A Travellerspoint blog

20-22 Feb

Toulouse en die Dagicour gesin!

Reen Reen Reen...

large_23_Feb_014.jpg
Noutoe, ek en David is op die trein en ons eet ons toebroodjies, deel ons een lemoentjie en bakkie joghurt… soos ‘n ou getroude paartjie. Hehehe. Dis baie snaaks. Ek dink nie ekt nog OOIT so rustige vriend gehad nie. En as jy my goed ken sal jy weet ekt twee kante. Die een kant seker heeltemaal te rustig. Die ander kant van my kan soms glad nie stilsit nie. Die laaste 2 maande het die laasgenoemde deel van my tot baie bedaring gebring. En wragtie ontmoet ek ‘n pel wat hierdie rustigheid, verhef tot die mag 10. Hy is ‘n amerkikaner en hy klink beslis soos ene. Hy kom van Oregan. Maar hy is nie vet nie en hy eet nie baie hamburgers, doughnuts en pies nie. ( - ;
As ek dus in die volgende skrywes verwys na ONS, is dit ek en David. Dis lekker om saam met hom Spanje in te vaar. Ek was nogals baie lus vir die Camino-stap maar het tot nou maar heelwat dinge op my eie gedoen. Om Parys op jou eie te beleef…is genoeg om selfs enige introvert en loner ‘n hou te gee… In Taize was ek skielik omring met soveel nuwe vriende en skaterlag-oomblikke en sommernet ‘n gemeenskap van gelowiges… Ek dink dat as ek allenig moes aankarring sou ek my rugsak moes sleep na die suide van Frankryk.
23_Feb_015.jpg23_Feb_013.jpg23_Feb_010.jpg23_Feb_006.jpg23_Feb_005.jpg23_Feb_007.jpg
Die suide van Frankryk is pragtig. Hier sal ek kan bly. Hiers see en mere en son en dis eind van winter maar veel warmer as noorde. Ek gaan eerder nie begin praat oor al die baie fietsry roetes hier nie. Dis nie Afrika se grondpaaie nie… en ek is jammer maar min kom by die Sederberge. Hiers ‘n anderste tipe skoonheid en pragtige omgewing en landskappe en hiers paadjies spesiaal vir fietsryers. Langs die pad is daar talle klein dorpies en ou kastele. Daars ook ‘n lekker fietsrypad langs die Weskus van Frankryk. OEEE! Maar ek het mos nou my Ortlieb carriers in Duitsland gekoop. Hulle is veilig op ‘n skip oppad na SA. Sulke aaklige oranje carriers. Maar hulle was halfprys en daar staan seker nie VERNIET…GLOBE TROTTERS op nie ne…hmmm. My bene juk om asap my goedtjies in bokse te pak en die pad te vat Briefvriend… Sal net weer moet spaar. Hehehe.

Waarheen is ons nou oppad vra jy seker???!

Na IRUN. Dis ‘n dorpie ‘n paar km oor die grens tussen Frankryk en Spanje. Ons gaan inderdaad in die verkeerdste tyd van die jaar die wildste stuk van die camino stap. Hahaha. Hulle praat daarvan as die ‘Northern Route’ of die ‘Coastal Route’. Dit lyk baie soos engeland en ierland kus. Ons het gisteraand ‘n afspraak gehad met ‘n 70jarige tannie wat so kort is jy moet afbuk as jy haar in die gesig wil kyk. Sys ‘n camino kenner en het al die roetes al vorentoe en agtertoe gestap. En, glo my, daars BAIE. Sy kan nie ‘n woord engels praat nie en het in frans gebabbel. Anne het tussenin probeer byhou met die vertaling. Maar as hierdie tannie so vinnig STAP soos sy praat kan ek verstaan dat sy 50km op ‘n dag doen. Hahaha. Ons het ‘n Coastal Camino Crash gekry. Met kaarte en fotos en baie frans… tussenin het haar arme man ietsie probeer se maar syt hom summier in frans stilgemaak. Ek reken syt vir hom iets gese soos: Ag bly tog stil man! Jy ruil nou die twee dorpies om! Neeeee! Dit was nie daai plek se naam nie man!
Hahaha. Syt gebabbel… en dan het Anne ietsie in engels gese so hier en daaar… en dan het ek vir David gekyk…. En dan het hy net met sy groot oge half-geamuseerd vir my gekyk. Dit WAS ‘n BELEWENIS!!! So jup, ons is oppad. Vannaand slaap ons in ‘n jeugherberg in Irun, more-oggend kry ons gou ons pilgrimpaspoorte…en dan val ons in ‘n reenerige pad. Die weer lyk egter beter vir die dae daarna. En ek moet darem seker my reenklere IEWERS gebruik ne? Dis al langs die kus, en heeltyd op en af.

Wat het ons in ons rugsakke?

Rooiwyn en fraaaaanse kaaaaaas! Taize koekies (ekt voorraad opgebou…) en sjokelade. Verder gaan ons bier drink, in die see swem en probeer om nie blase op ons voete te kry nie. Ons wil so 100km langs die see doen, en dan sal ons die bus van binneland toe en die laaste stukkie na St.Diago doen… dink ek… ons sal maar sien wat die volgende week oplewer… ( -;
By st.diago sal ons die tipiese ‘finishers’ foto neem…en dan is dit Portugal – Granada – Madrid – Barcelona – Duitslandtoe (MA LAND!!!) – Switserland – Italie!

Wat het ons in Toulouse gemaak??

Uuum. Dit het gereen. En natuurlik het ek en David beide in ‘n super ontspanne zone ingegaan. Heeldag gele en lees…ge-epos…saam Anne na ‘n regte franse supermarktoe en self by ‘n BAKKERY-DRIVE-THROUGH in. Hahaha. Net in Frankryk waar jy dit sal kry!! Ons het Sondagoggend vir Anne en Marcellin Dagicour van ‘n telefoonhokkie gebel. Sondagmiddag laat het Anne ons in Toulouse by die treinstasie kom oplaai…en vanhier is ons na hulle klein dorpie sowat 25km van Toulouse. Ons is vir ‘n volle 2 dae oorweldig met warmte, gasvryheid, kaas kaas kaas, goeie wyn, soggens warm sjokelade en creppes…Gisteraand het Marcellin vir my mooi franse musiek op my rekenaar gelaai…en hierna het ons na van hulle wereldreise gekyk. New Zeeland … Suid-Amerika… Australie…Noord Amerika…Namibie en Botswana…Hulle en hulle kids, het die meeste van die wereld getoer in ‘n jaar en ‘n half. Briefvriend. Dis ongelooflik om te sien waar hulle oral was… Jy sit daar en dit het ‘n kombinasie-effek op jou… die effek wat ‘n briljante lewendige koor uitvoering en waterval-spreeu op jou gesig het… dis wat hierdie fotos met musiek en stories aan my doen. Dit herhinner jou dat jou eie wereld baie gou baie klein kan word. Maar dat dit totaal in jou mag le om self te sing(in ‘n koor of onder die stort) en heeltemaal in jou hande le of jy so gaan staan dat jy die sproei van die druppeltjies op jou wange voel. As jy graag genoeg wil, sal jy sing en die fyn druppeltjies voel. As jy graag genoeg wil. En ek is jammer…maar ‘n national Geographic is vir my nie genoeg nie. Dit bring my nie eens naby aan daai waterval nie. Hoe verder ek reis…hoe meer besef ek dat hierdie maar net die begin is van vele lande mense plekke. En jup, verseker gaan ek ook eendag nie te ver van nou af, nes die Dagicours, ‘n boek skryf. Ek is opgewonde!
large_23_Feb_011.jpg
Genoeg gedroom. David gaan al die chips opeet as ek nie gou gryp nie…
Groete uit ‘n trein in die reen iewers in die Suide van Frankryk…
Oppad na Spanje…
xxx

Posted by Heleen 14:46

Email this entryFacebookStumbleUpon

Table of contents

Be the first to comment on this entry.

This blog requires you to be a logged in member of Travellerspoint to place comments.

Enter your Travellerspoint login details below

( What's this? )

If you aren't a member of Travellerspoint yet, you can join for free.

Join Travellerspoint