Travel blogs by Travellerspoint

4 Januarie

FRANKFURT

Maandag 3 Jan – 11:15 – Oppad na Frankfurt

Oppad na Frankfurt in trein. Ek sit oorkant ‘n ou tannie. Sy bly in ‘n klein dorpie, Straufenberg, naby Frankfurt. Erika Liessengang. Kyk die foto. Ek het besluit sy is my Duiste Ouma! En skielik verlang ek na my eie ouma. My ouma met die groot sagte oe. My ouma wat altyd met haar hande netjies gevou agter haar rug gestap het as ons gaan stap. Ek was baie baie lief vir haar. En sy is skielik weg. In ‘n deurmekaar tyd vir my ouers veral. Dit moes vir Mamma nog veel veel erger gewees het om ‘n ma te verloor aan kanker in daardie tyd. Ek kan nie nou dink om my ouers te verloor nie. Nie my liefste pa nie. Nie my liefste ma nie. My pa is die mooiste gentleste handsomest sagste man in my lewe. En hy gee wenner drukkies! My ma is een van my beste vriendinne en by haar kan ek totaal simpel wees en ons kan lag lat ons ons mage vashou. My ouers is diep. En ek het Jesus in hulle leer ken. My ouma was ook so. As sy nou nog gelewe het, kan ek net dink hoe lekker ons saam tee sou kon drink op hulle voorstoepie… Sy was ook baie baie lief vir die skone kaap… En ek het haar name: Hester Helena. En ek is geweldig trots daarop… Eendag sal ek my dogtertjie ook so noem.

4 Jan – 12:21 – Oppie trein na Dresden

Frankfurt was heerliklekker. Die lekkerste was om vir Renate te sien en haar man, Bret, te ontmoet. Hy is ‘n Amerikaner. Renate praat Afrikaans, engels en duits maar Bret verstaan nie ‘n woord Afrikaans nie. Hy het vir my probeer namaak hoe Afrikaans vir hom klink. Ekt byna van my stoel afgeval van die skrik. Dit was sulke roggelgeluide. Hahaha. Vir my bly dit egter steeds die mooiste mooiste taal van ALMAL wat ek al gehoor het.

7Jan_008.jpg 7Jan_009.jpg 7Jan_004.jpg large_7Jan_005.jpg
7Jan_002.jpg 7Jan_017.jpg 7Jan_023.jpg
large_7Jan_022.jpg

Ons het van die treinstasie af, gistermiddag gou die tram huistoe gevang en my sakke afgegooi. Toe is ons die stad in…na ‘n ou kerk en na seker die senter van die groot stad, Ostzeile by die Romerberg. Hierdie is een van die Frankfurt-simbole en mens sien dit op al die poskaarte. Van hier is ons na die winkels. Ons het in minus 2 grade onder ‘n verwarmer aan die buitekant van ‘n straatkafee gesit, op couches onder komberse…. Langs ons was daar ‘n man wat saxefoon gespeel het. When the saints come marcing on… ladida-di-da. Ek het die mooiste hond gesien. Hy kort beslis ‘n bad en is veronderstel om spierwit te wees…maar sy haartjies was deurmekaar en gekoek en dit het haar net nog soveel mooier gemaak. Koekie is haar naam. Haar owner was I handsome dude wat engels kan praat en my gegroet het met: Welcome in Germany!
Donkertyd is ons na ‘n Ierse pub vir ‘n bier en snitschel. En met vol magies is ons met 8 stelle roltrappe op in ‘n ‘afdelings’winkel… Want van heelbo was daar ‘n uitsigpunt op die “manhattan” wolkekrabbers soos hulle dit noem. Frankfurt is nie die mooiste stad nie, maar saans is die liggies darem net pragtig. Wat ‘n bonus toe ek agterkom dat Bret hou van fietsry en kamp. Ons het tot laat gisteraand lekker gekuier. Vanoggend het ek hulle gegroet want hulle is werktoe en ek moes self die paadjie na die tram kry, ‘n kaartjie koop by ‘n duitse auto…en my ore spits vir die treinstasie stop. Dit kos 2,40 Euros vir ‘n kaartjie vir so 15 minute se ry. Jy kan kaartjies koop vir ‘n hele dag of net vir sekere roetes. Ek het ‘n nice Turkse omie ontmoet op die tram en ons het so op ons manier met halwe woorde en glimlagte gesels. Toe ek afklim, groet hy my met ‘n handskud en ‘n “goodluck”. ( - ;
Op platvorm 6 het ek gewag vir my trein en met ‘n vriendelike duitse couple gesels. Die man het gesels en die vrou het geglimlag. Hy het na so elke paar sinne vertaal… Hulle is ook oppad na Dresden en se toe vir my hulle het bespreek, en as ek nie op die trein sitplek kry nie, kan ek by hulle in hulle kompartement gaan sit. Baie nice. Ek sit egter baie baie gemaklik met die ultimate beenspasie en selfs ‘n kragpunt waarop ek my labtop kan charge…
Volgende afklim is in Oos Duitsland! Dresden. Hierdie stad was bekend as die Florence van die noorde… maar op die nag van 13 Feb 1945 het 800 britse vliegtuie die eerse van 5 groot bom aanvalle geloots. Die stad is byna heeltamaal verwoes en meer as 35000 mense is dood. Vandag, is die hele stad byna herbou. As jy weer van my hoor, het ek hopelik darem al my jeugherberg gevind...

large_7Jan_030.jpg
large_7Jan_039.jpg
large_7Jan_046.jpg

Posted by Heleen 14:14

Email this entryFacebookStumbleUponRedditDel.icio.usIloho

Table of contents

Cheap hotels in Frankfurt

Read reviews from other Travellerspoint members.

Be the first to comment on this entry.

This blog requires you to be a logged in member of Travellerspoint to place comments.

Enter your Travellerspoint login details below

( What's this? )

If you aren't a member of Travellerspoint yet, you can join for free.

Join Travellerspoint