A Travellerspoint blog

19 Jan

Die Barnards...

large_Parys_21_Jan_001.jpg

Ons ry nou uit MULHOUSE. Ek en die TGV. Dis ‘n spoedtrein. Ons het egter nog nie spoed gevang soos ek verwag het nie. Maar ons moet half 12 alreeds in Parys wees so ek neem aan die ding gaan iewers begin vlieg… hahaha.
Gister moes ek my goedjies oppad by Attie en Linda. My ma het begin bekommerd raak dat ek my wecome overstay. ( -; Ma’s bly maar net ma’s. Maar ek het inderdaad heerlik gekuier by die Barnards. En ek sal hierdie kuier nie lekker kan beskryf nie. Maar sit jouself in my HiTec V-Lite stapskoene. En klop op ‘n Vrydagaand aan ‘wildvreemdes’ se deur. Nou dink jy aan ‘n heerlike warm huis…maar dis meer as net die ondervloerse verhitting waarvan ek hier praat. Ek praat van mense wat God se warmte…lewe…borrel…straal…bring…is. Ek wou nie eintlik gaan nie. Maar ek moes myself daaraan herhinner dat ek Europa kom travel het…en nie net Switserland en die Barnards nie. ( - ; Ja, soos ek hier skryf rol die trane want dit was een van daai amazing ontmoetings waar mens vriende vir ‘n leeftyd gemaak het. Ek dink die ding is eintlik maar net dat hulle so naby aan God lewe en mens voel dit aan jou mensvel. Ek gaan hulle baie verlang. Gelukkig gaan ek en my ma nadat ek haar op die lughawe gekry het in Maart, van duitsland af deur switserland en ons gaan daar oorslaap vir ‘n aand. So ekt net halflyf gegroet.
Die trein ry nie vinniger nie. Ek dink ekt al vinniger op my fiets gery. Hoop ek is op die regte trein… Het net 2 minute van vorige platvorm gehad om op die ding te spring… en 2 minute is vir Heleen MEER as genoeg om op ‘n verkeerde platvorm en verkeerde trein te spring. Haha.

large_8P1086753.jpg P1056713.jpg Adam_by_Bergl_ger.jpg P1056720.jpg P1056721.jpg

Posted by Heleen 10:03 Comments (0)

17 Jan

RIGI !!!

large_Rigi_008.jpg
large_Rigi_070.jpg
Rigi is 1800 meter hoog. Rigi is die BERGPIEK se naam… (letwel!)
So skyn die son maandagoggend vol en dans die termometer positief. Ek vang ‘n liftie saam met Attie werktoe. Dit maak die treinpad veel korter… en half nege stap sit ek my skoene op platvorm 7 van Lucerne. 9hr stap ek oor ‘n staalbruggie na die ferry wat ons oor Lucerne meer gaan vat na berg Rigi. Op die ‘see’ (meer) was dit stil. Ek het bo gaan sit. Ek was laas so op ‘n boot op die Karibameer toe ek 15 jaar oud was. Ek het met warm herhinneringe teruggedink aan hoe ek en Alta vir die eerste keer vis gevang het en ons dink syt ‘n haai of iets gevang toe issit ‘n stok. En ek kon die Briem snacks ruik… en hoe ons van die boot se boonste dek afgespring het die waters in, onseker wat daaronder rondswem. Hoe ongelooflik dat sulke kosbare tye se reuke en klanke en oomblikke van goud jou vir altyd sal bybly.
Nou is altatjie getroud. Ek dink ons gaan nog eendag saam langs so lekker groot meer kamp en ons kindertjies gaan dan vir die eerste keer wurms aan hoeke moet sit en stokke vang. ( - ;
Ek sit op die boonste dek en spoeg amper my keelseerpilletjie uit toe ek hoor kookwater kos 3 frank. Ha! Daar sit ‘n vrou so skeef oorkant my by ‘n ander tafeltjie. Sy sit alleen. Sy lyk heel oulik. Ek glimlag vir haar en beduie iets oor 3 frank vir kookwater… sy antwoord in duits. Iewers haal ek my skouers op en se: “english???” Sy glimlag en begin engels praat. Iewers se sy: “Wait! I come to you!” En sy skuif oorkant my in en ons gesels tot aan die voet van berg Rigi. Haar man is 10 jaar gelede oorlede. Sy sou graag kinders wou gehad het, maar hulle kon nie. Nou doen sy 2 werke. Eiendomme en caring vir ou mense. Sy het ‘n vriend wat ‘n kunstenaar is en al die boere in die omgewing se koeie vir hulle gaan skilder het, en sy ken die platteland en mooi plekkies wat min mense van weet. Syt my genooi om vlg keer by haar te kom kuier dan vat sy my bietjie rond.
Iewers bokant ons was berg Rigi. Om ons was dit mis. En die son se strale het saggies deurgekom maar ek het nie geweet wat op my wag nie. Daar is 2 opsies in Lucern. Rigi en Pilatus. Rigi was hoger. Daar is sulke awsome treinkarretjies wat jou opvat tot boop die berg. Hulle werk met ‘n middelspoor. Sit jouself gou in ‘n TREINTJIE op teen Tafelberg… Jup. Dis koel. Iewers hier by ‘n 1000m hoogte het ons uitgestyg bokant die wolke en mis. En aan die voet van hierdie monsterberg was dit die Lucerne meer en oorkant hom net Alpe Alpe Alpe. Wit. Huge. Majestieus.

Rigi_005.jpg Rigi_004.jpg
Rigi_016.jpg large_Rigi_018.jpg
large_Rigi_023.jpg

Ek het 2 ski instrukteurs van Korea bo ontmoet en ons het so bietjie gehang. Hulle was oppad om te skydive!!! Ek moes keer om nie jaloers te raak nie. Maar toe ek hoor dit kos amper 300frank toe dink ek aan oral waarheen ek nog kan gaan vir 300frank. En dan is daar nog ‘n kans dat hulle valskerms nie oopgaan nie. Nope, ek was nie meer jaloers nie. Ek het bo ge oooeee en aaahhhh. En my vriendin Susanita weer ontmoet. Ons het piesang, lemoen, appel, bretzel en koekies van Korea ( - ; gehad en saam op die piek van Rigi soos konings gedine sonder servette of ‘n tafeldoek.

Rigi_032.jpg Rigi_031.jpg Rigi_035.jpg large_Rigi_036.jpg

Ek is vanhier te voet af. Dit was egter verder en langer as wat ek beplan of verwag het. Die eerste paar 100meters was die paadjie ys. Ek was die enigste ene wat van bo af ondertoe gegaan het op die ys. Dit was scary. Dit was lekker. Iewers het die ys water geword en toe was dit Lente in Switserland. Daar was orals om my groen heuwels en berge gras…bokke met klokke…oumense met honde… en iewers toe raak ek die voetpad byster. En toe raak dit WILD. Gevoel dis net ek alleen in die heuwels van hierdie berg. Die son het warm geskyn en ek moes al my warm goed uittrek. Weereens was ek Heidi in die berge. Hoe verder ek die berg af is, hoe minder na ‘n menspad het die paadjie wat ek op was vir my gelyk en iewers toe dink ek dalk is ek op ‘n bokpad. Dit was ongelooflik, jy stap so entjie dan is jy skielik in ‘n woud met bome so hoog jy kan byna nie die bokant sien nie… dan skielik is die woud weg en jy stap uit op ‘n blarevloer oor ‘n houtbruggie… langs jou teen die kranse loop ‘n waterval… en dan iewers is daar ‘n klein hekkie met iets in duits opgeskryf. En dan om die volgende draai is daar ‘n piepklein klipkerkie… as jy afkyk is dit net heuwels groen groen groen. Hier en daar ‘n huisie. Party staan leeg. Ander lyk of daar mense bly. Iewers het om ‘n draai gekom toe blaf ‘n hond my byna bewusteloos. Ekt ‘n stok opgetel en moes ver om die huisie deur die bosse aan die anderkant van die rivier omfoeter. Maar as jy dink my bene het hier gebewe. Later stap ek en toe ek weer sien toe is daar ‘n huisietjie en die volgende oomblik kom daar ‘n vark uitgestap. ‘n VARK! En sy gee sulke wilde snorke. En ek is jammer maar as ek ‘n vark sien is my enigste konneksie daai varke op die eiland… ‘n Vark freak my heeltemaal uit. En toe hol ek en toe kom die vark agterna. Ek se jou briefvriend ek het boor ‘n heining gespring, hoer as die ene die keer toe ek op die slang getrap het. En toe ek oor is, toe staan die vark stil en kyk my aan, (geamuseerd het dit vir my gelyk) asof ek simpel is. Haar stertjie het gewaai.
Dit het laat begin word… en mens onderskat die effort van ‘n 1800m hoge berg afklouter klouter klim. Ek het wel al nader aan beskawing gekom. En ek was NIE in die dorpie waar ek begin het vroeer vandag nie. Ek was in Weggie. As hulle “Rigi” en “Weggie” se klink die dieselfde en ek vra toe vir ‘n vrou watterkant toe is Rigi, want dit is waar ek my ferry moet vang. En sy wys af DOERKANT toe. Wie is ek om te stry. Iewers het die klein berghouthuisies weggesteek in die woude en om die hoek van ‘n gragroen heuwel…na groot groot tydskrifhuise. Maar nie daai lelike moderne goed

Rigi_043.jpg Rigi_054.jpg Rigi_056.jpg Rigi_061.jpgRigi_064.jpg

Ek het so 4hr in Weggie opgeiendig. ‘n Idiliese klein toeristelose dorpie langs die kus van Lucerne see. Die son het gesak en ek was gelukkig genoeg om ‘n ferry van hier te kry wat teruggaan Lucerne stad toe. Toe ek Lucerne self tref toe is ek redelik gedaan. Maar ek het nog genoeg krag oorgehad om die oustad deur te stap en by so paar lekker winkels in te gaan.
Vanhier is ek so 7hr se kant, treinstasie toe, vanwaar huistoe is. Op die treinstasie het ek my verkyk aan ‘n ou met oorfone op sy ore…wat op die selfde platvorm as ek gestaan het en kliphard saamsing met sy musiek. Dit was vrek vals. Maar hy het met sy hele hart saamgesing. Later he t’n klomp van ons daar staan en hom amper oopmond aangestaar. Ek dink nie eens hy het ons gesien nie. ( - ; Ek hoop die vir die ouens in sy treinwa se part dat hy ophou sing het toe hy op die trein klim…
Lucerne was ‘n voldag. En ek vermoed ek het myself ooreis met daai berg se af want my keel is seer en my kop voel dik. As ek weer ‘n afpad kan kies, sou ek weer hierdie selfde presiese ene kies…DIT WAS MAGIC... SUPA !!!

Rigi_081.jpg Rigi_071.jpg large_Rigi_065.jpg

large_Rigi_077.jpg

Posted by Heleen 09:45 Comments (0)

16 Jan

LOTSVILLE

large_11Jan_084b.jpg

Die voordeel van ‘n programlose vakansie…jy kan maak NET wat jy wil NET wanneer jy wil. Vandag was so dag. Vanoggend was dit ysigkoud en ‘n duk laag mis het oor Biberist gehang. Ek is saam met die Barnards kerktoe. Ek was ook laas sondag aand saam met hulle na die kerk in die dorpie hier langsaan. Vineyard. Dis baie soos suid afrika, net alles DUITS. Die sang was vir my elke keer die lekkerste. Ek ken al die songs, dis net in duits. Ekt saam duits gesing en geweet wat ek sing. Hoe lekker!
Na kerk het Attie en Linda my by die stasie afgelaai en ek was oppad na Biel, waar ek ‘n pakkie vir Matthys sal gee om terug te vlieg huistoe. En vanhier sou ek na Lucerne. Maar dis op Biel waar dinge deurmekaar geraakt. Ek weet nog steeds nie wat ek gemaakt nie. Maar op ‘n vreemde wyse het ek op die verkeerde platvorm op die verkeerde trein op die regte tyd geklim. Jup! Dis hoe dit was…
Ek is nog effe siekerig en moeg na gister se wilde bergklimdag in Heidiland, en ek wou opstaan en probeer om die regte konneksies te kry en met ‘n ompad terug te gaan na lucerne… maar whatever, more is nog ‘n dag. Vandag gaan ek waarheen die trein my vat en waar hy volgende stop klim ek af. Lotzville was die plek. Dis histeries snaaks want dis eintlik nie so ver van Solothurn af nie… hehehe. Maar hier stop die trein, en in hierdie village klim ek af.

large_11Jan_181.jpg

15minute later toe is ek oppad die heuwels in… MET my kerkklere. Die skoene was ‘n joke…. En nou verstaan ek hoekom ‘poppies’ altyd so LYK of hulle aansit as hulle met hulle skoentjies deur modder of waterplassies of ‘n offroad paadjie tiptoe…hahaha. DIS NIE OPSETLIK NIE! Hulle kan hulleself nie help nie. Dis die FLIPPEN skoene!!!! Hahahaha. Ekt nes ‘n poppie daar deur die natgemodderde voetpaadjies in die woude ge-tip-toe-trap… Shocker van die nuwe jaar! ( - ;

511Jan_151.jpg 9111Jan_138.jpg
11Jan_176.jpg

Dit was beautiful. Hoe verder ek stap, hoe verder weg van verkeer en geraas…
Ek stap nog so en hoor takkies kraak. Daar voor was ‘n meisie gebukkend voor ‘n paar takkies. Sy was besig om ‘n vuurtjie te maak. Daar was ‘n bankie wat uitkyk oor die heuwels en ekt haar gejoin. Sy is 29, ‘n enkelma met ‘n 10 en 4 jarige. Dis hulle ‘speelplek’. En sy maak gereeld ‘n vuurtjie. Vandag was hulle by hulle pa. En syt alleen daar kom sit en sommernet die stilte en sonlig geniet. Ons het nie baie gesels nie. Maar ek was so bly ek het haar hier by die vuurtjie gekry. Dit was special.

11Jan_133.jpg 511Jan_072.jpg 911Jan_063.jpg

Van hier was dit weer ek en die modder singletracks en die woude en die avontuur van om in stilte te wees… en tree vir tree het my swart skoentjies in offroad solomons verander…ek in Alice van ‘n Wonderwereld. En toe is ek van die paadjie af… in die woude in op ‘n blarevloer… en ek het lank in die woud gesit en gelees… vanhier na ‘n heuwel se toppie waar ek gewag het vir die sonsak.
In die dorp het ek gaan warm sjokelade drink by die ‘Tea Room’. Meer as een local het my hierheen gestuur. Hierdie dorpie kry min toeriste. Meeste ken meeste. Dis of die feit dat ek ‘n WILDvreemdeling was met my bemodderde swart skoentjies… of dat ek ‘n wildVREEMDELING was want toe ek die koffieshoppe instap toe kyk al die ou mensies my uit en deur en aan. Pheeuw. Ek dink ek was laas so deurgekyk deur my heel eerste paul roos matriek klas in 2007. ( - ;

Noutoe, Lotzville is ‘n memory in my reishartsak. As jy ooit hierdeur trein, vat ‘n kombers en pak jou rugsakkie met ‘n fles koffie en toebie en vrugte en gaan piekniek in die woud of op die heuwels… en piekniek moet jy darem nie alleen nie… bring ‘n maat.
Vandag was mooi. Elke stukkie. En ek bid dat God my sal leer om in my lewe ook in die dik mis en gietreen en sneeu en sonskyn…oor te gee. En te vertrou dat Hy vir my mooi dinge beplan. Want sy iternary is veel beter as die wereld sn. Al weet ons soms nie presies waarheen ons oppad is nie. Mag ons ‘n honger soeke na Hom he, innie koue bewolkte wintersmis…en in die somerson. Want Hy sien ons harte. En Hy antwoord ons. En Hy weet wat is die heel beste vir my en vir jou.

Ek bid jou ‘n mooi week toe. En mag ons nie toelaat dat ons vrese ons verhoed om onbeplande treine te vang nie. Mag ons ten spyte van ons diepste mens-vrese tog opklim. Lotzville issie vir sissies nie. Maar ons weet Wies aan die stuur. ( - ;
Cecilia is vannaand op my hart. Ons het blitsig oor geloof gesels. Vanmiddag het God met ons altwee gepraat daar om die vuurtjie in die son… en ek het haar epos adres en ek gaan verseker weer vir haar skryf... Ek wil graag vir haar skryf hoe God die verskil in my lewe maak. Die wereld is vol vloede. Selfs in Europa is hier soveel mense wat bedel. ‘n Blanke man het vanmidddag helder oordag by die stasie vir my gevra vir 1 frank om iets te koop om te eet. Eks nie ‘n ekonoom nie maar die wereld se ekonomie is in sy maai in. 1000e mense sit elke dag werkloos huisloos. En hier praat Linda en Attie elke dag oor die eindtye. Dis ‘n werklikheid. En dis asof die Here dit opnuut op my hart kom druk het… om elke dag te leef, asof dit die laaste is. En dis seker maklik om so te skryf as mens op vakansie is… ek weet. Maar miskien is dit juis hoekom ek nou hier moet wees…
Vanoggend in die kerk, vanmiddag op die trein in die middagson…vanmiddag later in die woude... daar om die vuurtjie saam met ‘n wildvreemdeling…en vannaand in die ‘tearoom’ tussen die klomp ouer mense… heeldag was dit asof God op my hart kom druk: Heleen, die tyd is min. En vannaand toe ek my epos oopmaak is Lukas 21v25 skrif vir vandag. So MEER nog, mag ons, op watookalse trein ons is… mag ons nie skroom om Sy liefde en lewe te deel met ander. Die wereld het Hom nodig. En ons kan Hom deel… Mag ons nie bang wees nie. Hy is met ons.

large_411Jan_064.jpg
large_11Jan_199.jpg
large_11Jan_195.jpg
large_11Jan_206.jpg

Posted by Heleen 13:31 Comments (0)

15 Jan

HEIDILAND

large_911Jan_142.jpg

Sjo waar begin mens hierdie dag. By vanoggend langs die treinstasie toe ek besef ek het my kamera se memory card tuis vergeet en ek moet flippen 6hr die oggend in stiknagdonkerte (DIS MOS WINTER HIER!) terugstap huistoe…en ‘n halfuur daarna kom ek WEER by die treinstasie aan en nous my hele roetebeplanning en busbevanging in sy maai in. Nee ons begin nie hier nie.
Ek slaan ook die treinrit van Solothurn na Zurich na Landquart uit.
Kom ek begin by Maienfeld. Heidi se dorpie. Ek is soos ‘n 8jarige as dit kom by kinderprente, storieboeke en Heidi. Ek het Heidi net nou die dag weer uitgeneem en was diep teleurgestel toe dit nie die genuine Heidi is en die stem wat ek ken van kleintyd af nie. Min het ek geweet dat Heidi wereldwyd vertaal is en die een boek ter wereld is wat meer oorvertaal is as die bybel.
Heidi en ek het meer as een ding wat ons goeie maats maak. Maar die grootste seker, is dat sy ook vir lank na die wind deur die bome kon luister… en dat sy ure in die berg om kon chill.
Toe ek vanoggend in Maienfeld aankom was ek aangenaam verras. Alles was soos in die boek...Selfs die fontein met water… die markplein… en die kyk op in die rigting van die Alpe agter haar en oupa se huisie. Dit was werklik Heidi se wereld hierdie. En ek het vir een dag lank my 28jarige-skoene uitgeskop en Heidi se wereld betree. Een wat eintilik so lank al myne was… Vanoggend het ek dit opnuut besef.
Jonkershoek maar veral Stellenbosch berg is vir my ‘n gunsteling stil plek… heel bo op die berg. Daar is nooit niemand nie. Daar waai die wind altyd. En daar hang die teenwoordigheid van die Here in die lug soos die spierwit wolkmusse oor die Pieke se koppe… Vandag was so dag….

211Jan_141.jpg 111Jan_137.jpg 11Jan_109.jpg

Ons was hoog.
Die wind het gesing.
En daar was geen siel behalwe myself nie.
Dit was ek en die Alpe en God wat net soos Hy kan, vir my ‘n lewendige simfonie orkes uitvoering gebring het…met die wind en die stilte en die bergstroompies en die witwolke wat hang oor die Alpe.

large_11Jan_103b.jpg

Heidi was daar, oja. Sy was daar… Sy en klara en Peter. En oupa het soos altyd gesit en sy pyp gerook…
En die wind langs hulle berghuisie het gesels… en ek kon se klokke hoor.
Ek het so hoog opgestap as wat ek kon. Tot by die sneeu. Onder die sneeulyn was dit lente Briefvriend. En ek het soos ‘n 8jarige dogtertjie in die grasheuwels baljaar…op my rug gele en witwolke kyk… en Psalms gelees.
Vannaand 7hr was ek tuis met sakke vol goue herhinneringe. Hierdie lentedag innie middel van die winter… in Maienfeld se berge…sal ek nooit ooit vergeet nie.

11Jan_087.jpg 611Jan_097.jpg 011Jan_121.jpg
large_211Jan_081.jpg
211Jan_157.jpg
large_11Jan_172.jpg
large_011Jan_160.jpg

Posted by Heleen 13:18 Comments (0)

12 Januarie

VERENA SHLUCHT

large_911Jan_167.jpg

Soos in meeste middeleeurse stede/dorpies is hier ‘n paleis en ‘n kerktoring en… almal lyk min of meer dieselfde. Maar hierdie stad word in Switserland beskou as by ver die mooiste barok stad in Switserland. Die ou stad is gebou in die 15de eeu en het ‘n kombinasie van argitektuur van die ‘Italiaanse Grandezza’ ???, Franse styl en Switserse idees, maar vir my is dit sommernet BAIE MOOI. En eintlik weet ek nie presies wat die boonste woorde als beteken nie.
Solothurn is ook nogals bekend vir sy Verenashlucht. Linda het my Dinsdagmiddag hierheen geneem. Ons moes sambrele opslaan want dit het lekker gereen. Die Verenashlucht is nogals besonders, want as jy daar instap voel dit vir jou jy is iewers DIEP diep in die berge… maar eintlik is dit net ‘n minuut dan is jy in die stad.

511Jan_160.jpg 711Jan_155.jpg611Jan_143.jpg

Hier sal mens in die somer heerlik kan le en boeklees op ‘n kombers…Dis net ‘n asemwegrapende kloof nie…maar juis omdat dit amper so in die stad is, is dit baie besonders. Hoe verder jy instap, hoe hoger raak die oorhangende kranse bokant jou…aan beide kante boomryk en vol groen en blare en mos en aarde. Daar loop ‘n pragtige stroom al langs mens. Ons moes mooiloop want die sneeu het gesmelt, maar die laag ys, nog nie. Die bruin-oranje-gekleurde blare het soos verfspatsels op die wit ysvloer voor my gele…dit met die rivier se gessshhhhh hier langs my. Dit was ‘n belewenis, so onder my sambreel. Hier is baie stories oor presies wie eerste hier was. Die een is dat St.Verena tydens die oorlog ‘n klomp kinder hier tussen die kranse kom wegsteek het. Die ander ene is dat St. tydens ‘n vloed aan een van die kranskante ‘n vashouplek gekry het vir haar een hand en dat hierdie vashouplek haar gered het. Die holte is steeds vandag daar. Kyk maar fotos.

large_211Jan_146.jpg

Presies wie eerste hier was en hoekom, pla my nie juis. Maar om hier te stap en te weet dat daar dalk alreeds in die jaar 305 iemand hier was… WOW. So stap ons toe op na die 2 kapelle wat gebou is. Die ene in die rotskranse in, Verenas kapelle. Die ander ene aan die oorkant van die rivier en net gewoon, St Martins kapelle. Daar is ook ‘n klein huisie wat blykbaar in een of ander bekende kinderstorie ‘n heks se gemmerbroodhuisie was…dit is die DIE einste huisie wat al vir jare bewoon word deur kluisenaars… My ouers het my gelukkig nooit hierdie kinderstorie vertel nie. Ek meen, as jy na Heidi kan luister as jy klein is, vir wat sal jy na ‘n storie met ‘n heks wil luister…??
So stap ons terug die klofie af, onder sambrele in die reen…en ek probeer my voorstel hoe dit hier moet lyk in die somer. Hier sou ek myself vir ure in die bergwater en rivierklippies en rotsoorhange kon verloor… Eendag as ek kids het, kom spandeer ons beslis ‘n HELE dag by Verenaschlugt…

311Jan_141.jpg 111Jan_138.jpg large_611Jan_164.jpg

Posted by Heleen 13:29 Comments (0)

(Entries 21 - 25 of 41) « Page 1 2 3 4 [5] 6 7 8 9 »