom klink. Ekt byna van my stoel afgeval van die skrik. Dit was sulke roggelgeluide. Hahaha. Vir my bly dit egter steeds die mooiste mooiste taal van ALMAL wat ek al gehoor het.

7Jan_008.jpg 7Jan_009.jpg 7Jan_004.jpg large_7Jan_005.jpg
7Jan_002.jpg 7Jan_017.jpg 7Jan_023.jpg
large_7Jan_022.jpg

Ons het van die treinstasie af, gistermiddag gou die tram huistoe gevang en my sakke afgegooi. Toe is ons die stad in…na ‘n ou kerk en na seker die senter van die groot stad, Ostzeile by die Romerberg. Hierdie is een van die Frankfurt-simbole en mens sien dit op al die poskaarte. Van hier is ons na die winkels. Ons het in minus 2 grade onder ‘n verwarmer aan die buitekant van ‘n straatkafee gesit, op couches onder komberse…. Langs ons was daar ‘n man wat saxefoon gespeel het. When the saints come marcing on… ladida-di-da. Ek het die mooiste hond gesien. Hy kort beslis ‘n bad en is veronderstel om spierwit te wees…maar sy haartjies was deurmekaar en gekoek en dit het haar net nog soveel mooier gemaak. Koekie is haar naam. Haar owner was I handsome dude wat engels kan praat en my gegroet het met: Welcome in Germany!
Donkertyd is ons na ‘n Ierse pub vir ‘n bier en snitschel. En met vol magies is ons met 8 stelle roltrappe op in ‘n ‘afdelings’winkel… Want van heelbo was daar ‘n uitsigpunt op die “manhattan” wolkekrabbers soos hulle dit noem. Frankfurt is nie die mooiste stad nie, maar saans is die liggies darem net pragtig. Wat ‘n bonus toe ek agterkom dat Bret hou van fietsry en kamp. Ons het tot laat gisteraand lekker gekuier. Vanoggend het ek hulle gegroet want hulle is werktoe en ek moes self die paadjie na die tram kry, ‘n kaartjie koop by ‘n duitse auto…en my ore spits vir die treinstasie stop. Dit kos 2,40 Euros vir ‘n kaartjie vir so 15 minute se ry. Jy kan kaartjies koop vir ‘n hele dag of net vir sekere roetes. Ek het ‘n nice Turkse omie ontmoet op die tram en ons het so op ons manier met halwe woorde en glimlagte gesels. Toe ek afklim, groet hy my met ‘n handskud en ‘n “goodluck”. ( - ;
Op platvorm 6 het ek gewag vir my trein en met ‘n vriendelike duitse couple gesels. Die man het gesels en die vrou het geglimlag. Hy het na so elke paar sinne vertaal… Hulle is ook oppad na Dresden en se toe vir my hulle het bespreek, en as ek nie op die trein sitplek kry nie, kan ek by hulle in hulle kompartement gaan sit. Baie nice. Ek sit egter baie baie gemaklik met die ultimate beenspasie en selfs ‘n kragpunt waarop ek my labtop kan charge…
Volgende afklim is in Oos Duitsland! Dresden. Hierdie stad was bekend as die Florence van die noorde… maar op die nag van 13 Feb 1945 het 800 britse vliegtuie die eerse van 5 groot bom aanvalle geloots. Die stad is byna heeltamaal verwoes en meer as 35000 mense is dood. Vandag, is die hele stad byna herbou. As jy weer van my hoor, het ek hopelik darem al my jeugherberg gevind...

large_7Jan_030.jpg
large_7Jan_039.jpg
large_7Jan_046.jpg

Posted by Heleen 14:14 Comments (0)

2 Januarie

Die koning se berg!

2Jan_002.jpg 2Jan_004.jpg 2Jan_005.jpg

2 Jan – 22:17 – Konigsberg
Koenigsberg beteken Koning se berg. En DIT is inderdaad die perfekte naam! Hier is berge en woude en paaie vir fietse wat jou 70km ver kan neem, sonder dat jy een enkele mens sal teekom. Dis ‘n paradys. Hulle meen die somer is beter. Ek gebruik elke dag my verbeelding en probeer die wit vervang met groen. Maar dan knip ek my oe en ek sien weer wit… en ek dink: DIS GREAT! 2 weke en ek is nog nie eens ‘n bietjie moeg hiervoor nie. En somer is ‘n heel ander saak. Ek kan nie eens begin om te dink HOE asemwegrapend mooi dit hier moet wees nie… maar hierdie wit is vir my sprokiesmooi.
Gisteraand het ek verslaap op die trein en toe ek wakkerword toe stop die trein waar ek moet afspring. En toe ek weer kyk, toe ry ons al. Ekt tevergeefs my rugsak bo uitgepluk en my rekenaar toegeklap en gestorm vir die deur maar ek is NIE Magaaiver nie. Hassfurt was nie meer. Volgende stop was Bamberg. ‘n Groot stad, so 15 minute verder. Ek het by Bamberg afgeklim, en op die stasie sit en Psalms lees in MINUS twee grade…terwyl die sneeuvlokkies ‘n witlaag oral rondom my en die dakkie bokant my gegooi het. Ek moes 40minute wag vir ‘n trein wat weer teruggaan na Hassfurt… terwyl ek so tussendeur die Psalms vir myself gese het: Heleen, MOOI SO. DIT sal jou leer om NIE sommernetso ani slaap te raak nie!

large_2Jan_037.jpg

Ek was hartlik en warm verwelkom deur ‘n gesin wat my weereens laatvoel het asof dit my eie huis is. Gerhard ry self berg en padfiets en is lief om in die berge te gaan draf. Monica het die HELE europa al met haar rugsak platgestap, ook die Alpe en die HELE pelgrimstog. Hulle dogter speel pragtig klavier en orrel…en Lucas is in matriek maar doen universiteitswiskunde…
Vanoggend het ek en Gerard vroeg-vroeg gekyk of Monica se crosscountry skiskoene vir my pas. En hulle het soos ‘n handskoen. Konigsberg hier kom ons!!! Crosscountry ski is heeltemaal anders as downhill ski. Die skis is veel nouer en ligter. Jou voete ‘clip’ ook vas aan die ski, maar net die voorpunt van jou skoen is vas, die res van jou voet na agter is vry om op te lig van jou ski af. Dis amper soos draf-stap. Maar jy bly op jou ski’s. En jou arms kry natuurlik WOES oortyd oefening. Want nous jy op ‘n pad in die berg sonder skilifts. Jy moet werk om iewers te kom. Ek het natuurlik die stukke afdraendes BAIE geniet maar dis baaaaaaie moeilik om bo te bly en jy kan nie sommernet gougou briek soos op downhill ski’s nie. Ek het 5 keer geval. Die derde keer op my duim, wat nou verstuit is… eina…

large_2Jan_017.jpg

Ons het na ‘n uur slegs ‘n paar km’s gedoen. En ekt lanklaas so lekker oefening gehad. Gerhard moes so bietjie vir my wag want hy is nou al gemakliker maar hy het darem ook so bietjie geblaas as ek roep: REST! Middagete was ‘n seleksie van eg duitse wors en boerewors. Jup, Gerhard is ‘n rep vir slagterye en vleis en hy looove kosmaak. Hyt ‘n boereresep by ‘n boer gekry vir boerewors… en dit was njaaaaam! Na ete het Gerhard, Monica en ek gemik vir Bamberg. Ek het ‘n heerlike toertjie deur die pragtige stad gehad en was in 2 ou ou kerke en veel meer. Ons het gluwyn gedrink in die sneeu…en daarna is ons na ‘n eg Bambergse Bierhuis toe. Dit was baie lekker, nes Munich s’n. GEROOKTE BIER. Gerookte flippen bier. Dis amper pikswart en proe nie so lekker nie maar ekt ge’BROST’…want wat de heck, wanneer drink ek weer ‘n gerookte bier in Bamberg! Haha

2Jan_020.jpg 2Jan_028.jpg 2Jan_032.jpg2Jan_045.jpg
2Jan_035.jpg 2Jan_040.jpg
2Jan_064.jpg 2Jan_061.jpg2Jan_066.jpg large_2Jan_059.jpg

Vannaand is ek vodde. Ek het baie min geoefen die laaste jaar. En my fiksheidsvlak is die laagste wat dit was in ‘n laaaaaaang ruk. Hier kan ek ook nie die pad vat en net lang ent gaan draf nie, ekt besef ek moet maar kortrukkies gaan want my imuunsisteem vat hierdie kouete maar nie met ‘n glimlag nie! Het egter voordat ek gekom het besluit ek wil graag ‘n marathon in ‘n groot stad in europa doen. Behalwe die Ironman se marathon an die end, sal hierdie my eerste behoorlike 42 wees… BARCELONA 6 Maart, hier kom Heleen. My ma kom die 9de Maart en ek reken as ek nie kan stap as sy hier aankom nie, kan sy my sommer op haar wielietjies-tas vasstrap (Mamma, onthou die rekke) en net oral saamsleep.
Hoe bly is ek dat ek by hierdie wildvreemdes langs aangekom het… want hier het ek vriende gemaak. Vir ‘n leeftyd. Ons het vannaand in Bamberg ingehaak en styf langsmekaar oor die geysde blokkies plavei in die sneeu gestap…en gelag oor lekkerdinge. Mense wat saam kan gesels oor die berge en saam kan luister na klassieke musiek en saam kan smul aan kwaliteit koffie … of warmsjokelade met heuning (nuwe resep!!!!)
En verseker gaan ek terugkom een somer, want my bergfietstyres moet hierdie Koenigsberg grond ook sneeuloos kom proe… En ook my eie Solomon trailrunners… Ek het nou ‘n huis en vriende hier…
More oggend vertrek ek na Frankfurt! So ek gaan nou slapies…

Posted by Heleen 14:02 Comments (0)

31 Desember

Laaste ski en toe is dit 2011 !!

31Des_049.jpg31Des_041.jpg31Des 029

31Des 029

Laaste ski was heerlik. Ek het minder geval, hogegeger begin...en my helmet gedra! Ha!
Oulike mense ontmoet en toe die Steenkamps wegry die oggend van die 30ste des, toe het ek 'n lekker kuierplekkie by Stellenboschers nogal...MET goeie koffie. Laaste dag op die slopes was beautiful en ek het my eerste ski-belewenis afgesluit met 'n pragtige dag.

31Des 031

31Des 031

EN TOE is dit 2011!!!!

1 Jan – Nuwejaars in Passau

1Jan_025.jpg1Jan_022.jpg

Soos in meeste Europese dorpe is een dag glad nie genoeg in een plek nie, al is die dorpie ook baie klein. Omdat ek vannaand alreeds in Hassfurt moet wees, is Passau net ‘n kort stop.
Ekt Vrydagoggend op Westendorf se treinstasie gekom met al my ski-stuff en groot rugsak. Die ski-gear sou ek op Passau vir Micha gee en sy sou dit terugneem Landshut toe. Dit was my eerste Europese treinrit. En voorwaar, toe ek op die trein sit, toe voel dit vir die eerste keer asof my travel genuine begin het! Ek kan met my ‘global pass’ eurail kaartjie vir die vlg 3 maande 1ste klas ry. Jong, dis baie upperclass. Ek laaik dit! ( - ;
Van Westendorf na Passau he ek 3 oorklimme gehad. Haha. En by die derde oorklim kom daar so baie aantreklike oopgesig dude aangestap en help my met my rugsak en my ski’s. Hmmmm. Nou moet jy besef, dat my vriende en ouers my goed gepreek het voordietyd oor vreemde mans ens. Maar ek is jammer die ou mtb en ski en onst so lekker gekuier toe ek weer sien toes ons op Passau. En toe stel hy my voor aan sy vrou en kinders. Hys ‘n neurochirurg of iets so onst lekker hospitaalstories uitgeruil. En toe gee hy vir my hulle epos adres en nooi my om by hulle te kom kuier as ek ooit weer in die rigting kom. Hulle was ook net vir nuwejaar in Passau. So ek het ‘n epos adres van ‘n wildvreemde dude. Maar hy lyk veilig. En ek oorweeg dit nogals om daar te draai. Hulle bly in ‘n klein dorpie naby aan Zalsburg.

31Des_046.jpg31Des_051.jpg31Des_053.jpg31Des_057.jpg31Des_062.jpg 31Des_047.jpg 31Des_077.jpg1Jan_015.jpg

Oujaarsaand het ek, Micha en vriendinne van haar na ‘n mexikaanse restaurant gegaan. Lyk my dis nogals algemeen vir die jong mense om dit so nou en dan te doen. Ek sal in Mexico Mexican eet maar waaaaaaaaaaaraagtig nie in Duitsland nie… Meeste van hulle kon engels praat. Ons het sommernet lekker gekuier en gelag en natuurlik bier gedrink. Ek het ook gedoen wat ek minder as die deursnee jongmens doen (net omdat ek aan baie ander lekkerder dinge kan dink om te doen en te drink…): tequila en cocktail gedrink. Dis nie soooo sleg nie. Maar ek kan om die dood toe nie verstaan hoekom mens soveel geld kan uithaal vir iets wat genuine NIE so lekker is nie. Smaak verskil. Ekt nog nooit probleem gehad om nee te se nie. Maar gisteraand het dit gevoel soos iets specials wat ek saam met my duitse vriendinne kan doen. En ek is bly. Die mango ene was okey. ( - ;
Daarna is ons na die ‘stad’ se brug wat loop oor die INN rivier, vir die ‘fireworks’! En Briefvriend, ek was al vele nuwejare in Hermanus, maar nog nooit het ek so skouspel van vuurwerke gesien nie. Die hele brug was vol mense en dit het net aangehou en aangehou… Dit was mistig en seker so minus 4 grade, maar steeds kon mens die refleksie van die kleuredans op die water oral rondom jou sien. Dit was pragtig. Passau nuwejaar 2011 sal ek forever onthou.
large_31Des_072.jpg
Passau is baie baie klein. Baie kleiner as Stellenbosch bv. Dis ‘n dorpie, VOL geskiedenis, historiese ou geboue. En die special ding van Passau is dat daar 3 riviere by hierdie dorpie ontmoet: Die INN, DONAU en ILZ riviere. Dis nogals ‘n mooi prent, byna regrondom jou water. Ons het vanoggend vroeg opgestaan en na die Rathausse (stadsaal) gaan kyk. , Pelgrims kerk ‘ Mariahilf’ teen die kop, en die St. Stevens Katedraal. In hierdie katedraal is die wereld se grootse orrel… met 17,974 orrel pype en 233 ‘stops’. Dit lyk nogals semi Italiaans-Barok? En is in die 16de eeu oorgebou na brande.

1Jan_014.jpg
1Jan_007.jpg
large_1Jan_006.jpg

Ons was ook na ‘n klein kerkie iewers tussen die stegies. En sommernet ingestap en so 10 minute stilgeraak. Ek het daar op die houtbankie gesit en Jesusbeeld wat hang aan die kruis was lewensgroot voor my. Opnuut is ek herhinner aan Jesus se kruisdood en Sy liefde vir my en vir jou… ‘n liefde wat ons nooit sal kan verstaan nie… maar ‘n liefde wat alles glo en hoop en bedek. Wat ‘n voorreg om in ‘n oop kerk te kan instap en sommernet te mag stilraak. Was vir my baie lekker en ek dink dat ek dit baie sal doen...
Daarna gebrunch by Micha se gunsteling restaurant Dumf. 3hr hol ons huistoe om my sakke te gaan haal en storm ons af gly-gly op die gladde ys plaveisel. ‘n Minuut voor my trein vertrek uit die stasie, groet ons mekaar op platvorm 2. En in my sak het ek ‘n Passau-ervaring en vuurwerk-onthoue vir hierdie jaar. Nou oppad na ‘n baie baie klein dorpie in die noorde van Bavaria, naby Hassfurt. Spandeer Sondag (more) by die Koch’s. Lucas Koch was laasjaar as uitruilstudent in my wiskundeklas.
En as ek nog een broodjie met kaas moet eet vandag… kap ek om…

31 Des – Oppad van Westendorf na Passau vir nuwejaar. My eerste treinrit in Europa…

Treinry
Poskaart-huisies in wit sneeu
links en regs
Lewendig
Geraam met
Groot treinvensters
Oostenrykse spitskop sketse
Dans oralrondom
Lewendig
In blou
Als is stil
Net die trein
Wat sing sssshhhhhh
En lyne dans
Op die sneeu
Op die spoor
Op my

Treingebed
Verby flits dorpe stede lande.
My wereld word al groter.
Tog bly my grootste hartbegeerte
En my gebed om U te volg Jesus.
Vir U Jesus.
Here ek wil U volg nie na plekke nie Heer.
Ek wil U volg, in U Godshart in.
Diep in U Godshart in…
Want hier is rus.
Hier is ruimte vir groei.
Diepbinne kan ek wegkruip.
Hou my hier Heer. Hier is spasie vir dien en loof en aanbid.
Ek wil U volg Here…
elke dag bietjie dieper in U Godshart in.
Amen

Posted by Heleen 13:12 Comments (0)

(Entries 31 - 35 of 41) « Page .. 2 3 4 5 6 [7] 8 9 »