21 Desember
MUNICH!!!
21.12.2010 -2 °C
20,21 Des – 18:51


Hallo! Voor ek briefskryf, ek het ‘n blog begin. Gaan net na: heleen.travellerspoint.com, Jy kan al my briee ook hierop kry. Hier is lekker fotos en videoclips by! Hierdie Is maar ‘n rowwe probeer met BLOG. Lyk dam of dit oraait werk. Skree as jy enige tips het.
Ek is lekker siek. Seker omdat ek so wild aangaan! Ek is gister Munich toe. WOW. Dis my eerste proe van ‘n europa stad. Dis beter as gluwyn Briefvriend, ek se jou!!!! BETER as die beste gluwyn!! Hier is ou geboue oral rondom jou, nes die berge in Stellenbosch…net so so so hoog jy maak byna ‘n summie as jy opkyk. Ek WIL nie weet hoe dit moet voel om voor die Alpe te staan nie… KAN nie wag nie!
Ons was in Maxamillion straat. Al die name wat jy net droom van om op jou horlosie en parfuum en klere te staan…is hier in EEN straat… winkel op winkel. Ons het verby so baie porsch’s gery ek het ophou tel. Dis crazy… Was in by die Porsch sentrum. Daarna by die Duitse Museum. Ek gaan eerlik wees in my skrywes…ek is nie veel van ‘n museum-freak nie. Inteendeel, ek is glad nie. Toe ek daar aankom en die dude se hulle verkoop nie meer kaartjies nie, dis te laat… toe is ek heimlik verlig. Hy kry my toe seker so bietjie jammer, en se ek kan maar verniet ingaan, en ek moet na die vliegtuie en bote gaan kyk. Of dis wat ek verstaan het. En daar spaar ek ‘n hele spul Euros! En ek kry ‘n halfuurlange museum sessie, STRAIGHT na die opwindendste deel. ( - ; Baaaaargain.
Ek het so vinnig geloop soos ma my in die dorp probeer leer loop het. Flink en vinnig. Die heel koelste was die huuuuuge vissersboot heel onder. Ek kan dink dit is omtrent hoe die vissersbote gelyk het waarin die disipels en jesus was met daai storm. Ek kon die branders sien slaan teen die rante en kan nie dink dat iemand daar onder in die slaap kan raak in ‘n storm nie. Maar Jesus het. Ek het uit die museum gestap…met ‘n stille wete dat my Jesus net ongelooflik groot is. En dat ek nie een oomblik hoef te vrees nie…want Hy is MET my in my windstil dae…maar ook in my grootste storms.
Laataand het ek saam met Sonja en Mariana by die stad se famous bierhuis gaan bavariaans eet en bierdrink… Die kelners se kleredrag is pragtig. Eg Bavariaans… Daar was ‘n lewendige orkes wat bestaan het uit ‘n altviool (Ann waar was jy!!!) en ‘n konsertina en paar soortgelyke instrumente… met ‘n handsome dude wat hele aand gestaan en sing het. Ek het heel aand sit en kyk. ( - ; En natuurlik het ek bier gedrink! Daar het families gesit. En jongmense. Verliefdes. Groepe vrinne. En hier langs ons, ‘n ou sommernet op sy eie, met ‘n bier en ‘n boek. Die atmosfeer was warm en gesellig. En dalk dink jy nou ek skryf dit omdat dit virmy ‘n nuwe ervaring is en dalk is dit so, maar ek het nog nie so lekker kuierplek beleef nie. Groot houttafels. Baie spasie. Baie mense. Jy kan jou skoene uittrek as jy wil. Jy kan ‘n mus dra as jy wil. Daar speel lekker musiek in die agtergrond maar jy kan die ene oorkant en langs jou nog hoor praat… Op die maat van die musiek, dans daar ‘n heerlike geur in die lug rond…
Ek sluit my Munich dag af met fietse. Fietse. Fietse. Oral net fietse. Hierdie mense het fietse vir ‘n weermag. Jy verstaAAAAAAaaanie. Ek kan dit nie beskryf nie. En moet iewers bietjie ophou met fotos neem. Maaar ek kan nie help nie, want almal lyk anders. En elke keer as ek ‘n fiets skeef teen ‘n paal sien staan…glimlag ek, want dis vir my een van die mooiste prente. ![]()

fietse fietse fietse
Ek dink dit is onbeskryflik romanties. Al die fietse het ligte en carriers. Party groot. Ander klein. Hier is al die reenboogklere. Vetmense (min) ry fiets. Maer mense ry fiets. Ou tannies en jong manne. Grend dames met hoede en jasse. Oompies wat koerante aflewer… Besigheidsmanne en selfs ‘n ma met haar dogtertjie agterop. ALMAL ry fiets. IN DIE MINUS GRADE. IN DIE REEN. IN DIE SNEEU. IN DIE NAG… Dis ‘n ander wereld. Vir my wat lief is vir fietse en fietsry is dit so bietjie van ‘n sprokieswereld-ervaring gewees… Hierdie eerste groot europese stad met soveel fietse… Dis iets besonders en het voorwaar ‘n stuk van my fietshart kom steel… Want in my WILDSTE drome kon ek hierdie prent nie indink nie…Vandag (21/12) het ek die dorpie van Landshut so op my manier platgestap. Sit op muurtjies en trappies maak groot deel hiervan uit…ek het my eerste cuppacino gedrink. Daar is ‘n baie koel koffieshoppe in die groot markplein tussen al die winkels…waar net busse en fietse mag ry… Die winkel se tafels is buite, met verwarmers en lekker musiek. Niemand om my kon engels praat nie, maar die waitor het dam ‘cuppacino’ verstaan! Hehehe. Ek het klein kersgeskenkies vir die familie by wie ek bly gekoop… En myself verkyk aan al die mooi rondom my…
Tot dusver is ek absoluut gek oor pretzels-broodjies. Dit en bergbotter… En natuurlik gluwyn… ( - ;














