A Travellerspoint blog

31 Jan

Colchester, Bath, Oxford, Ryegate, Redhill en LONDEN!!!

large_londen2_109.jpglarge_londen2_096.jpg

23 Jan…Colchester

Half ses speel daar ‘n wakkerword liedjie deur die luidsprekers hier bokant my kop.
Half sewe stap ek in die donker oor ‘n bruggie uit die boot. Hulle vra my vir my paspoort en ‘n spul ander vrae. Ek antwoord byna in my slaap. Kwart voor sewe sit ek langs ‘n dude van Romenia met die mooiste mooiste hond. Dit moet lekker wees om ‘n hond te he. Ek love honde… Maar ek dink ek hou nog meer daarvan om 28 te wees en die pad te kan vat. Eendag sal ek ‘n hond EN ‘n man he. Hahaha.
Seweuur klim ek op die trein, en alreeds binne die eerste halfuur het ek engelse humorsin teegekom. Dis nogals lekker om ietsie in gemeen te he. Met ‘n smile is ek op die trein. Ek moes kies waarheen. Direk na Londen, of ompad om, verby ‘n dorpie: Colchester. Dis die oudste dorpie in engeland. Daars ‘n koel kasteel en ‘n stokou romeinse muur in die senter van die dorp. So Colchester was die plek. Toe ek op die trein sit en my horlosie loer, toe dink ek dit sal darem regtig lekker wees om kerk toe te kan gaan vandag.
Ek moes eers geld trek want ekt nie ‘n engelse pond op my nie… en dan wou ek op internet kom om te kyk of hier nie ‘n Vineyard gemeente is nie. Ek kon nie op internet kom nie…en besluit dat ek dan nou maar na die senter van die dorp gaan stap en daar vir die mense vra van ‘n kerk… As jy ‘n Duitsland ‘n vernuwingstipe gemeente soek, moet jy praat van ‘n ‘Free Church’. Ook in Switserland, en sou jy na so kerk gaan word jy as ‘n ekstremis beskou. In Engeland moet jy maar net se: ‘Happy clappy church’. Dis al wat hulle verstaan anders stuur almal jou katolieke kerk toe, wat ook piekfyn is maar ek het nogals behoefte gehad om bietjie liedjies te sing wat ek ken en net te kan wees. Ek het omtrent seker 8 mense gevra so in die stap. Niemand kon my helpnie. Toe my moed al in my skoene was, stap daar so 200 meter vooor my 2 vroue verby… en ek voel net ek moet nog virhulle gaan vra. Ek drafstap hulle in en vra hulle toe sommer dadelik. Hulle kyk vir mekaar en kyk vir my en toe se die een vrou maar sy weet van n kerk, en haar suster se toe ook dat sy aan dieselfde kerk gedink het. Hulle nooi my toe om sam met hulle huistoe te stap (hulle was pas in die katolieke kerk se 1ste diens) … en vat my sommer vir ‘n begeleide toer deur die dorp… hulle nooi my in vir cuppacino en engelse muffins met heuning… ‘n uur hierna toe voel dit ons ken mekaar langer as vandag… en toe het ek geleer dat hulle altwee sangers is. Die een sing al vir 30 jaar profesioneel. Sy doen net gigs. Sy sing regtig baie mooi. Maar hulle het altwee hulle eie stukke hartseer gehad die laaste paar jaar. En daar sit ons 3 in Kate se kamer voor die rekenaar en luister na van hulle mees onlangste opnames. Haar sussie, Alex, se musiek was hierdie sondagoggend selfs beter as die beste kerk. Ek het eers op die end van die bed gesit en toe skuif ek af op die mat. As ek op die vloer sit voel ek nader aan God. ( - ; En hulle speel haar nuutste worship opname. En ons sit al drie tjoepstil en deel ‘n paar minute stilte. En syt my die storie agter hom vertel en die oomblik was vir my te groot om dit aan jou te beskryf. Maar dit was dieper as diep…
amsterdam_..ter_039.jpg
londen1_002.jpg
Ons het na Kinglsand church se 11hr diens gegaan. En dit was ‘n beautiful boodskap en die heel lekkerste uur NOG van hierdie travel was hierdie ene. Dis al wat ek kan se.
Ekt op die trein gesit en die vaalgroen sussex vlaktes het verby geflits… en ek was bly dis winter en ek is hier… ek was dankbaar vir mooi musiek en mense wat nog glimlag en ek het geweet: Hy is groter selfs groter as my mooiste drome planne paaie… Ek het geweet dat ek nooit ooit op geen trein of bus of underground of ferry … fiets of berg of brander wil klim SONDER my Pa nie. Hy ken my. En Hy weet…
Hy weet…

25 Jan. Die van Deventers en my Engeland-dae…

large_londen1_027.jpg
Skuins voor 4hr het Alex my afgelaai by die treinstasie en is ek op die trein na Londen sentraal en vanhier op die underground na London bridge…en van hier weer op die trein na Redhill en vanhier te voet ‘n kort entjie se stap na my onbekende vrinne. ( - ; Almare is nou ‘n goeie vriendin. Dis lekker om by haar te wees. Chris is bedags by die werk. Dan vat ek en Almare en klein Michael (4maande) die pad te voet of te wiel vir BETER as BIGBEN outings… selfs BEN10 sal sy dingis sien. Ons was Ryegate se straatjies en winkeltjies deur. Sjoe dis lekker! Onst gekoffie by Urban Kitchen. Njam vir die Late en atmosfeer! Ons is deur parke...en selfs by so funky kwekery koffie shoppe aan. Dis so lekker om te kuier met iemand wat NIE EENS verskoning soek om by ‘n lekker coffee shoppe te chill nie. ( - ; En beslis is ‘sommernet’ genoeg rede om so rukkie te chill en ‘n koffietjie te slurp.
large_londen1_034.jpglarge_londen1_040.jpglonden1_039.jpg londen1_043.jpglarge_londen1_041.jpg
Ek meen, WANNEER gaan ek ooit weer in Engeland kom, ne Almare! ( - ;
Klein Michael is die mooiste 4maande oue seuntjie en ‘n regte charmer… Ek is mal daaroor as hy lag. En hy doen dit baie. As mens skielik nuus of opgewonde ‘n storie begin vertel, skrik hy groot en dan begin hy huil… dis lekker om hom vas te hou. Sy velletjie is so sag mens wil sommernet heeltyd met jou wang teen syne sit.
Onst in Priory Park gaan wandel… en ook vir ‘n baie besonderse Ryegate Hill wandeling in die misreen gegaan… Ek het geweet my Capestorm FULLPROOF waterdig reendig winddigte baadjie gaan handig kom vir IETS in my europa travels… Hyt Michael PERFEK gepas. Hehehe. Kyk foto
large_londen1_031.jpg
Vandag was ons Londen toe.
Ben10. Ek bedoel BigBen...
Londen eye…
londen1_050.jpglonden1_139.jpg
Millenium Bridge (in flippen vriesende wind en koue)
St.Pauls Cathedral (in die verte…)
Tate Modern (moderne kuns meseum…strootjie-blaas-kuns wat ek ook kan doen)
Borough Market was verseker die hoogtepunt. Die Hollande 100% Londen som hierdie mark so op: Borough Market is officieel een groothandelsmarkt, maar op Donderdag, Vrijdag en Zaterdag komen groothandelaren met leveranciers vanuit het hele land samen om die lekkerste dingen aan te bieden. Chocolade, kaas, groenten, vleeswaren, jam, olijven, veel te veel om op te noemen. Proeven is hier een must. In Heleen se 100% Londen taal: dit was soos Pretoria se boeremark, net SUPER HUGE en obviosly geen boeremusiek nie. Hehehe.
londen1_057.jpg londen1_056.jpg londen1_053.jpg londen1_078.jpg londen1_075.jpg londen1_077.jpg
Ek se jou, daai kase en vleise en brode en ALLES was net NJAM!! Ek het ook vir die eerse keer ‘mulled wine’ gehad. Duitsers se gluwyn met MEER kruies…BAIE lemoensap…en geen rum. ( - ;
My gunsteling was die: Montgomery cheddar, onions, leeks and garlic on Poilane suurdeeg toastie met so baie cheddarkaas jy verloooooooooooooor jouself heeltemaal daarin en jy moet keer om NIE die papier OM die toastie ook op te eet nie.
En of jy nou in Munich of Konigsberg of Dresden of Praag of Bern of Biberist of Parys of Amsterdam of Hoek van Holland of Londen is… Eet is darem maar lekker!!!

26 Januarie. Woensdagoggend - Heathrow

Altyd gewonder hoesit om op Heathrow te sit. Dit voel maar soos Heathrow. ( - ;
Ek sit in ‘an italian love affair’ coffee shoppe, sonder enige italianers. Net engelse met hulle engelse aksente. Dis erg snaaks. Ek verluister my na hulle. Hehehe. Vanoggend half ses het ek van Almare-hulle se huisie afgestap na die treinstasie. Ek het toe 20 minute lank gesukkel om ‘n vervlakste treinkaartjie na Gatwick te kry, my kaar en die simpel kaartjie masjien wou nie gel nie, toe moet ek eers ‘n ent stap om die naaste otm te kry om geld te trek. Toe kom ek terug by die masjien toe wil hy nie my note vat nie. Perfek gestrykte splintervars ponde. Maar nee. Ekt my been so half agtertoe gevat en was oppad om daai masjien ‘n wilde skop te gee (my gevoel) toe kom daar ‘n engelsman verby en vra of hy my kan help. Ek haal my mooiste gedentlikste engels uit en verduidelik vir hom in eeeeeeeeeeeeen laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaang suid afrikaanse engelse sin presies hoe simpel hierdie engelse masjiene is. En toe se ek kan op die trein ‘n kaartjie koop. Ek probeer dit vermy want mens kan wilde boetes kry maar ek was so gatvol dat ek soos ‘n stertjie agter hom aan is. Hy werk by Gatwick se border control. En nadat hy my paar tips gegee het van hoe ek van hier tot in Ierland kan kom, MET ‘n stamp in my paspoort… (daar is eintlik geen manier nie, want engeland gee mos nie stamps as jy uitgaan nie….so ek moet maar hier bly vir 2 maande as ek doodseker wil maak dat ek nie in europa iewers gevang en toegesluit word nie… bummer) kom die kaartjie man in die gang af. Ek waai vir hom ‘n 10pond noot. Hy lig sy kop so effentjies en die voue in sy duk nek raak minder…: nooo chaaaange lady… En gelukkig toe help my nuwe border control vriend my met ‘n 2 pond. Ekt net 1pond 30 munte op my gehad. Ons het vir 8 minute gesels oor visums, want ek meen, ons is altwee EXPERTS… ons het ‘n naartjie gedeel… en toe spring ons af by Gatwick en omdat ek my eerste trein gemis het, moes ek hol om my bus te vang anders is my hele dag se iternary in sy maai in. Ek het. Net-net. En toe ek ‘n sitplek soek, mis ek ‘n trappie (tipies heleen) en doen ‘n ballerina move met my nuwe engelse rompie. Hahaha. Gelukkig deel die engelse bietjie van ons humorsin. Hulle kan vir mekaar en hulleself lag. Anders as die Franse. Ek staan mos daar in die underground met my huge rugsak en ‘n rokkie boor ‘n tights met my stapboots vol modder, so goed geprobeer kamoefleer ek kan… en daar staan so tannie langs my… OPGEDRESS en sy kyk my so van bo na onder na bo na onder…en knipoog vir my en se: Sjoooo knooow… those shoes of yyyyourrrrss arent very sexy… En ek wil vir haar se: okey tannie: ek WEET dit, maar ek wil gou kyk hoe jy doen met hierdie geweldige swaar rugsak op daai highheels van jou… en WIELIETJIES is nie ‘n opsie. So sexy se gaai. Ten minste het ek ‘n rokkie aan, en nie ‘n Suid Afrikaanse sokkerwereldbeker serp om my nek nie!!
Nou sing Sarah McClachlan vir my. Ek hou van haar en Dido en Norah en Katie. Hulle kan my skryfure omsing… En die koffie is great. Dit sou lekkerder wees met iemand by my. Maar dis nie sleg nie. Ek kyk vir almal. Ek sien al die mense wat inkom en uitgaan. Almal oppad iewersheen. Sommiges met high heels. Ander met stapbootse. Party met wielietjie-tasse…en party sonder. Ek dink ek is die ENIGSTE ene op Heathrow lughawe vandag, wat kan se ek is op ‘n 3 maande lange vakansie!! En ek dink aan al die onontdekte paaie plekke mense wat wag… Ierland en sy kranse… Frankryk…Taize…Spanje…swem ini see…Barcelona…en Italia met my ma!
Oorkant my staan ‘n ou omie met ‘n leersak en vrek baie plooie. Ek wonder hoeveel plooie ek eendag gaan he. Ek gee nie juis om vir plooie nie. Dit was nog altyd vir my mooi. My Tannie Elsa sn kan ek altyd so voor kyk… daars karakter en stories in plooie… Solank my lag-plooitjies die meeste van almal is, dan issit koel.
Groete vanaf Heathrow. Oja, vergeet om te se: ek het’n tee date met Jane Austin Bath vanmiddag… ( - ;
Ja ek weet jy brand van jaloesie. Ek sal vir haar groete stuur…

26 Jan. Woensdagaand – Bus oppad huistoe

large_londen1_088.jpg
large_londen1_096.jpg
Ek weet nou alles van Jane se 5 broers en haar sussie af. Jane was uit. En ek was nie die enigste ene wat opgedaag het vir tee met Jane nie. Maar so engelse dame het toe vir ons ‘n Jane praatjie gegee. Dit was insiggewend en lekker om bietjie meer van skryf te kan verstaan. Ek moes keer om nie die hele winkel leeg te koop vir my familie nie. Hulle is, meer as ek nog, Jane Austin bejoints… ( - ; Hierna het ek al die boring museums geskip en by hierdie dorpie se nougangstraatjie-winkels in… as jy dink: daar kan nie NOG ‘n stegie wees met stunnig winkels nie… dink weer… al my vriendinne het innie gees saam met my daardeur gestap, en moet se, Lucia, ek sou jou half sewe na die busstop moes sleep… jy sou dit looove! Goodnite.
27 Jan. BATH...Bath is ‘n spesiale dorpie. My mensewoorde gaan hierdie dorpie nie toekom wat hy is nie. Wat ek wel kan se, is dat die winkeltjies in Bath se noue klipsteegstraatjies jou uuuure kan besig hou. Dit was ‘n langerige busrit. Maar elke uur se bussit werd. Toe ek daar afklim het ek by die kerk ingegaan en nie 10 pond betaal om op te gaan na die toring nie….ek het ook verby die famous Bath baddens gehou en nie 13 pond betaal om in te gaan nie…
londen1_097.jpg londen1_100.jpg londen1_101.jpg londen1_105.jpg large_londen1_106.jpg
En toe het ek locals gestop en gevra waar ka ek lekker koffie kry… en waar is Jane Austin se huis. Hierdie twee dinge en natuurlik al die hope engelse winkeltjies was my enigste to-do’s. Jane Austin museum het my goed besig gehou…en ek het die 10 pond betaal vir ‘n praatjie oor haar geskiedenis en haar familie en watter boeke sy in hierdie huisie geskryf het … dit was lekker. En ekt vir my sussies spesiale geskenkies hier gekry. Sou g’n niks beter vir hulle kan terugneem huistoe. ( - ;
Verder het ek droomverlore met cuppacinno take-aways in die straatjies rondgedrentel…met ‘n kaart iewers diepweggepak in my rugsak en ek kon nie meer warry nie. Ek het ‘n paar sirkels gemaak maar dis een plek waar jy maar sirkels kan maak. ( - ; Half sewe kom my bus. Skuins na 10 is ek terug by Heathrow. En 11hr toe voel-voel ek vir die sleutels onder die voordeurmaatjie. Ekt vodde die trappies opge-tip-toe na my kamertoe…en gewens ek het ‘n maat langs my vir wie ek alles wat ek gesien en ervaar het kan deel… en toe glimlag ek in die donker half-geamuseerd vir myself…want ek het eintlik altyd Iemand. Maar ek dink Hy sal verstaan mens soek soms mens. En jy.
Bath is ‘n goeie plek… large_londen1_104.jpg

29 Jan. OXFORD.

large_londen1_168.jpg large_londen1_194.jpg
Oxford is Oxford.
En hulle ou college geboue is pragtig. Om te dink dat hier nou nog studente is wat hier bly en klasloop… dis wow. Ek en Almare het die dag wild uitgehad. Chris was so gaaf om na Michael te kyk en ons het die pad gevat. Dit was yyyyysssssig koud en by ver nog die koudste wat ek in europa gekry het. Die wind het gebyt. Queensland (REGOORKANT die oudste koffie shoppe in die dorp … hehehe) se budget brekfast en koffie was koning. Regte engelse ontbyt met bakedbeans en die works. ( - ; Njam! Hierna het Almare gevra: wat is die plan?? As jy my ken, weet jy dat sy dit maar netsowel NIE kon vra nie…want ek foeter maar so op my eie Heleen manier aan, met ‘n stadskaart iewers te verweg gepak… en my kamera so naby dat ek heletyd fotos neem…enige mooi fietse deure vensters klippaadjies lok my weg van die hoofstroom-roete…Almare is baie dieselfde so ons was ‘n awsome kombinasie vir Oxford. En Oxford sal inderdaad nooit weer dieselfde wees nie…
My persoonlike hoogtepunt was die trappies na een of ander ‘secret’ ontoelaatbare klein tuintjie agter ‘n huge grasperk… daar was MEER as net een NO ENTRY bordjie vir die onweerstaanbare groot groen grasperk…en vir die trappies… Ons kon nie gou genoeg boontoe nie. Daar was egter niks opwindends bo nie… ek dink almare het een of ander ‘clue’ verwag na ‘n onopgelosde speurverhaal… Ek het die polisie om elke hoek en draai verwag. Almare het DUIDELIK meer kattekwaad as ek aangevang toe sy klein was want my adrenalien het gepomp…en vir haar was dit maar net ‘n stroll in nog ‘n park. Hahaha. londen1_206.jpg londen1_205.jpg londen1_201.jpg
Die ander hoogtepunt was hulle lekkergoedwinkel. NJAM!!!! Ons het ‘n slice FUDGE gekoop en dit was nog warm. Dis al wat ek gaan se.
Aandete was pizza take-away en movie. Tom Cruize het ‘n mooi stel maagspiertjies… SJOE! ( - ; En ek sal nie omgee as my man eendag van ‘n motor se dak af op ‘n bus kan spring nie… hehehe. londen1_202.jpg londen1_208.jpg londen1_215.jpg

large_londen1_214.jpg
large_londen1_229.jpg

31 Jan … Londen

Trein – Underground
londen2_066.jpg
...Greenpark
londen2_024.jpg
...cuppacinno - Buckinhampalace
large_londen2_014.jpg londen2_016.jpg
St.James park – St.James str.
londen2_010.jpg
Piccadilly str. – Piccadally Circus – LilyWhite – supermark (middagete)
londen2_034.jpg londen2_036.jpg londen2_039.jpg londen2_048.jpglonden2_049.jpg
Leicester Square – verdwaal - ChinaTown
londen2_067.jpg londen2_059.jpg
Royal Opera House
londen2_050.jpg
Covent Garden – Cuppacino
londen2_057.jpg londen2_060.jpg
Theems rivier – underground – Hyde Park Corner – Hyde Park
londen2_068.jpg londen2_100.jpg londen2_082.jpg
londen2_084.jpg
West Carridge Drive – South Carridge Drive – Harrods (overrated)
londen2_109.jpg londen2_110.jpg
underground – Waterloo – trein – Basingstoke – LEKKER MENSE!!!!! GOEIE WYN!!!!! HEERLIKE AANDETE!!!!! BESTE KOFFIE!!!! TUISGEMAAKT E CHOCOLATE BROWNIES!!!! SPAANSE KITAAR MUSIEK!!!!! TRAVELSTORIE!!!!! – Nou en amper middernag…op trein oppad huistoe. WHAT A DAY!
Londen is awsome!

Reis – ‘n Trein-gedig – Londen Januarie 2011

Hoe kan mens ooit ooit weer
dieselfde wees
na ‘n entjie reis
Reis vorm my
En groei my
Ek ontmoet ander
En sien my-wereld deur hulle oe
En ek ontmoet myself
in ‘n ander wereld
Ek ontdek horisonne waarvan boeke en kaarte maar net vertel
En dit word deel van my
My wereld
Word groter
geloof sterker
materialisme minder
verlange na eenvoud en
ligreis
en God
meer
groter
dieper
Of dit oorsee is
Of dit in Afrika is
Of dit in die Sederberge is

large_londen1_238.jpg
londen1_137.jpg londen1_134.jpg
londen1_112.jpg londen1_111.jpg

Posted by Heleen 13:23

Email this entryFacebookStumbleUponRedditDel.icio.usIloho

Table of contents

Be the first to comment on this entry.

This blog requires you to be a logged in member of Travellerspoint to place comments.

Enter your Travellerspoint login details below

( What's this? )

If you aren't a member of Travellerspoint yet, you can join for free.

Join Travellerspoint