A Travellerspoint blog

12 Feb

CHAVELOT EN DIE GIESENS!

Boerenbeskuit!

large_DSCF4381.jpg
Hoe verder die week aangegaan het, hoe lekkerder het ons gekuier. Vrydagaand het Annemarie se jonger sussie, Alice, en oom Herald (t.vivian se man) teruggekom van week se werk en ons het heerlik gekuier. Daar is darem MIN dinge so lekker soos ‘n gesinnetjie om ‘n tafel in die kombuis. Ek love dit!
Ek het my kwota vars franse brode, kase, croissants ingekry! En boonop nog ELKE oggend ‘n hele glas vars uitgedrukte lemoensap ook. Ek is tot in die AFGROND in bederf… ( - ; Saterdagoggend na ontbyt is ons na Epinal se varsprodukte markie toe. Dit was eg frans en al die produkte, van kaas tot skuimpies tot vis tot mossels tot vrugte en groente tot wyne en appelsap…is frans vannie kontrei. Ek kan nie onthou of daar franse musiek gespeel het nie, maar dit was nie nodig nie, dit was heeltemaal FRANS genoeg!! ( - ;
Hierna is ons saam met Alice na Nancy, waar sy argitektuur studeer. Sy het my hulle kampus en klaskamers en van hulle projekte gewys. Dit was baie interesant, en as ek ooit in ‘n kunslyn moes gaan, sou dit DIT wees… weet nie hoekom het ek nooit hieraan gedink nie! ( - ; Regtig lekker gelyk. Ons het haar gegroet en is Nancy se strate in. Nancy is die grootste stad in hierdie Lorraine omgewing. Ons is nou soort van NOORD OOS in frankryk as ek dit reg het…
DSCF4370.jpgDSCF4365.jpgDSCF4361.jpg
Ekt geleer dat hier al so lankterug soos 1000 jare voor Christus mense was hier… hier was gemyn en sowat 1050 het een of ander Duke dude toe die dorpie Nancy gestig. Na baie oorloe en in die tyd toe baie van Lorraine verower is deur die romeine ? (hehe, ek mag verkeerd wees….) het Nancy FRANS gebly en baie mense het na die stad gestroom. Die populasie het verdriedubbel in ‘n baie kort tydjie. Dit was natuurlik goeie oemf! vir die stad se kuns, akademie, finansies en industrie.
Wat kuns en argitektuur aangaan het Nancy die bynaam: "Capitale de l'Est" gekry. Hier was die hartjie van die Nouveau kuns aan die einde van die 19de eeu… en baie van die kantore en woonhuise is Nouveau styl. Die ‘Place Stanislas’ is ‘n huuuuge plein met ‘n moviese standbeeld van die poolse koning na wie die plein vernoem is. Van hier is ons na die groot park. Ons het agter musiek aangestap. Toe ons daar kom, toe staan daar ‘n PIENK orkes van Lile…pienk brille…pienk sokkies…pienk hare. Hulle het saamgespeel en mens kon sien dat hulle elke oomblik geniet. Na ons pienk konsert is ons na ‘n baie ‘french’ restaurant en hier het my mond begin water toe ek instap… en jonga, daar ‘treat’ die Giesens my vir ‘n vyfster ete in ‘n flippen franse restaurant… ek se jou Briefvriend: wyn en als man! Selfs nagereg! Ditsem dit was lekker!! ( - ;
DSCF4301.jpgDSCF4306.jpgDSCF4302.jpg
Magies vol. Ogies toe. Neeeeeeeeeee ooo neeeeeeeeee daars nie tyd vir slaap in die franse platteland op ‘n saterdagmiddag saam met die Giesens nie! Hehehe. Ons was van hier na die soutmuseum in ‘n baie klein dorpie waar hulle eens sout gemyn het. Basies is die dorpie al ‘n spookdorpie, maar eens was daar baie mense, genoeg werk, mense in die strate en oop vensters en deure… nou is daar soos BAIE van die franse plattelandse dorpies hier in die ooste net’n paar mensies oor en natuurlik die museum…
Terug tuis het ons aangesit soos KONINGS vir baie lekker wyn en mossels, varsgekoop by die Epinal markie vanoggend! Hierna kaas en baugette en aag dit was sommernet superlekker. Die Giesens is baie spesiale mense en wens ek kon langer bly maar dan het hulle dalk geen mossels, franse brood en sjokeladesmeer oor nie… hahaha. ( - ;
DSCF4330.jpgDSCF4312.jpg
large_DSCF4268.jpg

Posted by Heleen 13:50 Comments (0)

9 Feb

HEIDELBERG!

Oospronkli..nal_139.jpgOospronkli..nal_140.jpgEpinal_150.jpg
large_Heidelberg..rie_009.jpglarge_Heidelberg..rie_002.jpg

Gister – Heidelberg

Annemarie het my op die stasie kom haal. 3 jaar is ‘n lang tyd maar as mens ‘n sielsvriendin weer sien, al is dit na ‘n hele paar jaar, is dis asof ons gister gegroet het. Ons het my tassie op die fiets’carrier’ gesit en ek, sy en die fiets het 2hr se koers in die rigting van haar woonstel gestap om bagasie af te gooi en ietsie te eet. Vanhier Is ons Heidelberg in. Soos vele stede in europa loop die rivier ( Neckar ) middeldeur en verdeel die stad op in die ou en nuwe deel. Annemarie bly in die nuwe stad maar in ‘n ou ‘fishersmans village’ Neuenheim , wat later deelgeraak het van die ou dorp aan die oorkant van die rivier. Daars ‘n baie ou kasteel op die berg. En die laan waarin al die winkels en restaurante is, is ten minste 2km lank en die langste ene in die hele europa. Dit was impressive! Na sowat 500m stap jy nie meer omdat jy moet nie. Jy dryf op die walms en golwe van bakkery geure, koffie en sjokelade…Ons is na die universiteit se kaffeteria toe vir ‘n irish koffie. Van hier is ons na die brug vir die sonsondergang en uitsig op die kasteel. En toe is ons na ‘n funky restaurantjie waar ons warmsjokelade drankie gedrink het, SO DIK van sjokelade dat jou teelepel REGOP staan Briefvriend. Wow!!!!!!! Toe is ons huistoe. Ek pe en weereens aan die verkoue-kry. Maar die dag was mooi. More join haar ma, Vivian, ons!
large_Heidelberg..rie_010.jpg
large_Epinal_132.jpg

More – Steeds Heidelberg

large_Heidelberg..rie_023.jpg
Vanoggend het Anm en ek ‘n ent teen die kop in die dorp uigestap. Dit was mis en bloulug en yskoue oggend en heerlik-gesels…alles deurmekaar. Tannie Vivian het ons laatoggend gejoin en toe het ons 3 Heidelberg se ou geboue gaan pers en geel verf. (Annemarie het pragtige pers en geel skoentjies!). Dit was sOOOO lekker om vir ‘n slag saam met vriende deur die strate te wandel. Sjoe dit was beter as die lekkerste stuk franse kaas Briefvriend!!! ( - ;
Na ‘n vol middag van kleure en geure en klanke is ons huistoe en moes ek en tannie Vivian vir Anm groet. Maar ek is BAIE opgewonde want sy kom in Augustus SA toe vir langer as net ‘n paar wekies!!
Ons het die terugpad gevat en tannie Vivian vat niks nonsens nie. Ons het daai duuuk muuuus pad geklap asof dit helder daglig was man! (Wel, sy…ek het HARD probeer om NIE te slaap nie, want as die wiele draai gaan my interne snooze aan soos jy weet). 11hr was ons tuis en het ons aangesit vir ‘n heerlike brood en kaas ete.
Epinal_108.jpgEpinal_110.jpgheidelberg2.jpg

Posted by Heleen 13:21 Comments (0)

8 Feb

PLATTELAND ... en OOS ...

Epinal_075.jpgEpinal_079.jpgEpinal_070.jpgEpinal_012.jpgEpinal_066.jpg
DSCF4167.jpgDSCF4166.jpgchavelot1.jpg

Epinal

Half sewe sing my wekker. 7hr strompel ek en my sak by die houttrappe af. Half 8 druk ek my ‘underground’ kaartjie in by die masjien en daar gat ek: Gare du Nord – klim oor – roltrappe op – verdwaal - roltrappe af – roltrappe op – Sien die regte bordjie – Gare de l’Est – roltrappe op – treine – Espresso terwyl ek wag vir die TGV na Epinal.
Op Epinal wag tannie Vivian vir my. Dis ‘n vriendin van my, Annemarie, se ma. Sy loop oor van vriendelikheid. Die teenpool van Parys. Ek voel onmiddelik huis…
Vivian het klas gegee die middag en Epinal is die perfekte grootte om binne etlike ure rustig te voet te kan verken. Ek het by die kerkie begin en geiendig. Tussendeur is ek met ‘n nou voetpadjie teen ‘n eeue-oue voetpaadjie op teen ‘n koppie uit met ‘n uitsig oor die dorpie. Ek het tot heelbo gestap en ‘n lekker stuk ou muur in die son gesoek. Ek was in ‘n tuin boop ‘n koppie in ‘n wereld vol ou mure van ‘n eens-kasteel. Dit was lekker. Dis son het my aan die slaap gesing en na ‘n uur moes ek myself uit die droomwereld trek want die res van die dorpie daaronder het nog gewag en my maag het gebrom hys leeg. Ons is af. Skuins voor 5 het ek al rivierlangs gestap tot waar ek vir Vivian moes ontmoet.
large_Epinal_059.jpglarge_Epinal_020.jpg

Chavelot

Vanhier is ons na Chavelot, hulle tuisdorpie…so 10 minute se ry van Epinal. Ons was na ‘n bakkery met vars brode en croissants en als waaraan jy kan dink. Ons is na ‘n winkel met kase en my kniee het amper gesmelt. Want ek loooooooove kaas. Enige kaas! Tannie Vivian praat Afrikaans Engels Duits Frans en Noorwees. Dis baie snaaks as hulle so bietjie meng! Ek lovit! Hehehe. En vanoggend het sy in die motor geklim en solid frans met my gepraat. ( - ;
In MY hartstaal was die res van die kuier tot nou: warm, sag, vars, snoesig, wit, huis-huis, ryk, kwaliteit, lag, lekker. Ek kan dit nie anders beskryf nie! ( - ; Nou oppad met trein na Annemarie vir ‘n kuiertjie in Heidelberg. More ry ek en haar ma weer terug Frankryktoe. En dan hoef ek vir ‘n paardaggies groot-rugsak-loos ronddrentel fiets chill wees. My keel is seer maar ek is tegelyk op franse en duitse medisyne…dalk doen dit die ding. Ja ek weeeeeet, ek moet tot ruste kom. ( - ;
Jupppppppeeee! Annemarie en Heidelberg! HIER KOOOOM EK!!!!

Oospronkli..nal_090.jpgOospronkli..nal_094.jpgDSCF4413.jpg

Posted by Heleen 12:52 Comments (0)

6 Feb

PARYS KUIER NO.2 !!

large_PARYS_feb_126.jpg

Paris - Middag

Lughawe – vang ‘n liftie – verkeerde ene want die dude raak perongeluk bietjie verlief – ek sukkel so 3 ure om van hom ontslae te raak – ek spaar jou die detail. ( - ; Anyway ek het toe darem die 20 euro busgeld na die stad, al my underground-kaartjies en 2 espressos gescore. Shame, ekt hom so bietjie jammer gekry toe ons groet met die hand. ( - ;
So dit was ‘n laaaaaaaaaaaang dag want ekt alreeds 4hr na die busstop in Dublin gestap om 5hr op die lughawe te wees om 7hr te vlieg om 10hr (EURO tyd) te land om die dude eers 1hr op die trein te kry. Ek moes hom gaan afsien. Shocker van die flippen jaar. Mens sou sweer ons is verloof of iets. Hehe.
Toe is ek na die bekende Notre Dame. Dit lyk soos die poskaartprente. Stok ou gebou. Mooi. 10 000 toeriste met kameras rondom jou. Na Notre Dame was ek skoon gedaan. Fisies en emosionee GETAP Briefvriend. Toe haal ek my klein notaboekie uit. Dis die heel beste ding wat jy byderhand kan he. ‘n Boekie…en waar jy mense ontmoet wat vir jou van ‘n lekker kaffee of coffee shoppe kan vertel dan kan jy dit hou neerskryf en dalk ‘n straat of iets by…veral locals kan mens nogals lekker tips gee…Corrie en Sulinda se vriende in Engeland is so lief vir goeie koffie soos die Rossouws. En hulle het in my boekie vir my die restaurant-naam en aanwysings beter as google-maps sn geskryf…van die café in Pari met die BESTE koffie (en crepes) in die hele hele Frankryk. Le Quasimodo, net duskant die Notre Dame…
So raai WAAR sit ek nou…
PARYS_feb_013.jpgPARYS_feb_009.jpgPARYS_feb_015.jpgPARYS_feb_017.jpg

Parys – Aand

Van Le Zuasimode is ek per voet na die bekende Louvre. Ek het met my rug teen ‘n muurtjie PLAT op die grond gesit en ‘n franse pannekoek (Creppe) met hoender geeet. Hoender was nie goed nie. Ek le nou in ‘n witbed by ‘n franse gesin (vriende van vriende van familie…) en wel, ek weet nie mooi hoet ek hier gekom nie. Want ekt maagkrampe wat selfs die trein van sy spoor sou laat ry… Ew ek weet net ekt my moer gestrip vir Parys se ‘underground’. En toe vir die vervlakste Paryskaart wat my draaie maak loop … en toe vir die irriterende amerikaner deurwag by die Musuem D’arsay, wat my nie willat ingaan met my backpack nie… en toe vir die vervlakste waitor wat nie my backpack agter die counter wil bere vir so rukkie nie en toe vir langer as ‘n uur na afklim van die bus, steeds in een of ander Parys woonbuurt rondslenter opsoek na een of ander vervlakste straat met die naam: RUE ELIE-LE-GALLEIS. En dit het eintlik als begin met die franse polisie vrou en die manier wat sy vanoggend vir my gese het ek moet my ierse mussie afhaal. Ja, DIS waar dit begin het! En vannaand toe my voete pyn pyn pyn en my nek in ‘n spasma is… toes ek lus en se: almal se dingis ek gaan sommer na my petank-vriende toe. En toe loop die trane. Ek dink egter 3 dae in parys op jou eie, is meer as genoeg baie dankie. Nous ek lus virrie platteland…
Ca va!
PARYS_feb_026.jpgPARYS_feb_031.jpglarge_PARYS_feb_040.jpgPARYS_feb_045.jpgPARYS_feb_048.jpgPARYS_feb_059.jpg

Parys! SUIDOOS!!!

Dis Sondag. My laaste daggie in Parys. Vanoggend vroeg het ek in die Parc de Sceaux gaan draf. Dis soos ‘n klein Versailles. Groot parke met bankies en fonteine oral. Daar was ‘n marathon aan die gang en ek moes koes-koes deur die hordes draf. Draffie was great!
PARYS_feb_065.jpgPARYS_feb_066.jpgPARYS_feb_074.jpg
Vinnig-vinnig stort. Treingevang. By Cité Universitaire afgespring en ‘n fiets gegryp. Hier is mos fietstasies… en dan betaal jy vir ‘n fiets se huur en as jy hom net ‘n halfuur ry en hom in’log’ by die vlg stasie voor ‘n halfuur verby is betaal jy niks vir hom nie…en dan vat jy net ‘n ander ene en ry weer ‘n halfuur. Daar is ORAL sulke fiets stasies met oorgenoeg fietse. Jy loer net dat die bande gepomp is, die wiele draai en die saal kan stel en dan vlieg jy NET waarheen jy wil. So kan jy ‘n dag lank in Parys rondry…sonder om ‘n sent te betaal… Die MOEILIKSTE is om uit te figure WAAR jy die kaart moet hou om die slot te deaktiveer! Hehehe. ‘n Ou het staan het strek in die park langs die parkj waar ek my eerste fiets moes losmaak…en ek het die kaart gevat en eers baie saggies met so min moontlike swaaibewegings die kaart by die slot gehou en gehoop dit werk. Dit wou nie. Toe het ek vir ‘n glefie begin soek. Daar was nie. Net so groot dat ek my hand kan deurdruk en dus is dit nie vir die kaart nie maar ek het ook probeer met die kaart. Okey. Toe loop ek REGRONDOM die fiets met die kaart met handbewegings. Op ‘n skaal van 1 tot 10 wat intensiteit van my gebare aandui was ek nou op 6. Dit wou nie werk nie. Toe weer ‘n keer! Steeds verander die vervlakste liggie nie van kleur nie. Hy flikker nie eens nie man. Okey, toe besluit ek nou gat ek hierdie kaart oral traai. Onder die saal. Agter die wiel. Voor die handlebar. Bokant die modderskerm. Al om die pedaal. Skeefonder die regterpedaal. Skeefagter die klokkie. Tussen die remme en die handsvatsel. Dit was alles op skaal een tot 10…DEFENTIEF 10. Hehehe. Heel laastens is ek totaal moedeloos en sit ek die kaart op die sleutelboks neer… en WHALLLAAAAA. Ek was totaal vodde en ek het nog nie eens begin trap nie. Shocker van die jaar. Deur China town is ek beslis. Dit was hulle nuwejaarsvuuring en dinge het gebeur in die strate! My ergste maagpyn was weg, en ek is daar in ‘n winkeltjie in met lee hande en uit met 3 euros minder…MAAR met blootstelling aan die volgende EG CHINESE KOS IN PARYS… ( - ;
1) Brioche 2) Nem Vietnamien au Pore en 3) Hakao.
PARYS_feb_087.jpgPARYS_feb_094.jpgPARYS_feb_095.jpg
Dit was al die wierdse goed wat ek kon sien. En dit was vinger aflek lekker.
Van hier is ek Parys strate op en af al in en om en om en deur die SUIDOOSTE van die stad. Dit het gevoel ek is in ‘n lewendige Parys poskaart. Orals om my was daar klein Brasserie (oorspronklik ‘n winkeltjie waar bier gebrou was…NOU ‘n cozy plekkie amper soos’n straatkaffee waar jy bedags kan koffie drink) … die reuk van vars brood. Ou ooms met sigare en espressos by tafeltjies in die son. Ou tannies wat met hulle skoothondjies rondloop en laaaaangstories gesels terwyl hulle hondjies mekaar besnuffel. Net waar jy kyk is daar geboue veel hoger as stb se ingeneursfakulteit…en veel ouer as die oudste geboutjie in Stellenbosch… Daar is franse kinders op rolskaatse en skopfietsies. Daar is jongmense wat hand-aan-hand loop iewersheen van daarheen af. Om my was die lewe rustig. Dit was maar net nog ‘n Sondag. Die wind het saggies gewaai en winter gefluister. Die lug was blou. Blare het gedwarrel en saam met dit was die stad se geluide…Tafeltjies en stoeltjies wat uitgepak word… ‘n vragmotor wat die strate skoonsuig… kindertjies wat in frans speel en lag… franse tannies wat stap en gesels-gesels-gesels… ‘n ou wat op ‘n boonste verdieping op sy stoepie sit en staar in ‘n walm van sy sigaretrook en nog in sy wit slaapfrokkie… Orals mense besig om te lewe aan hulle lewe in Parys. Vir my EEN dag wat ek vir ewig van gaan onthou. Vir hulle, dalk maar net nog ‘n dag.
PARYS_feb_100.jpgPARYS_feb_107.jpgPARYS_feb_125.jpgPARYS_feb_120.jpg
In die omgewing van die Bastille is ek finaal van die fiets af. Die lug was BLOUSELBLOU en die son was aan die sak. Opera Bastille en die July Column was vir my ‘n hoogtepunt. Hier om die uly Column sirkel, en met ‘n espresso op die trappies voor die Opera Bastille… en met ‘n franse wafel met druppende sjokelade bo-op imy hande en mond terwyl daar awsome chill viby franse musiek van orals oor af sing-dans-speel… en ‘n rowwe agtergrond van die 1830’s en wat TOE hier gebeur het… amper 200 jaar vantevore…DIT en my Petank-spel met die ou ooms…DIS hoe ek Parys sal onthou. Jup, die Louvre en die Eiffel kan maar gaan slaap.
Vandag was ‘n eg-Parys ervaring, op Heleen se manier!…
Die lug was blou…
My wiele het gerol…
En my espresso het MELK ingehad!!!! ( - ;
PARYS_feb_128.jpgPARYS_feb_134.jpgPARYS_feb_142.jpgPARYS_feb_147.jpgPARYS_feb_152.jpglarge_PARYS_feb_153.jpg
large_fiets.jpg

Posted by Heleen 05:11 Comments (0)

4 Feb

IERLAND!!!

Ierland, John en die son

Ierland1_009.jpgIerland1_010.jpg
My eerste indrukke van Ierland: vriendelike mense. Sonskyn. Witwolke. Groen vlaktes. Die Here het my gebed vanmiddag spot-on geantwoord. En sommer onmiddelik. Hy wag mos soms ‘n rukkie. ( - ; Ierland1_003.jpg Ierland1_004.jpg
Maar vanmiddag was ek niks lus om vir Almare en Michael goebaai te se nie. En in Ierland ken ek genuine NIE ‘n SIEL nie…so ek het die ‘boarding gate’ met gemengde gevoelens genader. Toe hulle my vra om my skoene uit te trek (kani help ekt sulke groot voete nie…dit seker gelyk of ek iets voor by my flipppen tone wegsteek…) toes ek nog minder lus. En ek gesels met die Here en vra Hom om tog asb soos Hy altyd doen vanmiddag ook iemand op my pad te stuur. Wel, na die boarding-gate, en weer terug in my skoene, mik-mik ek vir ‘n sitplek terwyl ons wag om op die vliegtuig te klim. Ek stap verby die mense en check hulle goed uit en dink net: nope nie die ene nie…haar hare het pienk en groen strepe in. Nope nie diue ene nie…sy neus en dun onderlippe het ringe deur… Nope nie die ene nie… op haar tas staan daar iets geskryf wat jou ook sal maak bloos. Die volgende ene is ‘n ouerige dude. En ek is tog te verlig om iemand met normale hare en lippe en neus en klere te sien. En ek sit.
Hy is stil. Ek nie. Ek val sommer weg met gesels. Ekt egter net die ys gebreek want net daar het ek myself in flippen koel nuwe vriende vas gaan sit. ( - ; En glo my of nie, hy is die ‘Northern Ireland Spokesman vir Retailers against smuggling , Tobacco Aliance’… DIT staan alles op sy kaartjie. ( - ; Toe ek aflklim van die vliegtuig, toe weet ek hierdie man is moerslim en skatryk. Tog min gespin oor geld. En sy hele wereld draai om sy vrou en 4 seuns. Ons het ‘n hond-uit-‘n-vliegtuig gekuier man! Ek moes erg hard konsentreer want die Ierse aksent is woes op die ore. Phhheeuwie…eks nou skoon gedaan! Maar ek het inderdaad ‘n awsome kontak vir my fietstrip in Ierland en hy en sy vrou het my genooi om enigetyd as ek ooit weer oorkom by hulle in te val en te bly vir solank ek wil.
Ek sit op die bus…en is weereens totaal gegooi oor hoe goed God is en hoe goed Hy ons harte ken… Die koeste van als is dat hierdie ou my so baie aan my pa laat dink… hys groot en sterk. En het ‘n sagte geaardheid. En hys mal oor sy familie. En raaiwat: Hy is gebore in JERUSALEM van alle plekke!!!!! Hy glo in Jesus en dit was sommer net lekker om langs so iemand te sit op my vlug na Ierland. Ek is warm verwelkom nog voor ek behoorlik geland het. ..
Dis skuins na 5 en die son het al gesak. Die lug is sagte blou en die onder-son kleur die witlaagwolke sagte pastel pienk. Die heuwels is groen en in die vlaktes brand daar orals liggies. Van Belfast sentraal trein ek na Dublin…waar ek EERS ‘n Guinesse gaan drink…en DAN ‘n leplekkie gaan soek. Hehehe. Lekker!

OPPAD NA GALWAY

large_Ierland1_063.jpgIerland1_059.jpgIerland1_053.jpg
Langs my sit ‘n oom. Hy eet ‘n groot oranje naartjie. Ek kan sommer hoor hoe die vrugsap spuit as hy hap. Ek is vrek honger…
Oorkant my sit ‘n vrou en lees koerant. Voor haar staan ‘n take-away koffie wat nog stoom en elke nou en dan vat sy ‘n slukkie terwyl sy aanhou lees…haar brille het ‘n goue randtjie en haar naels is mooi en rooi. Haar lippe is vaal. Ek wonder of sy vergeet het om haar lipstick op te sit.
Ek sit hier en moes nou eers van drie lae klere ontslae raak. Ek het weereens kaartloos die Ierse strate ingefoeter en die treinstasie waarvan ek half 12 vertrek was toe ‘n andere ene as die waar ek gisteraand aangeland het. Busry is net te duur. Ek is jammer maar ek stap eerder 2km en koop met die busgeld vir my ‘n buur of goeie koffie. Maar 3 pond betaal ek NIE vir ‘n busrit nie. Die verkeer is so erg dat die kanse groot is dat ek by Hueston stasie aankom voor die bus. Okey…dis toe nie heeltemaal so nie, want Hueston is toe bietjie verder as 2km. Die bus ry toe bietjjie vinniger…en ek moes toe ‘n onbeplande draffie na die trein vang. ( - ; Ekt 11hr by die jeugherberg uitgestap en 28 minute oor 11 toe spring ek in die Galway trein. 2 minute later toe ry ons uit Dublin uit.
Ek voel soos die vrou oorkant my…se koffie. Ek stoom….
En my voete soos die oom langs my se geskilde naartjie. Mens se voete voel maar so as jy in stapbootse ‘n paar km moes hol met ‘n 15kg rugsak op jou rug.
Ierland1_058.jpgIerland1_051.jpgIerland1_036.jpg
Ierland is mooi, Briefvriend. Die vibe is ontspanne. Die mense is vriendelik. En hulle praat my taal. Hier is ook ou kerke, maar minder groen torings en dit pas my. Eks nie so gek oor die hele groen-kerk-toring-storie nie. En ek fluister nou okey en ek gaan wat ek nou se NET vir jou se…maar die groen torings is vir my regtig eintlik baie lelik (met respek gese).
Ierland se engelse is relaxed. Engeland se engelse so bietjie tense. Londen in elkgeval. Die roltrappe daar is die enigste roltrappe wat ek nog in die hele europa teegekom het waar daar ‘n DUBBELbaan is. Jy hou REGS as jy wil STILSTAAN op die trappe…en as jy rol-rol wil stap dan kan jy LINKS verby. Maar dan MOET jy MOVE. MOVE. MOVE. Daars nie tyd vir rol-staan-gaap nie. En na ‘n week smeer dit af op jou… en is jy so half uit die rol-staan-gaap zone uit en hou jy maar links en MOVE MOVE MOVE. ( - ;
Maar hier in Ierland…In Belfast en Dublin is hier ook kanale met water…en hier is ook sakemanne. En hier is ook roltrappe. En spitsverkeer en groot parke. Maar vir my is hier ietsie anders in die lug. Ek kom terug… as ek kan, volgende junie al! Vir nou sien ek opgewonde na die KRANSE van Moher. Vir my is die berge en die see en die elemente ‘n groot stuk van God. Want die mens kon absoluut niks hieraand doen nie. Die see bly die see, met sy branders en golwe en getye. Die berge is net te huuuuge om te skuif of plat te vee of toe te bou! En die weer…wel soos ons almal weet kan ons zilts aan die weer doen. Dit is soos dit is. Hy besluit wanneer dit sneeu of reen of son. Die wind is vir my soos Sy asem. En die wolke soos sy skilderdoek en verf…en die koelste is wat Hy met grys en wit kan doen…Ek was nou al in ‘n paar gallerye en museums. Mens kan maar op sy kop staan en weer regop en weer op sy kop…daar is net GEEN kunstenaar soos Hy nie …Verder sing ek saam met Casting Crown:

And rejoice
For my Saviour Reighns
And rejoice
For He lives in me
God on High
He has set me free
Worthy is the Lord
Your love is peace tio the broken
Faith for the widow
Hope for the orpahn
Strenthth for the weak
Your love is the Anthem of nations
Rings out through the ages
Youre always enough
Rejoice for my Saviour LIVES!

large_Ierland1_037.jpg

DOOLIN

large_Ierland1_114.jpg
7uur sing die wekker
8uur stoot ek my fiets in die skemerte en wind en Ierse oggendluggie uit
Hoe verder ek trap (ek is nou op ‘n fiets as jy gewonder het) hoe meer slaan hierdie rondom-my-werklikheid my…ek is regtig in IERLAND. Hierdie is Ierland. En Briefvriend EK HET UITGEHAAK. En Jeannie ek het baie na jou verlang want jy sou saam met my uitgehaak het. Ek het gegil en aantrap Rooies kliphard gesing… Dit was inderdaad beeldskoon ver ver verby. Ek was alleen daar bo op die kranse en sou die wind my in die see inwaai, sou niemand dit eens weet nie…wel, net die kraai wat omtrent op my skouer kom sit en bedel het vir my ouma se trouring. Toemaar, Mamma, toe die wind hectic hectic begin raak het ek weer teruggeklim oor die muur op die rand van die krans…. Hehehe. Joke. Ek het net op die rand gesit. ( - ;
Ierland1_111.jpgIerland1_102.jpg
large_Ierland1_120.jpg
Toe ek nie meer EEN van my vingers of tone kon voel nie, moes ek opstaan en terug anders was ek Iced koffie vir die kraai. Ek het te veel koffie gedrink gister. Ierse koffie. En toe Espresso. En later Turkse koffie. Alles sterk en sonder melk. Pheeuw. Die kraai het egter uitgemis want binne ‘n halfuur was ek uit die monster koue wind en afdraende-af oppad huistoe. En jup, die kranse van Moher is die ‘outing’ werd. As jy hou van Stormsriviermond…sal jy hou van DIE kranse. Dis beautiful.
large_Ierland1_104.jpg
Vanmiddag lekker gele en Ierse stories gelees en ek het vir my en Laura pasta gemaak… hehehe.
Ierland1_143.jpg
En liewe oom Johan en Dalina!!!! SONDER enige spraak-smaak van brand!! Vannaand eet ek en my Duitse vriende lekker sop en moremiddag ry ons sommer almal saam met die bus na Dublin… Dis lekker om maats te he vir so rukkie! More aand is my laaste Ierse aand…Saterdagoggend lank voor die son opkom vlieg ek na Parys. En dan is die Frankryk al die pad ondertoe.
Maar ek kan nou met sekerheid se dat ek weet waarheen ek my fiets en carriers in 2012 se Junie gaan bring. Parys gaan moet uithaal en WYS hierdie naweek…want selfs ‘n game bull met locals gaan sukkel om hierdie Doolin dae te beat. Dit was letterlik uit ‘n ander wereld! Noutoe ek gaan nou ‘n lekker lang middagslapie onder my WARM duvet vang terwyl die wind buite aan die dak ruk en die yslike reendruppels dans teen my venster…
Ierland1_112.jpgIerland1_096.jpgIerland3_002.jpgIerland1_084.jpgIerland1_069.jpgIerland3_025.jpgIerland1_092.jpg

DUBLIN

Steeds op Doolin. Weereens vroegopstaan.
Ierland1_141.jpgIerland2_007.jpgIerland2_015.jpgIerland2_022.jpgIerland2_027.jpgIerland3_021.jpgIerland3_019.jpg
Ek en my nuwe duitse vrinne gaan vandag saam diepad terugvat na Dublin. Ons het baie goed oor die weg gekom en dis lekker as iemand humorsin kan deel. Die 14jaringe mannetjie is ‘n treat en ek en hy het sommer van die begin af konnek en super diep gesprekke gehad. ( - ; Ons het vir die 2 dae saam geeet en lekker sop gemaak ook. Oja, John het vir ons lekker Turkse koffie gemaak! AMPER netso lekker soos my tannie Elsa se Turkse koffie op Sandbaai laas Des. ( - ; Onst saam na Galway gebus. En van Galway na Dublin het ek getrein en hulle gebus. Op die trein het ek die KOELSTE ou mense ontmoet. Hulle is oud. Punt. Hulle het vals tande. (dink ek) en grys hare en BAIE plooie. En hulle loop met kieries en ry met rolstoele. En drink tee en eet lemoene. Haha. Dit was inderdaad een van my beste kennismakings. Hulle kom van Hoath, ‘n klein vissersdorpie anderkant Dublin en hulle wou sommer he ek moet saam met hulle huistoe busry en by hulle kuier vir ‘n aand of twee. Ai! Ek wens ek kon want hulle is vol sports!! Die tannie met wie ek besonder goed gekliek het is ‘too old’ jare oud en haar man is 5 jaar gelede aan kanker oorlede. Haar vrinne was ‘n couple en hulle is volgende jaar SESTIG jaar getroud. Paddy moet op Cathleen skree want dis al hoe sy hom mooi kan hoor. Paddy dra ‘n regte ierse kepsie en het ‘n vriendelike glimlag. En hierdie drie saam is te kostelik. Jis toe verlang ek sommer my oupa en ouma…ouma veral…
large_Ierland3_035.jpg
En so het ek ‘n rustige baie snaakste treinrit terug na Dublin gehad met skreeusnaakse gesprekke en sinsnedes in IERSE aksent wat kort-kort HERHAAL en GEROEPGIL moet word dat Cathleen tog net OOK kan hoor. Hulle het ALLES onder die Ierse reenwolke bespreek. Van hulle ‘central heating at hooome’ tot presies hoe hulle van hulle ‘mornin tea’ hou! Ek haal kortliks en ek hoop jou brein kan met die aangehegte foto ‘n prentjie maak. (die ene in die rolstoel is Cathleen…die ene met die grys affro is my WITbroodjie…Nora…Nora Harford!) “Im NOT turnin off the heat ALL THE TIIIIME Paddyyyy!” en: “ I shouldn’t have tea ya know… “ “Why not???!!!!” “Tea yesss, makit a hooooo one a stroooooong pleea”…of: “BUT I did turnit off ofcourse Paddy what ya think now hey!?” Ek is egter met oorgawe genooi om te kom kuier op my fietstrip vlg somer… Cathleen het byna van haar rolstoel afgeval soos sy probeer beduie het hoe ek by hulle huisie kan kom…en Nora het gese: “Ya know me livin all alooone o me ooooown. Ya always welcome to stay. I have anotha beeeed. “
Met ‘ n foto het ons gegroet. Toe is ek op die tram na Jacobs Inn waar ek vir die Duitsers sou wag. Minute later het hulle daar ingeval en onst besluit ons is ‘n familie en ek is die ouer ‘sussie’ en onst in ‘n ‘private dorm’ ingeboek. Hahaha. Goedkoper en lekkerder. Arme Hanno moes op die grond slaap maar ekt hom vir hot choc gestick toesit hunky dory. ( - ;
Ierland3_045.jpgIerland3_050.jpgIerland3_056.jpgIerland3_058.jpgIerland3_059.jpg
Ons het die aand sommernet die strate vol geloop en is deur al die bekende strate al om die Liffey Rivier en meestal aan die suidkant van die Liffey. Reg in die middel is die bekende Temple Bar. Hier is oral pubs en lewendige musiek. Om hier deur te stap, veral in die aand is nogals ‘n belewenis! Die oustad tipies “viking-middeleeus” is ook baie mooi. Jy kan nog van die ou stadsmure sien. So 9hr is ons Trinity College (1592) verby en terug na ons kamer. Oppad terug, so km voor huis, het ons ‘n jong Ier ontmoet. Hy was goed gekletter. Hyt voor die bekende ‘200meter-hoge spire’ gestaan. Dis ‘n verligte toring wat lyk soos ‘n naald. Goeie baken as jy maklik verdwaal! ( - ; En onder hom was daar ‘n HUGE standbeeld van Tim Larke. Ek het nog nie kans gehad om hom te gaan google nie maar hierdie Ier, John, het vir ons in detail vertel HOE MIN Tim Larke vir hierdie land van hom beteken het….en toe vra hy vir ons: What ya think hes sayin to the people o this country whi his hands open like tha? Hes asking: money money money mo money mo mo mo money! But you see the SPIRE BEHIND him? NOW THAT is worth lookin a. I mean that’s wha this country stans for ya know: for growin. for becomin stronger. Getting higher…So het hy so verdiep geraak in sy storie dat hy sy noodle takeaway op die grond neergesit het. En iewers se ek vir hom: John, ur noodles is running away. En hy se: Ah, who wants *&%###!!! Noooooooodels if you can look a the SPIRE!!!! &****@@####!!!! TIM LARKE can have the @@####&&!!! NoOOOOOOOOdles. Hy het sy ‘besigheidskaartjie’ vir ons gegee en gese as ons ooit weer in Dublin is moet ons hom ‘n ‘ring’ gee dan kan ons lekker koffie drink! Hehehehe. En so gekuier soos wat hy was, het hierdie Ier my Ierland kuier op ‘n hoogtepunt laat afsluit.
ierland1.jpg
Ons het lekker Salami en Kaas toebies gemaak, ekt my vlieg-sak-na-PARI gepak en toe is ons almal droomland toe… what a day!
large_Ierland3_061.jpg
Ierland2_003.jpg
large_Ierland1_137.jpg

Posted by Heleen 15:55 Comments (0)

(Entries 11 - 15 of 41) « Page 1 2 [3] 4 5 6 7 8 9 »