A Travellerspoint blog

5 Maart

Almunecar

DSCF5416

DSCF5416

4DSCF5376.jpgDSCF5456.jpgDSCF5449.jpgDSCF5440.jpgDSCF5435.jpgDSCF5423.jpgDSCF5419.jpg

SKETS 1

Gisteraand het ek ‘n movie gekyk en vroeg gaan slaap. Vanoggned het ek laat geslaap. 10hr is ek die dorpie in. Eers het ek die varsprodukte markie gaan besoek. Hier was basie: kaas, brood, blomme, vrugte, groente, en VIS. Baie baie vis.
Nou sit ek op die strand. My skoene is uit. Die son skyn vol. Die wind waai baie baie liggies. Die see se klein brandertjies hoor ek in en uit enin en uit spoel op die strand. Die sand is lekker grof en groot korrerls. Ek hou daarvan. Hoe growwer hoe beter.
Almunecar is ‘n weggesteekte dorpie iewers aan die spaanse suidkus. Hier is toeruste… maar nie hordes nie. By elke kafee en bar kry jy eintlik maar die locals… op die talle straatbankies kry jy ou ooms wat sit en pyprook en die kieries bietjie laat rus… Die ou tnanbnies dra syko9use en skoene soos my ouma altyd gedra het. Hu.llr dra nog almal netjiese rompies wat so onder die kniee kom… en het bollas op hulle koppe. Hier is baie baie mooi mans.
Die see is bou. Ek is bly ek is hier.
Hierdie plek moet onder die spanjaarde seker baie gewild wees kan ek dink en in die somer is hierdie strande seker gepak.
large_DSCF5401.jpg

SKETS 2

large_DSCF5397.jpg

Meeste van julle sal my seker nou oor die vingers wil tik. Want ek was hier in die hartjie van die spaanse suidkus. Vir ‘n volle 3 dae. Tog het ek nie my voet hier uitgesit nie. Ek kan nie presies se wat ek gedoen het nie. Maar die laaste 3 dae was inderdaad goue dae. En Spanje het my hart kom steel. Die mense. Die taal. Die blousee. Die tropiese donderstorms. Churros gedoop in warmsjokelade. Siesta. Al die oop spasies natuurreservate en ruimtes ongekomersialiseerd. Hoekom se ek jy gaan my oor die vingers tik? Want Malaga met Picasso se museum, en die ‘venster’ vanwaar jy Morocco kan sien… en natuurlik Almenuca self met sy spesiale park met 1500 voels van omtrent 100 verskillende tropiese spesies…en natuurlik die medittereense akwarium...Hiervan het ek niks gesien nie. Ek het egter inderdaad lang ure op die growwe sand deurgebring…lang ure onder die sterre gesit saans en luister na die see… baie koffies gedrink in die bar onder die plekkie waar ek gebly het en vrinne gemaak met die man en sy vrou en ure en ure spaanse musiek geluister.
Hoogtepunt in Almuneca? Ekt gisteroggend ent langs die see gaan stap. Toe ek al ‘n entjie uit die dorp was, het die wolke woesvinnig begin oortrek. Binne minute was dit dig en donker. Die wind het deur die palmbome gedans. En toe val die druppel. Kollosale druppels. Ek het nog nie sulke groot reendruppels op my kop gevoel nie. Dit het gevoel asof daar koppies water uit die hemel uit val. Elke druppel reen ‘n koppie. Al die ou mensies het verbete aan hulle sambreeltjies vasgeklou. Maar die wind het die sambrele gewaai asof die staalpenne opgerolde papier was. Ek op ‘n rotskoppie geklouter en een foto geneem gekry in die reen. Toe is ek in die tropiese storm terug huistoe. Oppad het ek verby ‘n bakkery gehol. Ekt 1,50 euro in my sak vir koffie gehad. Ekt uitgestap met die heerlikste vis pastei wat jy jou kan indink. So het ek in die koppies reendruppels met ‘n warm vars vispastei in my hande teruggestap huistoe. Oppad het ek gou by my vrinne ingeloer en solank ‘n café colatia bestel. Ekt gou warm gestort en het die res van die dag knus by hulle gesit en my fotos begin uitsorteer. En nou bus ek terug na Granada deur berge toe onder sneeu…ek Picaso-akwarium-kastele-loos… tog vol met soveel COSTA TROPICA as wat een mens na 3 dae kan wees. En hierheen kom ek weer. Ekt ‘n klippie op die see gegooi en toe hy hop toe se hy: kom weer!
Cheers Almenucua! DSCF5394.jpgDSCF5424.jpgDSCF5422.jpg
Nousit terug Granadatoe. Fiets gaan teruggee. Rugsak gaan haal by hotel. En wag vir my nagtrein na Barcelona. Moreoggend is dit barcelona marathon. Maar ek het besluit dat as ek hom draf, daar ‘n groot moontlikheid is dat ek dalk BAIE styf en stadig gaan stap saam met my ma in Italie… en ek wil haar nie terughou nie. ( - ; So ek gaan iewers op muurtjie langs die see sit as die 1000e atlete hulle besimpeld draf aan 42km. Hehe. Eks lief vir draf. Maar muurtjie-sit is soms veel lekkerder. Hehehe.

Posted by Heleen 00:29

Email this entryFacebookStumbleUpon

Table of contents

Be the first to comment on this entry.

This blog requires you to be a logged in member of Travellerspoint to place comments.

Enter your Travellerspoint login details below

( What's this? )

If you aren't a member of Travellerspoint yet, you can join for free.

Join Travellerspoint