A Travellerspoint blog

11 Januarie

BERN en BERE

large_011Jan_027.jpg
large_11Jan_043.jpglarge_nuwe_vriende.jpg
Vandag was die dag van Bern. Switserland se hoofstad. Ek het slegs ‘n paar ure gehad, en kon nie naastenby alles sien nie, maar ek was daar. Bern is die stad met die langste strate met winkeltjies en promenades...oor die 6km. Vir my was die belangrikste Eintsein se huisie...die Barengraben, en natuurlik die reuse horlosie wat elke uur danspassies doen...
Ek was by Einstein se voordeur. Maar hy is blykbaar net tuis IN DIE SOMER... Kom ons laat dit daar. Meer as net Einstein se huisie gaan staan hier doodstil in die winter. Vandag is 12 grade celsius marit lykmy die switsers is ook ‘sussies’ want ek sien niemand mtb nie. Aaaijajai!

Vanhier vir my by straatkafeetjie ‘n pizzatjie gekoop en sommer so loop en eet. Dis ‘n moeilike saak. Want mens moet tegelyke tyd kou en sluk, maar tussenin val jou mond oop as jy nog ‘n mooi ou gebou sien wat jou stomslaan. So jy moet so tussendeur die kou en sluk aksie, die oopmond-gaap-aksie inwerk of dinge kan ongeskik ongemanierd raak.
Die Barengraben, of die Beer pit soos baie daarvan praat, was heel onder aan die oostelike kant van die oustad. Mens stap van die treinstasie net reguit af met hierdie hoofstraat, wat vir km’s aanhou, en dan kom jy uiteindelik by die Nydeggbrucke wat loop oor die Aare Rivier. Bjork, Finn en Pedro is die drie bekendes. Pedro was die laaste oorblywende genuine beerpit beer. Finn en Bjork kom van Finland af. Bjork het vir jare met artrithus gesukkel en is in 2009 uitgesit. So daar is nou 2 bere oor. Dis ‘brown bears’, daai wat jy altyd in die movies sien. Daar is nog heelwat van hulle in die Pyrenese, Oostenrykse-Slovenia-Alpe, Skandinavia, Rusland, en ook Noord Amerika se berge. Hulle is mal oor bessies en heuning... ( - ; Hulle slaap baie en as jy hulle sien is jy gelukkig. Toe ek oor die brug stap, toe staan Finn en munch aan ‘n boom. Ek het lank staan en kyk. Hy was huge. En ek is klein. Om so grootte dier te sien, vee my altyd op ‘n mooi manier plat op die vloer. En ek het terug die hoofstraat op gestap, tussen tipiese switserse winkeltjies, koffieshoppes, en sypaadjies vol fietse... met ‘n seer hart. Soos die ou wat langs my gestaan het en na hulle gekyk het en net sy kop geskud het en gese het: What a life... Dis die eerste keer wat ek so groot beer so van naby sien. En dis ‘n voorreg. Maar dis niks lekkers of moois om hom so agter heinings in ‘n mensgemaakte ‘hok’ te sien nie. Ek weet nie wat het ek verwag nie, maar ek het ontsteld op die trein geklim. Bere hoort in woude iewers ver ver weg van mense en kameras en beton. Nie hier nie. Al is dit die stad se kenteken...Dalk het jy al gehoor van Mary Plain? Dis ‘n reeks kinderboeke, met Mary Plain en haar fam, wat afspeel in Bern se Beer Pit.

large_11Jan_023.jpg
Beer Fin is heelonder regs in die hoek!

Oppad terug treinstasie toe was my laaste stop: die middeleeuse kloktoring met bewegende poppe wat elke uur met bewegings uitkom.
Bern se mees moderne toerisme aantreklikheid is die spul fonteine voor die Federale Paleis...Ek het die fonteine gemis... As jy ooit Bern toe gaan, soek die fonteine oppad bere-toe! En gaan loer by Einstein in assit somer is.
Oppad terug het ek gaan koffie drink by twee nuwe vriende wat in Solothurn woon. Ons het heerliklekker gekuier boor ‘n groot Israelkaart en die mooiste Hebreeuse worshipmusiek in die agtergrond…en daar sit ons drie, ‘n boeremeisie uit Suid Afrika, ‘n Israeliese meisie van ‘n dorpie naby Jerusalem en ‘n dude van Switserland. En ons gesels oor ons Koning Jesus.

11Jan_009.jpg 911Jan_019.jpg 11Jan_018.jpg large_811Jan_032.jpg large_11Jan_039.jpg

Posted by Heleen 12:31 Comments (0)

10 Januarie

Romainmôtier

11Jan_092.jpg

Vanoggend 15 minute voor 8 vlieg ek by Attie en Linda se voordeur uit. 13 minute voor 8 staan ek by die busstop en wag vir die bus om 8 minute voor 8 te kom. 8 minute voor 8 toe kom hy. Van Solothurn het ek getrein na Biel, waar ek vir Matthys ontmoet het. Vanhier het ons getrein na Lausanne en van hier…wel: ons kon nie een die dorpie se naam se soos jy MOET nie. Romainmôtier. Hierheen is ons oppad. Die stasies kom verby… een na die ander… en toe: Uit my bietjie treinryery het ek nou al gesien dat mens maar wag vir die stasie soos hy op jou papiertjie staan. As daar staan Basel. Dan is dit Basel en net Basel. Daar is ook ‘n geweldige groot verskil tussen Lengnau en Lengna. Huge. So ons wag vir Romainmôtier. Iewers egter begin ons altwee twyfel en toe die volgende stasie ‘n baie lang onbekende naam is, besef ons dit was tog die vorige stasie. Ons spring af. Daar gaan wel weer ‘n trein terug maar hier loop die treine nie elke halfuur nie. Die plekkies is klein. Daar is nie een enkele mens op die stasie nie. Dis mistig. Tjoep tjoep stil. Ons stap die kleine dorpie in. Ook hier is dit stil. Stiller as stil. En die stilte is mooi. Nie een toeris nerens nie. Nie een enkele toerbus nie. Net ou klipgeplaveide strate tussen hoë drie en vier verdieping huisies. Huisies met hortjievensters. Sommiges oop. Ander toe. En ‘n dik mis wat om jou hang. Hierdie was ‘n ander wêreld.
Ons is egter opsoek na die geheime dorpie selfs dieper weggesteek in die mis… Romainmôtier.

11Jan_121.jpg 11Jan_119.jpg 11Jan_120.jpg

Ons het op ‘n nou teerpad geland en later word hy grond. Eers was dit net misreën oralrondom en toe betree ons die woud. Hier het ons begin fluister want hier was iets in die lug. Iets wat jou sagter laat praat. Iets iets iets… en ons stap. En daar voor in die miskombers, steek klipstene hulle koppies uit. Een vir een. En toe die bordjie: Romainmôtier. Hier was dit ook stiller as stil. Net ons en die eeueoue geboue… iewers uit die 12de eeu. En elke klipplaveide straaatjie neem jou na nog ‘n verdieping geboutjies wat maar netsowel ‘n poskaart kon wees. En iewers druk jy jou kamera in jou sak want jy besef jy gaan nou ophou probeer om lewendige poskaarte aft e neem met ‘n blik masjien. Dit werk net nie… maar ek weet: Oor minder as 30 minute gaan ek weer probeer… ( - ; Ek is nie ‘n kunstenaar nie maar as ek met my kameratjie staan iewers voor iets mooi en groot…iets wat my klein laat voel… dan voel ek soos ‘n kunstenaar. So op my manier. Ons is mos almal eintlik kunstenaars op ons eie manier. Ek is ‘n kunstenaar vir my kleinkinders eendag… as ek vir hulle al my stories en prentjies sal wys vertel…

11Jan_108.jpg 11Jan_101.jpg 11Jan_091.jpg

Ons is in by regte tearoom waar ons van hulle INFUUUUUSIOOOOON tea gehad het. Probeer dit ‘very french’ se want dis hoe die dude dit gese het… INFUUUUSIOOOOOON… En daarna ‘n stuk van hulle Romainmôtier koek. Klas koek. Sonder ‘n stukkie kaas! Ha! Hierna is ons deur die ‘Priors House’…van 1280…van onder in die solder tot bo in die biblioteek. Pappa sou mal wees oor die pragtige ou antieke houtmeubels… Mamma sou ma verloor het in die stapels en stapels boeke…

large_11Jan_074.jpg

Vanhier is ons op ‘n ander pad terug na die stasie waar ons moes afklim oppad hierheen. Die dorpie Croy is bietjie downtown. Croy en Romainmôtier is byna teenaan mekaar maar daar is duidelik ‘n verskil. Meer as net dat die ene bo teen die bult staan en die ander ene onder… gebruik jou eie verbeelding. Ons reken dat hierdie dorpies ook ‘n paar regte skindertannies het wat somersmiddae op die stoep sit en tee drink en ieder en elk wat verbystap bespreek… soos op Swellendam. ( - ; 11Jan_032.jpg
Vanhier na Lausanne. Ons het so bietjie meer as ‘n uur gehad voor ons die terugtrein huistoe kon vang en het dus ‘n draaitjie in die ou stad gaan maak. Hier was baie mense. En die stad is vol steil heuwels en afdraendes. Self die straatjies in die senter van die ou stad loop op en af. Dis baie mooi en iets wat ek nog nie gesien het nie. Ons het ‘n paar minute gehad om ‘n warm sjokeladetjie te geniet en toe moes ons hol vir die tram vir die trein…
Nou is ek oppad huistoe… en my ogies val toe na ‘n lekker vol dag.
Switserland, jy is sprokiesmooi…

Posted by Heleen 09:07 Comments (0)

9 Januarie

So bietjie wes so bietjie suid...

Juraberge, Bielmeer, Murtenmuur

P1096783.jpg P1096793.jpg

A5 snelweg rigting Biel - Twan (Jura berg op (Jurassic park)) - Laneuville - Murten (stadmuur) - Avenches - snelweg deur Bern terug huis toe.

Sondagoggend het ons almal so bietjie later gele. Ek self was effe pe na ‘n hele spul dae na mekaar van sightseeing en stap en plekke soek en mense ontmoet. Ek was taamlik vodde. En dit was bederf om sommernet in ‘n motor te kan klim en nie te hoef te warry waar ek gaan uitom nie want iemand is agter die stuur. ( - ; Ons is al langs die Aare rivier na Biel. Van hier het ons langs die meer gery tot by Twann. Van hier kan jy ‘n pad kies op in die berge in. Jy styg redelik vinnig hoop op in ‘n pad met woude vol herfsblare wat vir lank onder ‘n sneeukombers gele het en vir die eerste keer bietjie vars wintersasem skep… Ons was in die voetheuwels van die Jura berge. Ooit gewonder waar die naam Jurassic Park vandaan kom? Hier in hierdie berge het hulle die eerste voetspore van dinosaurusse gevind.
Iewers het ons terug afgedraai na die die meer, en by La Neuville gou in die reen uitgeklim vir ‘n paar mooi fotos van die ou geboue en klipstraatjies.

Volgende stop was Murten. Hier was ‘n baie baie ou stadsmuur. En jy kan opklim met ‘n uitsig van bo oor die dorpie.
Laaste stoppie vir die dag was Avenches. Hier was ‘n baie ou romeinse opelug teater. Ongelukkig was die romeinse ‘look’ bietjie verwilder deur ‘n ysskaatsbaan tydelik opgesit vir een of ander yshokkie kompeitsie. Maar ek kon my gedagtes terugneem na die dae van die gladiators… Om te dink dat die Romeine eens op ‘n tyd in beheer was van die hele frankryk en engeland en switserland selfs. Wow. Terug huistoe het ek gery met ‘n gevoel van verligting dat ek nie in daai tyd geleef het nie… maar ook ‘n wonder…oor hoe dit vir hulle moes wees daai tyd. Seker maar dieselfde as nou...net sonder vloeibare seep, haardroeers, tv’s, motors en digitale cameras. Dalk was hulle skoene ook nie heeltemaal so gemaklik soos ons sn vandag nie… en natuurlik kon hulle nie google of scype nie. Hmmm. Dit moes rof wees… ( - ;

large_P1086753.jpg

Posted by Heleen 14:23 Comments (0)

8 Januarie

SWITSERLAND

INTERLAKEN

Ek het nie mooi geluister na presies wat Linda vir my gese het nie en ek het KLIM AF BY SOLOTHURN stasie gemis. Ek gaan toe sommer een stasie aan, na Biberist. Nou soek ek platvorm A en bus nommer 6 wat my sommer regvoor hulle huis sal aflaai. Gn platvorm A. Gn bus nommer 6. Duh… jys by die verkeerde stasie! Dit vind ek eers die volgende oggend uit. Intussen het die Liewe Vader vir my nog ‘n engel gestuur. ‘n vriendelike ou omie wat so bietjie engels kan stotter, ‘n padkaart het, ‘n motor het…en my tot in Lindenweg neem. Oppad gesels ons oor Suid Amerika. Hy was die laaste 16jaar elke jaar maart daarheen.

Tuis word ek warm verwelkom en die keer kry ek ‘n basement met styl Briefvriend. ( - ; Attie, Linda, Jan en Andre was so gaaf om vir my die basement as basis aan te bied. Dit maak dit baie maklik om Switserland te sien want ek hoef nie elke dag op te pak en die nuwe jeugherberg te soek en af te pak nie. Buiten dit is Switserland blikemmers duur. Ek was besig om ‘n appel te eet en die dame kom verby met koffie en ek vra hoeveel kos dit en toe sy antwoord verstik ek amper aan die lekker appel. Amper dubbeld!

Saterdag – Interlaken. Die son was uit en oral rondom ons was dit groen gras en heuwels en berge met groot stukke groen, nes my Jonkershoek. Die boonste toppe van die berge het almal wit mussies op. O dit is so lekker om groen te sien!! Die son het sy kop uitgesteek en die lug was blouselblou. Die temperatuur was positief 9 grade… WHAT A DAY!!
Ons was eers al langs die Thunersee na Interlaken waar ons bietjie rondgestap het en genuine Döner Dürim, op fladenbrot geeet het. Njam njam njam! Een van die njamste dinge wat ek nog geeet het hier in die witlande. Dis amper soos ‘n plat brooddeeg wat hulle so rukkie in oond sit met vulsel wat bestaan uit mielies en tamaties en blaarslaai en watookal jy nog kies en DAN: boop dit kom die vleis. Dit word om ‘n groot yster pen gesit en draai vanself en dan rooster die buitenste laag en aanmekaar kom die dude en skil amper half die gebraaide laag af. Hierdie heerlike skille land boop jou pannekoek. HOMPE daarvan. Soveel dat jy nie kan dink die pannekoek gaan toe nie. En dan gaan hy toe. En jou mond water net om daarna te kyk…
Van hier is ons op in Lauterbrunnen kloof, en daarna op in Grindelwald kloof en van hier terugdeur Interlaken, reg om die Brienzersee tot by die snelweg en terug huistoe. Ek kon die Jungrau mooi sien. En die Niessen het soos ‘n reuse skildery in n blou raam op ons neergekyk. Ek is piepklein. God is so baie baie baie groot…

Posted by Heleen 12:11 Comments (0)

7 Januarie

En die sneeu smelt!!!

7 Jan – 13:35

Tussen lande… Van Tchekoslovakia deur Duitsland na Switserland. Vanoggend was rof. Ek het half 5 begin stap… maar iewers het ek ‘n flippen straatjie gemis. As jy al in Pragh was sal jy weet hoe lyk die strate…soos boekrak. En as jy nie weet hoe die goed opmekaar volg nie is jy in jou maai in… 5hr toe is ek NOG nie by die stasie nie. En dis nie asof ek ‘n later trein kan vang nie… 5:10 moet ek opklim. Hier kom ‘n ou aan en ek moes seker baie angstig gelyk het, want hy se vir my: take it koel. Ill get you there. Follow me. Okey, so ek doen dit: Follow him. Follow him. Ek het nie een enkele kroon oor nie. Waarvoor sou ek krone nodig he, ekgaan nou landuit en kom nie weer terug nie. Hy roep ‘n taxi, en ek se: whoooooo! I don’t have any crowns left. Hy lag terwyl hy sy sigaret stap en rook en se: ive got. Don’t worry… En toe kyk hy my so van bo af (hys lank) en hy se: Can I help you carry that bag?? En weereens sing al die stemme in my kop en toe besluit ek bogger al die stemme want ek moet oor 8minute by die stasie wees. Ek gee vir hom sommer my groot sak. Hy kreun. Ek voel net vir ‘n oomblikkie sleg, tot ek myself oorreed hys sterk.

7Jan_093.jpg

Briefvriend, dit was soos in die movies! Elke keer kom ons by ‘n busstop en hy kyk die schedules (WAARVAN EK NIKS VERSTAAN NIE!) en se: aahhh dam we just missed the tram. Volgende oomblik hak hy my sak met sy hand en sleep my byna oor die pad… want daar was ‘n tram daarvoor en oppad om te ry… en die tram begin ry en hys skree: jump. Hahaha. En ek jump. Ek follow. Ek jump. Ons het nie kaartjies nie. As hulle jou vang, kry jy ‘n groot fine. Ek fluister dit so half vir hom, hy se: ive go mon. Do wor. Hy lyk so koel en kalm. Ek voel soos ‘n tannietjie wat 20jaar laas geoefen het en nounet ‘n marathon gehol het. Totaal vodde. Heeltemaal natgesweet vannie hol. 05:09 hol ons by die stasie in. 05:10 toe staan ek op die platvorm en toe die trein begin wegtrek sing die flash vir ‘n foto van Heleen en haar Tcheggiese Hero… Hahaha. En hyt so in die pad vir my gevra of ek regtig vir 3 maande op my eie europa toe gekom het… en daarna: youre very brave… en ek dink: dude, JY is my flippen mcgaaiver! Bogger brave.
Die hartseer is dat hy en sy vrou ‘n fight gehad het en hy 4uur die oggend ‘n bier in die dorp gaan drink het. Dis hoekom hy daai tyd in die straat was, en hy sou eers huistoe gaan as sy werktoe is. Ek het hom jammer gekry, want ek kan nie dink hoe dit moet wees om so getroud te wees nie. Dit moet nie so wees nie. En ek het vir hom gebid toe die trein wegtrek en ons groetwaai.

Vandag, van Prahg na Biberist, moet ek 5 keer oorklim. Op die eerste trein het ek 3 dudes van Brazil ontmoet. Wel, hier was EK Mcgaaiver.
large_7Jan_097.jpg
Want ek moes moed bymekaar skraap en oorstap na drie dudes vol tattoes van bo tot onder. Boooo tot ooooonder. En gate in hulle ore, 20mm deursnee. No jokes. 20mm. Ekt laas in my standerd4 geskiedenis mense iewers uit afrika met sulke gate in hulle ore gesien… Maar dit was NIE net die tatoeer en gate nie. Die musiek, was nogals hectic. Van daai waar die ouens letterlik staan en SKREEEEEE.
10 minute sit ek en Tulio en gesels oor Suid Amerkia en klassieke kitaar en travel. Sy vriend oorkant die paadjie is ‘n tatoe artist. Hys blykbaar baie goed. Ek sal nie weet nie…alle tatoes is ongelukkig vir my lelik. Ek het vir hom gese dit gaan seker onbeskof klink en dis glad nie disrespekvol bedoel nie…maar ekt aanvanklik gedink hulle 3 werk dalk by ‘n sirkus of iets… hyt uitgebars van die lag. En ek het stilletjies geglimlag. Want hulle lyk nogal so. Die derde dude is ‘n dwerg. ( - ; Hulle vra toe vir my waar wil ek volgende gaan fietstoer en ek se: SOMER in switserland… natuurlik SuidAmerika… en regrondom Ierland, al langs die kus. En die dwerg se mond val oop en sy getatoode tong hang uit met ‘n: whhhaaaaaaat!!!? U Serios??? We all three stay in Ireland… Getatoeerde Brazilianers van Ierland op my trein… HOE KOEL issit nie. Die wereld is huge en tog so klein en vol beautiful mense met en sonder tattoos. ( - ;

large_7Jan_106.jpg

Tulio is het ‘n rockband en hy speel lead, acoustic en klassiek. Hyt vir my een van hulle rustiger songs gespeel en dit was tot my eie verstommenis: baie mooi. Hulle bly, werk, en studeer in ierland. Tulio gee kitaarlesse, is soggens ‘n chef by ‘n restaurant en swot so bietjie tussenin. En toe vertel ek hulle van Ironman en van die klein tattoo wat jy kan kry dat jy dit gedoen het. Hahaha en ek se toe vir hulle dat ek HEELTEMAAL te bang is om ooit so iets te kry. Wat as ek dit volgende week wil weghe? Dan SIT dit daar. For ever and ever! Hulle was hoogs geamuseerd. Anyway, nou moet ek Dublin en die kranse van Galway ook iewers inpas…

7Jan_114.jpg7Jan_132.jpg

En toe ek nou opkyk, toe skyn die son...
En toe smelt die sneeu...

Posted by Heleen 14:44 Comments (0)

(Entries 26 - 30 of 41) « Page 1 2 3 4 5 [6] 7 8 9 »