A Travellerspoint blog

22 Jan

AMSTERDAM

large_amsterdam_..ter_006.jpg

Amsterdam is Awsome. Hulle praat my taal. Hulle is vriendelik. Hulle het ook ‘n boeremark. ALMAL ry fiets. Maal Munich se fietse met tien. Ek dink hier is vir elke mens seker omtrent 5 fietse. In Munich net twee. ( - ;
Nougoed, ek raak toe in my vorige Parys-skrywe so weg-droom-verlore, dat ek my trein van Parys na Amsterdam verpas. Gelukkig was daar nog ene… En ek kom toe 11hr gisteraand in Amsterdam in. Maar die aand het pas begin. Die strate het gewemel vol jongmense en selfs oues…mense op voete…mense op fietse…en mense op weed.
Vinnig vinnig boek ek in by ‘n lekker jeugherberg, nadat ek onbepland deur die rooiligdistrik gestap het. Pheeeuw.
Amsterdam was 5ster. Ek het 20 euros betaal, vir ‘n groot kamer met VIER beddens maar ek was alleen. Eie badkamer. Eie stort. Eie kas. Eie venster. Eie tv. ( - ; Ek het met Amsterdam kaart onder my kop aan die slaap geraak en gedroom van Haarlemme, Houttuine en plat strate…
Vanoggend vroeg vroeg: opstaan, gou inpak, warm aantrek vir ‘n halwe dag op ‘n fiets… Ek moes half twee weer ‘n trein vang na Rotterdam na Hook of Holland. ‘n Halwe dag is heeltemaal te min vir Amsterdam maar tog genoeg om mens lus te maak vir weerkom. Die greatste van als is dat ek besonderse ontmoeting met special mense gehad. Ek is eerste na die Anne Frank Museum. Ek het haar boek laasjaar by ‘n 2dehandse winkel gekoop en gelees. Dit het my diep geraak. En haar dagboekskrywes het my geinspireer om die vryheid van menswees en magwees, te ontdek, ontgin, geniet. Min het ek geweet dat my kuier in Amsterdam gaan begin en eindig tussen inspirerende mense. Anne Frank se museum is lewend. Haar storie staan tenie mure en oppie trappe en deure… en ek wonder hoe dit moet voel om vir maande en maande by ‘n venster uit te kyk maar nie te mag uitgaan nie… die hartseer is dat hulle wel in hulle wegkruipplek gevang is en dat sy soos baie ander in die konsentrasiekamp gesterf het. Net ‘n maand voor die einde van alles. As sy geweet het haar pa lewe nog was dinge vir haar dalk anders. Bottomline, dis ‘n voorreg om vry te wees. Buite mens se vensters en mure te mag lewe droom wees. Te waag. Hardop te mag lag. Sagte gras onder jou voete te mag voel…

Van Anne Frank het ek en my sexy gehuurde fiets die straatmark gaan soek op Muntpleint. Bloemenmarkt. Dis ‘n varsprodukte mark. En dan natuurlik hang die geure van vars brode en kase in die lug…
amsterdam_..ter_016.jpg amsterdam_..ter_002.jpg amsterdam_..ter_001.jpg

Iewers staan ek en kyk na leersakke en langs my hoor ek engelse mense gesels met die ou wat die sakke maak en verkoop. Ek is toe weereens voor-oppie-wa en se vir hulle hulle klink soos locals as hulle die verkoper ken, weet hulle van ‘n lekker plekkie om te brekfist. Ek vra maar gewoonlik die locals. Die tipiese toerisrestaurante is nie vir my genuine nie. Bettina het ‘n helderkleurige serp om haar nek gehad en dit aksentueer haar ekstrovertiese persoonlikheid nog meer! Haar man, Barry, het arty gelyk. Beide vriendelik. Sy spring toe byna ‘n meter hoog in die lug en vertel vir my dat sy NET die plek het vir my: FINCH. Ons gesels nog bietjie en groet. Ek sit so 20 minute later in Finch…en terwyl ek SMUL aan wat sy voorgestel het: wentelteefjes ( kyk foto ) dink ek by myself ek moes eintlik langer met hulle gesels het, dit het regtig na nice mense gelyk… en die volgende oomblik hoor ek net: HEY! HOWS THE WENTELTEEFJES? DO YOU LIKE IT? GOOD HEY! Minute later sit ek, Bettina, Barry aan dieselfde tafel en kuier my laaste uurtjie in Amsterdam om cuppacino en ‘n wereldkaart.
large_amsterdam_..ter_009.jpg
Barry was skoolhoof…sy vakke: drama en wiskunde. Nou restoreer hy ou meubels. Bettina het een of ander admin-tipe werk gedoen en nou vat sy ou mense op 5ster trips oral oor europa. Maar as hulle self gaan vakansie hou, kamp hulle. Soos die Rossouws. Net ‘n tent matras en slaapsak. Eenvoudig. Lekker. Ek dink onst dalk meer gestry oor WAAR die tent opgeslaan moet word…en HOE die pale inmekaar moet gaan. Elbie was gewoonlik reg. ( - ; En ons het altyd iets vergeet. Wat dit natuurlik in ‘n avontuur verander… Ek en hierdie mense het mekaar goed verstaan en reg van die eerste oomblik af gekliek. En daar nooi hulle my vir aandete… Aaai. Nou moet ek na die flippen Hoek van Holland toe om op ‘n ferry te klim terwyl ek ‘n nederlandse kerrie gereg kon eet. Hulle het my rekening betaal om op te maak vir die feit dat ek nie by hulle kan gaan eet en kuier vannaand nie. En toe het ek 10 euros om ‘n groot vars nederlandse brood met rosyne en neute in en regte hollandse bokmelkkaas vir aandete te koop. Njam!
large_amsterdam_..ter_017.jpg

En toe het ek ‘n halfuur om my fiets terug te vat, my rugsak te gaan gryp, en die regte trein op die regte platvorm te vang. Gedaan land ek op die bankie op platvorm 15, ‘n minuut voor die trein kom. Langs my sit ‘n ouerige vrou. Haar man is ‘n professer in tale. Ons het die hele treinrit gesels oor Italie, Taize…en natuurlik Amsterdam. Syt gese sy is bly sy is nie my ma nie. Hehehe. Ek ook want ek dink nie sy kan so goed naaldwerk doen, mooi sing en lekkerlag soos my ma nie! Ha!
Ekt afgeklim op die Hoek van Holland en sit nou hier en skryf gou my vandag. Dis nou amper vyfuur. Ek kan eers 7hr inboek so ek gaan nou vir ‘n sonsakdraffie langs die see, en sommer op die ferry stort. Wild. Lekker. See en sonsak en sand vir die eerste keer in meer as ‘n maand… ( - ;

Posted by Heleen 11:56

Email this entryFacebookStumbleUponRedditDel.icio.usIloho

Table of contents

Be the first to comment on this entry.

This blog requires you to be a logged in member of Travellerspoint to place comments.

Enter your Travellerspoint login details below

( What's this? )

If you aren't a member of Travellerspoint yet, you can join for free.

Join Travellerspoint