A Travellerspoint blog

31 Jan

Colchester, Bath, Oxford, Ryegate, Redhill en LONDEN!!!

large_londen2_109.jpglarge_londen2_096.jpg

23 Jan…Colchester

Half ses speel daar ‘n wakkerword liedjie deur die luidsprekers hier bokant my kop.
Half sewe stap ek in die donker oor ‘n bruggie uit die boot. Hulle vra my vir my paspoort en ‘n spul ander vrae. Ek antwoord byna in my slaap. Kwart voor sewe sit ek langs ‘n dude van Romenia met die mooiste mooiste hond. Dit moet lekker wees om ‘n hond te he. Ek love honde… Maar ek dink ek hou nog meer daarvan om 28 te wees en die pad te kan vat. Eendag sal ek ‘n hond EN ‘n man he. Hahaha.
Seweuur klim ek op die trein, en alreeds binne die eerste halfuur het ek engelse humorsin teegekom. Dis nogals lekker om ietsie in gemeen te he. Met ‘n smile is ek op die trein. Ek moes kies waarheen. Direk na Londen, of ompad om, verby ‘n dorpie: Colchester. Dis die oudste dorpie in engeland. Daars ‘n koel kasteel en ‘n stokou romeinse muur in die senter van die dorp. So Colchester was die plek. Toe ek op die trein sit en my horlosie loer, toe dink ek dit sal darem regtig lekker wees om kerk toe te kan gaan vandag.
Ek moes eers geld trek want ekt nie ‘n engelse pond op my nie… en dan wou ek op internet kom om te kyk of hier nie ‘n Vineyard gemeente is nie. Ek kon nie op internet kom nie…en besluit dat ek dan nou maar na die senter van die dorp gaan stap en daar vir die mense vra van ‘n kerk… As jy ‘n Duitsland ‘n vernuwingstipe gemeente soek, moet jy praat van ‘n ‘Free Church’. Ook in Switserland, en sou jy na so kerk gaan word jy as ‘n ekstremis beskou. In Engeland moet jy maar net se: ‘Happy clappy church’. Dis al wat hulle verstaan anders stuur almal jou katolieke kerk toe, wat ook piekfyn is maar ek het nogals behoefte gehad om bietjie liedjies te sing wat ek ken en net te kan wees. Ek het omtrent seker 8 mense gevra so in die stap. Niemand kon my helpnie. Toe my moed al in my skoene was, stap daar so 200 meter vooor my 2 vroue verby… en ek voel net ek moet nog virhulle gaan vra. Ek drafstap hulle in en vra hulle toe sommer dadelik. Hulle kyk vir mekaar en kyk vir my en toe se die een vrou maar sy weet van n kerk, en haar suster se toe ook dat sy aan dieselfde kerk gedink het. Hulle nooi my toe om sam met hulle huistoe te stap (hulle was pas in die katolieke kerk se 1ste diens) … en vat my sommer vir ‘n begeleide toer deur die dorp… hulle nooi my in vir cuppacino en engelse muffins met heuning… ‘n uur hierna toe voel dit ons ken mekaar langer as vandag… en toe het ek geleer dat hulle altwee sangers is. Die een sing al vir 30 jaar profesioneel. Sy doen net gigs. Sy sing regtig baie mooi. Maar hulle het altwee hulle eie stukke hartseer gehad die laaste paar jaar. En daar sit ons 3 in Kate se kamer voor die rekenaar en luister na van hulle mees onlangste opnames. Haar sussie, Alex, se musiek was hierdie sondagoggend selfs beter as die beste kerk. Ek het eers op die end van die bed gesit en toe skuif ek af op die mat. As ek op die vloer sit voel ek nader aan God. ( - ; En hulle speel haar nuutste worship opname. En ons sit al drie tjoepstil en deel ‘n paar minute stilte. En syt my die storie agter hom vertel en die oomblik was vir my te groot om dit aan jou te beskryf. Maar dit was dieper as diep…
amsterdam_..ter_039.jpg
londen1_002.jpg
Ons het na Kinglsand church se 11hr diens gegaan. En dit was ‘n beautiful boodskap en die heel lekkerste uur NOG van hierdie travel was hierdie ene. Dis al wat ek kan se.
Ekt op die trein gesit en die vaalgroen sussex vlaktes het verby geflits… en ek was bly dis winter en ek is hier… ek was dankbaar vir mooi musiek en mense wat nog glimlag en ek het geweet: Hy is groter selfs groter as my mooiste drome planne paaie… Ek het geweet dat ek nooit ooit op geen trein of bus of underground of ferry … fiets of berg of brander wil klim SONDER my Pa nie. Hy ken my. En Hy weet…
Hy weet…

25 Jan. Die van Deventers en my Engeland-dae…

large_londen1_027.jpg
Skuins voor 4hr het Alex my afgelaai by die treinstasie en is ek op die trein na Londen sentraal en vanhier op die underground na London bridge…en van hier weer op die trein na Redhill en vanhier te voet ‘n kort entjie se stap na my onbekende vrinne. ( - ; Almare is nou ‘n goeie vriendin. Dis lekker om by haar te wees. Chris is bedags by die werk. Dan vat ek en Almare en klein Michael (4maande) die pad te voet of te wiel vir BETER as BIGBEN outings… selfs BEN10 sal sy dingis sien. Ons was Ryegate se straatjies en winkeltjies deur. Sjoe dis lekker! Onst gekoffie by Urban Kitchen. Njam vir die Late en atmosfeer! Ons is deur parke...en selfs by so funky kwekery koffie shoppe aan. Dis so lekker om te kuier met iemand wat NIE EENS verskoning soek om by ‘n lekker coffee shoppe te chill nie. ( - ; En beslis is ‘sommernet’ genoeg rede om so rukkie te chill en ‘n koffietjie te slurp.
large_londen1_034.jpglarge_londen1_040.jpglonden1_039.jpg londen1_043.jpglarge_londen1_041.jpg
Ek meen, WANNEER gaan ek ooit weer in Engeland kom, ne Almare! ( - ;
Klein Michael is die mooiste 4maande oue seuntjie en ‘n regte charmer… Ek is mal daaroor as hy lag. En hy doen dit baie. As mens skielik nuus of opgewonde ‘n storie begin vertel, skrik hy groot en dan begin hy huil… dis lekker om hom vas te hou. Sy velletjie is so sag mens wil sommernet heeltyd met jou wang teen syne sit.
Onst in Priory Park gaan wandel… en ook vir ‘n baie besonderse Ryegate Hill wandeling in die misreen gegaan… Ek het geweet my Capestorm FULLPROOF waterdig reendig winddigte baadjie gaan handig kom vir IETS in my europa travels… Hyt Michael PERFEK gepas. Hehehe. Kyk foto
large_londen1_031.jpg
Vandag was ons Londen toe.
Ben10. Ek bedoel BigBen...
Londen eye…
londen1_050.jpglonden1_139.jpg
Millenium Bridge (in flippen vriesende wind en koue)
St.Pauls Cathedral (in die verte…)
Tate Modern (moderne kuns meseum…strootjie-blaas-kuns wat ek ook kan doen)
Borough Market was verseker die hoogtepunt. Die Hollande 100% Londen som hierdie mark so op: Borough Market is officieel een groothandelsmarkt, maar op Donderdag, Vrijdag en Zaterdag komen groothandelaren met leveranciers vanuit het hele land samen om die lekkerste dingen aan te bieden. Chocolade, kaas, groenten, vleeswaren, jam, olijven, veel te veel om op te noemen. Proeven is hier een must. In Heleen se 100% Londen taal: dit was soos Pretoria se boeremark, net SUPER HUGE en obviosly geen boeremusiek nie. Hehehe.
londen1_057.jpg londen1_056.jpg londen1_053.jpg londen1_078.jpg londen1_075.jpg londen1_077.jpg
Ek se jou, daai kase en vleise en brode en ALLES was net NJAM!! Ek het ook vir die eerse keer ‘mulled wine’ gehad. Duitsers se gluwyn met MEER kruies…BAIE lemoensap…en geen rum. ( - ;
My gunsteling was die: Montgomery cheddar, onions, leeks and garlic on Poilane suurdeeg toastie met so baie cheddarkaas jy verloooooooooooooor jouself heeltemaal daarin en jy moet keer om NIE die papier OM die toastie ook op te eet nie.
En of jy nou in Munich of Konigsberg of Dresden of Praag of Bern of Biberist of Parys of Amsterdam of Hoek van Holland of Londen is… Eet is darem maar lekker!!!

26 Januarie. Woensdagoggend - Heathrow

Altyd gewonder hoesit om op Heathrow te sit. Dit voel maar soos Heathrow. ( - ;
Ek sit in ‘an italian love affair’ coffee shoppe, sonder enige italianers. Net engelse met hulle engelse aksente. Dis erg snaaks. Ek verluister my na hulle. Hehehe. Vanoggend half ses het ek van Almare-hulle se huisie afgestap na die treinstasie. Ek het toe 20 minute lank gesukkel om ‘n vervlakste treinkaartjie na Gatwick te kry, my kaar en die simpel kaartjie masjien wou nie gel nie, toe moet ek eers ‘n ent stap om die naaste otm te kry om geld te trek. Toe kom ek terug by die masjien toe wil hy nie my note vat nie. Perfek gestrykte splintervars ponde. Maar nee. Ekt my been so half agtertoe gevat en was oppad om daai masjien ‘n wilde skop te gee (my gevoel) toe kom daar ‘n engelsman verby en vra of hy my kan help. Ek haal my mooiste gedentlikste engels uit en verduidelik vir hom in eeeeeeeeeeeeen laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaang suid afrikaanse engelse sin presies hoe simpel hierdie engelse masjiene is. En toe se ek kan op die trein ‘n kaartjie koop. Ek probeer dit vermy want mens kan wilde boetes kry maar ek was so gatvol dat ek soos ‘n stertjie agter hom aan is. Hy werk by Gatwick se border control. En nadat hy my paar tips gegee het van hoe ek van hier tot in Ierland kan kom, MET ‘n stamp in my paspoort… (daar is eintlik geen manier nie, want engeland gee mos nie stamps as jy uitgaan nie….so ek moet maar hier bly vir 2 maande as ek doodseker wil maak dat ek nie in europa iewers gevang en toegesluit word nie… bummer) kom die kaartjie man in die gang af. Ek waai vir hom ‘n 10pond noot. Hy lig sy kop so effentjies en die voue in sy duk nek raak minder…: nooo chaaaange lady… En gelukkig toe help my nuwe border control vriend my met ‘n 2 pond. Ekt net 1pond 30 munte op my gehad. Ons het vir 8 minute gesels oor visums, want ek meen, ons is altwee EXPERTS… ons het ‘n naartjie gedeel… en toe spring ons af by Gatwick en omdat ek my eerste trein gemis het, moes ek hol om my bus te vang anders is my hele dag se iternary in sy maai in. Ek het. Net-net. En toe ek ‘n sitplek soek, mis ek ‘n trappie (tipies heleen) en doen ‘n ballerina move met my nuwe engelse rompie. Hahaha. Gelukkig deel die engelse bietjie van ons humorsin. Hulle kan vir mekaar en hulleself lag. Anders as die Franse. Ek staan mos daar in die underground met my huge rugsak en ‘n rokkie boor ‘n tights met my stapboots vol modder, so goed geprobeer kamoefleer ek kan… en daar staan so tannie langs my… OPGEDRESS en sy kyk my so van bo na onder na bo na onder…en knipoog vir my en se: Sjoooo knooow… those shoes of yyyyourrrrss arent very sexy… En ek wil vir haar se: okey tannie: ek WEET dit, maar ek wil gou kyk hoe jy doen met hierdie geweldige swaar rugsak op daai highheels van jou… en WIELIETJIES is nie ‘n opsie. So sexy se gaai. Ten minste het ek ‘n rokkie aan, en nie ‘n Suid Afrikaanse sokkerwereldbeker serp om my nek nie!!
Nou sing Sarah McClachlan vir my. Ek hou van haar en Dido en Norah en Katie. Hulle kan my skryfure omsing… En die koffie is great. Dit sou lekkerder wees met iemand by my. Maar dis nie sleg nie. Ek kyk vir almal. Ek sien al die mense wat inkom en uitgaan. Almal oppad iewersheen. Sommiges met high heels. Ander met stapbootse. Party met wielietjie-tasse…en party sonder. Ek dink ek is die ENIGSTE ene op Heathrow lughawe vandag, wat kan se ek is op ‘n 3 maande lange vakansie!! En ek dink aan al die onontdekte paaie plekke mense wat wag… Ierland en sy kranse… Frankryk…Taize…Spanje…swem ini see…Barcelona…en Italia met my ma!
Oorkant my staan ‘n ou omie met ‘n leersak en vrek baie plooie. Ek wonder hoeveel plooie ek eendag gaan he. Ek gee nie juis om vir plooie nie. Dit was nog altyd vir my mooi. My Tannie Elsa sn kan ek altyd so voor kyk… daars karakter en stories in plooie… Solank my lag-plooitjies die meeste van almal is, dan issit koel.
Groete vanaf Heathrow. Oja, vergeet om te se: ek het’n tee date met Jane Austin Bath vanmiddag… ( - ;
Ja ek weet jy brand van jaloesie. Ek sal vir haar groete stuur…

26 Jan. Woensdagaand – Bus oppad huistoe

large_londen1_088.jpg
large_londen1_096.jpg
Ek weet nou alles van Jane se 5 broers en haar sussie af. Jane was uit. En ek was nie die enigste ene wat opgedaag het vir tee met Jane nie. Maar so engelse dame het toe vir ons ‘n Jane praatjie gegee. Dit was insiggewend en lekker om bietjie meer van skryf te kan verstaan. Ek moes keer om nie die hele winkel leeg te koop vir my familie nie. Hulle is, meer as ek nog, Jane Austin bejoints… ( - ; Hierna het ek al die boring museums geskip en by hierdie dorpie se nougangstraatjie-winkels in… as jy dink: daar kan nie NOG ‘n stegie wees met stunnig winkels nie… dink weer… al my vriendinne het innie gees saam met my daardeur gestap, en moet se, Lucia, ek sou jou half sewe na die busstop moes sleep… jy sou dit looove! Goodnite.
27 Jan. BATH...Bath is ‘n spesiale dorpie. My mensewoorde gaan hierdie dorpie nie toekom wat hy is nie. Wat ek wel kan se, is dat die winkeltjies in Bath se noue klipsteegstraatjies jou uuuure kan besig hou. Dit was ‘n langerige busrit. Maar elke uur se bussit werd. Toe ek daar afklim het ek by die kerk ingegaan en nie 10 pond betaal om op te gaan na die toring nie….ek het ook verby die famous Bath baddens gehou en nie 13 pond betaal om in te gaan nie…
londen1_097.jpg londen1_100.jpg londen1_101.jpg londen1_105.jpg large_londen1_106.jpg
En toe het ek locals gestop en gevra waar ka ek lekker koffie kry… en waar is Jane Austin se huis. Hierdie twee dinge en natuurlik al die hope engelse winkeltjies was my enigste to-do’s. Jane Austin museum het my goed besig gehou…en ek het die 10 pond betaal vir ‘n praatjie oor haar geskiedenis en haar familie en watter boeke sy in hierdie huisie geskryf het … dit was lekker. En ekt vir my sussies spesiale geskenkies hier gekry. Sou g’n niks beter vir hulle kan terugneem huistoe. ( - ;
Verder het ek droomverlore met cuppacinno take-aways in die straatjies rondgedrentel…met ‘n kaart iewers diepweggepak in my rugsak en ek kon nie meer warry nie. Ek het ‘n paar sirkels gemaak maar dis een plek waar jy maar sirkels kan maak. ( - ; Half sewe kom my bus. Skuins na 10 is ek terug by Heathrow. En 11hr toe voel-voel ek vir die sleutels onder die voordeurmaatjie. Ekt vodde die trappies opge-tip-toe na my kamertoe…en gewens ek het ‘n maat langs my vir wie ek alles wat ek gesien en ervaar het kan deel… en toe glimlag ek in die donker half-geamuseerd vir myself…want ek het eintlik altyd Iemand. Maar ek dink Hy sal verstaan mens soek soms mens. En jy.
Bath is ‘n goeie plek… large_londen1_104.jpg

29 Jan. OXFORD.

large_londen1_168.jpg large_londen1_194.jpg
Oxford is Oxford.
En hulle ou college geboue is pragtig. Om te dink dat hier nou nog studente is wat hier bly en klasloop… dis wow. Ek en Almare het die dag wild uitgehad. Chris was so gaaf om na Michael te kyk en ons het die pad gevat. Dit was yyyyysssssig koud en by ver nog die koudste wat ek in europa gekry het. Die wind het gebyt. Queensland (REGOORKANT die oudste koffie shoppe in die dorp … hehehe) se budget brekfast en koffie was koning. Regte engelse ontbyt met bakedbeans en die works. ( - ; Njam! Hierna het Almare gevra: wat is die plan?? As jy my ken, weet jy dat sy dit maar netsowel NIE kon vra nie…want ek foeter maar so op my eie Heleen manier aan, met ‘n stadskaart iewers te verweg gepak… en my kamera so naby dat ek heletyd fotos neem…enige mooi fietse deure vensters klippaadjies lok my weg van die hoofstroom-roete…Almare is baie dieselfde so ons was ‘n awsome kombinasie vir Oxford. En Oxford sal inderdaad nooit weer dieselfde wees nie…
My persoonlike hoogtepunt was die trappies na een of ander ‘secret’ ontoelaatbare klein tuintjie agter ‘n huge grasperk… daar was MEER as net een NO ENTRY bordjie vir die onweerstaanbare groot groen grasperk…en vir die trappies… Ons kon nie gou genoeg boontoe nie. Daar was egter niks opwindends bo nie… ek dink almare het een of ander ‘clue’ verwag na ‘n onopgelosde speurverhaal… Ek het die polisie om elke hoek en draai verwag. Almare het DUIDELIK meer kattekwaad as ek aangevang toe sy klein was want my adrenalien het gepomp…en vir haar was dit maar net ‘n stroll in nog ‘n park. Hahaha. londen1_206.jpg londen1_205.jpg londen1_201.jpg
Die ander hoogtepunt was hulle lekkergoedwinkel. NJAM!!!! Ons het ‘n slice FUDGE gekoop en dit was nog warm. Dis al wat ek gaan se.
Aandete was pizza take-away en movie. Tom Cruize het ‘n mooi stel maagspiertjies… SJOE! ( - ; En ek sal nie omgee as my man eendag van ‘n motor se dak af op ‘n bus kan spring nie… hehehe. londen1_202.jpg londen1_208.jpg londen1_215.jpg

large_londen1_214.jpg
large_londen1_229.jpg

31 Jan … Londen

Trein – Underground
londen2_066.jpg
...Greenpark
londen2_024.jpg
...cuppacinno - Buckinhampalace
large_londen2_014.jpg londen2_016.jpg
St.James park – St.James str.
londen2_010.jpg
Piccadilly str. – Piccadally Circus – LilyWhite – supermark (middagete)
londen2_034.jpg londen2_036.jpg londen2_039.jpg londen2_048.jpglonden2_049.jpg
Leicester Square – verdwaal - ChinaTown
londen2_067.jpg londen2_059.jpg
Royal Opera House
londen2_050.jpg
Covent Garden – Cuppacino
londen2_057.jpg londen2_060.jpg
Theems rivier – underground – Hyde Park Corner – Hyde Park
londen2_068.jpg londen2_100.jpg londen2_082.jpg
londen2_084.jpg
West Carridge Drive – South Carridge Drive – Harrods (overrated)
londen2_109.jpg londen2_110.jpg
underground – Waterloo – trein – Basingstoke – LEKKER MENSE!!!!! GOEIE WYN!!!!! HEERLIKE AANDETE!!!!! BESTE KOFFIE!!!! TUISGEMAAKT E CHOCOLATE BROWNIES!!!! SPAANSE KITAAR MUSIEK!!!!! TRAVELSTORIE!!!!! – Nou en amper middernag…op trein oppad huistoe. WHAT A DAY!
Londen is awsome!

Reis – ‘n Trein-gedig – Londen Januarie 2011

Hoe kan mens ooit ooit weer
dieselfde wees
na ‘n entjie reis
Reis vorm my
En groei my
Ek ontmoet ander
En sien my-wereld deur hulle oe
En ek ontmoet myself
in ‘n ander wereld
Ek ontdek horisonne waarvan boeke en kaarte maar net vertel
En dit word deel van my
My wereld
Word groter
geloof sterker
materialisme minder
verlange na eenvoud en
ligreis
en God
meer
groter
dieper
Of dit oorsee is
Of dit in Afrika is
Of dit in die Sederberge is

large_londen1_238.jpg
londen1_137.jpg londen1_134.jpg
londen1_112.jpg londen1_111.jpg

Posted by Heleen 13:23 Comments (0)

22 Jan

HOEK VAN HOLLAND

large_amsterdam_..ter_020.jpg

Hierdie piepklein dorpie is ‘n ‘haven’. Netsoos die stasienaam se. Hier moet jy verder kyk as die parkering van Direct Ferry se kantore…en jy moet selfs verder gaan as die eerste 2 of 3 restaurante… want stap jy so entjie aan, al wegter van die liggies af, is daar ‘n nuwe wereld wat begin lewe hier van sonsak-tyd af. Jup, ek het die paadjie gevat al langs die see… na die heel hoekste hoekpunt van die Hoek van Holland. En dis voorwaar ‘n hoek. Ek het km’s langs die see gaan draf op ‘n sementstrook wat net aanhou en aanhou en aanhou. Daar le orals waterplasse en draf is soos ‘n hindernis. Van die kant kom reuse branders se spreeu en dit land so nou en dan saggies op jou. Doerver in die see sien jy liggies en oral hier op die sementpadjie af, sit daar vissermanne. Lyne in die water. Aas op die hoek. En hulle wag. Ek het 2 vangste gesien. Hier was twee ouens wat met warm koffie gesit het en daar was nog ‘n ou wat iets wat baie lekker geruik het op die gasstofie warmgemaak het… so entjie aan was daar ‘n jong ou sy radiotjie op die muur gehad het met lekker musiek…hoe verder mens met die padjie draf hoe hoer word die branders…hoe meer raak die plasse wat jy moet mis hardloop…hoe minder raak die visvangers… Iewers het die sementpad uitgeswaai die see in. Hy loop blykbaar ‘n volle 1.5km die see in. Ek het net so paar 100meters ingedraf en toe doodstil gaan staan in die woeste wind en branderspreeu… dit was volmaan. Die see praat met my.
So half sewe stap ek by die ‘local’ vis en chips takeaway winkeltjie in, so 100m van die ferry se inboek’port’ af. Ek bestel toe sommer daar lekker hake en chips want dis baie goedkoper as wat die restaurantkos op die boot sal kos. Bootpryse ken ek ook nou al. Om een of ander rede betaal mens duurder as jy vis BOOP water bestel. ( - ;
Ek was besig om my sak los te slot en vir my beursie te grawe. As jy my goedken, sal jy die prentjie kan sien. As ek oor my rugsak gebukkend staan en my beursie soek…is dit soos die dae wat ek by my chico se boot gestaan het na 3 naweke weg in ‘n ry…en my woonstelsleutels soek… Maar voor ek nog een behoorlik begin het, toe roep die dude my en se: you need to board at seven? Don’t worry, go sit and relax. Tonights for free. If you promise to bring friends. My voete was onder my uit…
En no ugaan ek vannaand in my netjiese oorgetrekte ferry bedjie klim en my oge knip en my kop skud, net om seker te maak dat ek NIE droom nie en dat ek REGTIG in my eie kamertjie op ‘n 250m lange boot slaap en more oggend in ENGELAND gaan wakkerword…
Goebaai HOEK VAN HOLLAND!!! Engeland hier kom Heleen!

amsterdam_..ter_018.jpg amsterdam_..ter_026.jpg amsterdam_..ter_028.jpg amsterdam_..ter_029.jpg amsterdam_..ter_030.jpg

Posted by Heleen 12:03 Comments (0)

22 Jan

AMSTERDAM

large_amsterdam_..ter_006.jpg

Amsterdam is Awsome. Hulle praat my taal. Hulle is vriendelik. Hulle het ook ‘n boeremark. ALMAL ry fiets. Maal Munich se fietse met tien. Ek dink hier is vir elke mens seker omtrent 5 fietse. In Munich net twee. ( - ;
Nougoed, ek raak toe in my vorige Parys-skrywe so weg-droom-verlore, dat ek my trein van Parys na Amsterdam verpas. Gelukkig was daar nog ene… En ek kom toe 11hr gisteraand in Amsterdam in. Maar die aand het pas begin. Die strate het gewemel vol jongmense en selfs oues…mense op voete…mense op fietse…en mense op weed.
Vinnig vinnig boek ek in by ‘n lekker jeugherberg, nadat ek onbepland deur die rooiligdistrik gestap het. Pheeeuw.
Amsterdam was 5ster. Ek het 20 euros betaal, vir ‘n groot kamer met VIER beddens maar ek was alleen. Eie badkamer. Eie stort. Eie kas. Eie venster. Eie tv. ( - ; Ek het met Amsterdam kaart onder my kop aan die slaap geraak en gedroom van Haarlemme, Houttuine en plat strate…
Vanoggend vroeg vroeg: opstaan, gou inpak, warm aantrek vir ‘n halwe dag op ‘n fiets… Ek moes half twee weer ‘n trein vang na Rotterdam na Hook of Holland. ‘n Halwe dag is heeltemaal te min vir Amsterdam maar tog genoeg om mens lus te maak vir weerkom. Die greatste van als is dat ek besonderse ontmoeting met special mense gehad. Ek is eerste na die Anne Frank Museum. Ek het haar boek laasjaar by ‘n 2dehandse winkel gekoop en gelees. Dit het my diep geraak. En haar dagboekskrywes het my geinspireer om die vryheid van menswees en magwees, te ontdek, ontgin, geniet. Min het ek geweet dat my kuier in Amsterdam gaan begin en eindig tussen inspirerende mense. Anne Frank se museum is lewend. Haar storie staan tenie mure en oppie trappe en deure… en ek wonder hoe dit moet voel om vir maande en maande by ‘n venster uit te kyk maar nie te mag uitgaan nie… die hartseer is dat hulle wel in hulle wegkruipplek gevang is en dat sy soos baie ander in die konsentrasiekamp gesterf het. Net ‘n maand voor die einde van alles. As sy geweet het haar pa lewe nog was dinge vir haar dalk anders. Bottomline, dis ‘n voorreg om vry te wees. Buite mens se vensters en mure te mag lewe droom wees. Te waag. Hardop te mag lag. Sagte gras onder jou voete te mag voel…

Van Anne Frank het ek en my sexy gehuurde fiets die straatmark gaan soek op Muntpleint. Bloemenmarkt. Dis ‘n varsprodukte mark. En dan natuurlik hang die geure van vars brode en kase in die lug…
amsterdam_..ter_016.jpg amsterdam_..ter_002.jpg amsterdam_..ter_001.jpg

Iewers staan ek en kyk na leersakke en langs my hoor ek engelse mense gesels met die ou wat die sakke maak en verkoop. Ek is toe weereens voor-oppie-wa en se vir hulle hulle klink soos locals as hulle die verkoper ken, weet hulle van ‘n lekker plekkie om te brekfist. Ek vra maar gewoonlik die locals. Die tipiese toerisrestaurante is nie vir my genuine nie. Bettina het ‘n helderkleurige serp om haar nek gehad en dit aksentueer haar ekstrovertiese persoonlikheid nog meer! Haar man, Barry, het arty gelyk. Beide vriendelik. Sy spring toe byna ‘n meter hoog in die lug en vertel vir my dat sy NET die plek het vir my: FINCH. Ons gesels nog bietjie en groet. Ek sit so 20 minute later in Finch…en terwyl ek SMUL aan wat sy voorgestel het: wentelteefjes ( kyk foto ) dink ek by myself ek moes eintlik langer met hulle gesels het, dit het regtig na nice mense gelyk… en die volgende oomblik hoor ek net: HEY! HOWS THE WENTELTEEFJES? DO YOU LIKE IT? GOOD HEY! Minute later sit ek, Bettina, Barry aan dieselfde tafel en kuier my laaste uurtjie in Amsterdam om cuppacino en ‘n wereldkaart.
large_amsterdam_..ter_009.jpg
Barry was skoolhoof…sy vakke: drama en wiskunde. Nou restoreer hy ou meubels. Bettina het een of ander admin-tipe werk gedoen en nou vat sy ou mense op 5ster trips oral oor europa. Maar as hulle self gaan vakansie hou, kamp hulle. Soos die Rossouws. Net ‘n tent matras en slaapsak. Eenvoudig. Lekker. Ek dink onst dalk meer gestry oor WAAR die tent opgeslaan moet word…en HOE die pale inmekaar moet gaan. Elbie was gewoonlik reg. ( - ; En ons het altyd iets vergeet. Wat dit natuurlik in ‘n avontuur verander… Ek en hierdie mense het mekaar goed verstaan en reg van die eerste oomblik af gekliek. En daar nooi hulle my vir aandete… Aaai. Nou moet ek na die flippen Hoek van Holland toe om op ‘n ferry te klim terwyl ek ‘n nederlandse kerrie gereg kon eet. Hulle het my rekening betaal om op te maak vir die feit dat ek nie by hulle kan gaan eet en kuier vannaand nie. En toe het ek 10 euros om ‘n groot vars nederlandse brood met rosyne en neute in en regte hollandse bokmelkkaas vir aandete te koop. Njam!
large_amsterdam_..ter_017.jpg

En toe het ek ‘n halfuur om my fiets terug te vat, my rugsak te gaan gryp, en die regte trein op die regte platvorm te vang. Gedaan land ek op die bankie op platvorm 15, ‘n minuut voor die trein kom. Langs my sit ‘n ouerige vrou. Haar man is ‘n professer in tale. Ons het die hele treinrit gesels oor Italie, Taize…en natuurlik Amsterdam. Syt gese sy is bly sy is nie my ma nie. Hehehe. Ek ook want ek dink nie sy kan so goed naaldwerk doen, mooi sing en lekkerlag soos my ma nie! Ha!
Ekt afgeklim op die Hoek van Holland en sit nou hier en skryf gou my vandag. Dis nou amper vyfuur. Ek kan eers 7hr inboek so ek gaan nou vir ‘n sonsakdraffie langs die see, en sommer op die ferry stort. Wild. Lekker. See en sonsak en sand vir die eerste keer in meer as ‘n maand… ( - ;

Posted by Heleen 11:56 Comments (0)

21 Jan

PETANQUE IN PARYS

large_Parys_21_Jan_068.jpg

Gistermiddag 4hr, skuins na my cuppacino, het ek gaan draf langs een van die kanale, na die Noordoos buitewyke van Parys. Ek het lekker lang ent langs die kanaal gedraf, tot by die Cite des Sciences… ‘n groen park vol wierd boring wetenskaplike argitektuur. Die sagte groen gras was lekker. Oppad terug het ek kort-kort gestop en my verkyk aan groepies ouerige mans wat hier en daar sit en kaartspeel op ‘n bankie…of dominoes … EN… petank. By die petank haak ek toe vas, want hier gooi jy ‘n bal. Lekker…
Die oompies was almal franssprekend. Ek is toe in franse engels genooi om die volgende middag saam petank te speel!!! Net daar besluit ek toe, dan vang ek more die laatste trein deur Amsterdamtoe. ( - ; Ek het ‘n petank date met 6 franse omies… regte regte egte franse omies. Hehehe. ( - ;

Parys_21_Jan_059.jpg Parys_21_Jan_061.jpg Parys_21_Jan_063.jpg Parys_21_Jan_065.jpg Parys_21_Jan_072.jpg Parys_21_Jan_066.jpg Parys_21_Jan_062.jpg

Na my draffie moes ek warm aantrek vir ‘n busrit deur die stad en verby die grootste bekenste plekke.
Parys is ‘afterall’ die ‘CITY OF LIGHTS’…
large_Parys_21_Jan_116.jpg
2hr vanoggend le ek my kop VOL-PARYS-DAG1-ERVARINGE neer… Ons kon by die Eifeltoring bietjie uitklim… 2 keer elke aand flikker die hele toring op met ekstra liggies. En ek het dit nooit geweet nie, maar die Eifeltoring, was eintlik net ‘n tydelike ‘liggie’ by die res van Parys se liggies, maar word toe een van hierdie stad se grootste aantreklikhede. Hehehe. Dis eintlik snaaks. Maar hy bly hoog met presies 1665 trappies van onder tot bo. Hulle gebruik elke 7 jaar VYFTIG TON verf om hom te verf… ( - ;

Parys_21_Jan_073.jpg Parys_21_Jan_085.jpg Parys_21_Jan_095.jpg Parys_21_Jan_105.jpg Parys_21_Jan_093.jpg Parys_21_Jan_103.jpg

Ek het nou opgehou om Vrydae te tel. As mens reis is elke dag die begin van ‘n vars naweek! Vanoggend het ek vroegerig opgestaan op te skype met ‘n vriendin. Dit was lekker om sommernet bietjie te gesels. Daarna is ek kamertoe om my sakke te pak en my vere reg te skud vir die nuwe dag. Ek is te voet Parys se strate in, rugsak op die rug, opsoek na DIE Opera Huis. Ek het hom gevind. Na vele draaie. Ekt in Parys se bekende Rue La Fayette afgeloop…In hierdie straat is al die groot wereldbekende winkels, baie baie grend mense… en hy loop in Haussmann in en Hausmann loop vas in die Arc de Triomphe…Ek het egter gestop by die State Operahuis. En 2 keer om hom geloop. Die tweede keer ontmoet ek NEGE vriendelike Japanese vrouens. En hulle verkyk hulle aan my groot rugsak, dink ek. In elk geval, IETS het hulle vermaak, en toe hulle hoor ek kom van AFRIKA af. TOE issit FOTOTYD. Hahahaha. ( - ; Hulle het almal gelyk en vinnig gepraat.

Parys_21_Jan_119.jpg Parys_21_Jan_108.jpg large_Parys_21_Jan_111.jpg large_Parys_21_Jan_128.jpg

Metro LYN nommer 7. My petank date wag. Ek kry gelukkig weer die plek en wraggies daar staan die spul oompies! In die flippen twee grade celsius… en speel petank. Toe hulle my sien, toe glimlag hulle wyd en kom help my met my rugsak. Hehehe. Ek dink die een omie het dalk sy rug seergemaak toe hy my sak vat. Shame. Franse is ook sussies… al lyk hulle so frans soos hulle wil…
Johno (dink ek) het vir my vinnig die belangrikste tegnieke in franse engels verduidelik. Ek het niks verstaan nie. Maar dis veel makliker as kaartspeel. En toe word ek saam ingedeel in en speel ek ‘n hele game. Dit was erg lekker. En daar langs die kanaal, in die 2 grade celsius winterskoue met 6 franse omies en petankballe het ek een van my heerlikste europese belewenisse gehad. Dit was so koud my hande het deur my handskoene gevries. Johno het iewers gou oorgedraf na sy vriend by die koffie shoppe oorkant die pad en vir hom en my elkeen ‘n warm espressotjie gebring. Parys het binne 24 uur my hart kom steel. En ek het my eerste stukkie Parys en frankryk afgesluit op ‘n bankie onder ongeblaarde bome op ‘n stukkie grond…langs ‘n kanaal…met ‘n espressotjie en vriendelike franse geselskap. Ek is genooi om weer te kom speel as ek weer in Parys is… ( - ;

Parys_21_Jan_131.jpg Parys_21_Jan_135.jpg Parys_21_Jan_138.jpg Parys_21_Jan_141.jpg Parys_21_Jan_136.jpg Parys_21_Jan_133.jpg Parys_21_Jan_132.jpg large_Parys_21_Jan_137.jpg
large_Parys_21_Jan_143.jpg

Posted by Heleen 11:36 Comments (0)

20 Jan

Parys Noord

large_Parys_21_Jan_006.jpg

Ek sit in ‘n franse café. ‘n Ou wat frans lyk speel klavier. Dit klink frans. ‘n ou wat frans lyk wink my nader vir ‘n cuppacino…DIT klink frans!!! ( - ; Ek sal nie nou wyn drink nie… Wil nog vanmiddag ‘n ent langs die kanaal gaan draf.
Sjo mense! Ek is PARYS! Flip, toe ek van die trein af moet klim by Paris Nord en vanhier na Paris Ost om op ‘n TGV te klim na Amsterdam…toe besluit ek binne ‘n splitsekonde…Amsterdam moet vannaand maar lekker sonder my rook. Ek bly in Parys! Van hier met ‘n reuse stadskaart in my hand die straatjies in opsoek na die naaste jeugherberg. Die straatnaam is Dunkerique. Die dude by die informatione kantoor het vir my met sy franse aksent gese: leeeeef…right…right. Net dit. Toe doen ek dit. Toe land ek in ‘n straat wat se naam ek nie kan uitspreek nie. Hahaha.

Parys_21_Jan_002.jpg Parys_21_Jan_014.jpg Parys_21_Jan_015.jpg

Na 15minute vind ek die jeugherberg. Ek book in, laai my goed in die kamer af en toe is ek en die kaart af na die strate van Parys. Hier moet mens eintlik ‘n local ken. Maar my dinge het nou nie so gewerk nie, en daar is ook iets opwindends daarin om ‘n stad op jou eie te gaan verken.
Ek was by die Funiculaire de Mont Martre...Sacre Coeur. Soos ek dit het, was dit 2 bekende sakemanne wat ‘n belofte gemaak het dat as Frankryk gespaar word van die geweldige slagveld van die Persies oorlog ?? dan sal hulle die oprig van hierdie gebou finansier. Dit het netso gebeur… En hys baie baie mooi…
Ek was deur die Lamarck-Caulaincourt (Place du Tertre), die famous vierkant met die ouens wat verf. Daar is net orals ouens wat besig is om portrette te skilder. Daar stap baie met potlode en ‘n sketsboek rond… en dan is daar die vierkant waar die ouens wat met genuine verf skilder. En dit alles was werklik frans. Dis al wat ek kan se. En die bekende Moulin Rouge nagklub is ook hier innie omgewing…
Nou gaan ek my laaste cuppaccino opslurp en dan vir ‘n draffie langs die kanaal! ( - ;

Parys_21_Jan_021.jpg large_Parys_21_Jan_025.jpg
large_Parys_21_Jan_030.jpg Parys_21_Jan_035.jpg Parys_21_Jan_019.jpg large_Parys_21_Jan_020.jpg

Posted by Heleen 10:09 Comments (0)

(Entries 16 - 20 of 41) « Page 1 2 3 [4] 5 6 7 8 9 »