11 Januarie
BERN en BERE
14.01.2011



Vandag was die dag van Bern. Switserland se hoofstad. Ek het slegs ‘n paar ure gehad, en kon nie naastenby alles sien nie, maar ek was daar. Bern is die stad met die langste strate met winkeltjies en promenades...oor die 6km. Vir my was die belangrikste Eintsein se huisie...die Barengraben, en natuurlik die reuse horlosie wat elke uur danspassies doen...
Ek was by Einstein se voordeur. Maar hy is blykbaar net tuis IN DIE SOMER... Kom ons laat dit daar. Meer as net Einstein se huisie gaan staan hier doodstil in die winter. Vandag is 12 grade celsius marit lykmy die switsers is ook ‘sussies’ want ek sien niemand mtb nie. Aaaijajai!
Vanhier vir my by straatkafeetjie ‘n pizzatjie gekoop en sommer so loop en eet. Dis ‘n moeilike saak. Want mens moet tegelyke tyd kou en sluk, maar tussenin val jou mond oop as jy nog ‘n mooi ou gebou sien wat jou stomslaan. So jy moet so tussendeur die kou en sluk aksie, die oopmond-gaap-aksie inwerk of dinge kan ongeskik ongemanierd raak.
Die Barengraben, of die Beer pit soos baie daarvan praat, was heel onder aan die oostelike kant van die oustad. Mens stap van die treinstasie net reguit af met hierdie hoofstraat, wat vir km’s aanhou, en dan kom jy uiteindelik by die Nydeggbrucke wat loop oor die Aare Rivier. Bjork, Finn en Pedro is die drie bekendes. Pedro was die laaste oorblywende genuine beerpit beer. Finn en Bjork kom van Finland af. Bjork het vir jare met artrithus gesukkel en is in 2009 uitgesit. So daar is nou 2 bere oor. Dis ‘brown bears’, daai wat jy altyd in die movies sien. Daar is nog heelwat van hulle in die Pyrenese, Oostenrykse-Slovenia-Alpe, Skandinavia, Rusland, en ook Noord Amerika se berge. Hulle is mal oor bessies en heuning... ( - ; Hulle slaap baie en as jy hulle sien is jy gelukkig. Toe ek oor die brug stap, toe staan Finn en munch aan ‘n boom. Ek het lank staan en kyk. Hy was huge. En ek is klein. Om so grootte dier te sien, vee my altyd op ‘n mooi manier plat op die vloer. En ek het terug die hoofstraat op gestap, tussen tipiese switserse winkeltjies, koffieshoppes, en sypaadjies vol fietse... met ‘n seer hart. Soos die ou wat langs my gestaan het en na hulle gekyk het en net sy kop geskud het en gese het: What a life... Dis die eerste keer wat ek so groot beer so van naby sien. En dis ‘n voorreg. Maar dis niks lekkers of moois om hom so agter heinings in ‘n mensgemaakte ‘hok’ te sien nie. Ek weet nie wat het ek verwag nie, maar ek het ontsteld op die trein geklim. Bere hoort in woude iewers ver ver weg van mense en kameras en beton. Nie hier nie. Al is dit die stad se kenteken...Dalk het jy al gehoor van Mary Plain? Dis ‘n reeks kinderboeke, met Mary Plain en haar fam, wat afspeel in Bern se Beer Pit.

Beer Fin is heelonder regs in die hoek!
Oppad terug treinstasie toe was my laaste stop: die middeleeuse kloktoring met bewegende poppe wat elke uur met bewegings uitkom.
Bern se mees moderne toerisme aantreklikheid is die spul fonteine voor die Federale Paleis...Ek het die fonteine gemis... As jy ooit Bern toe gaan, soek die fonteine oppad bere-toe! En gaan loer by Einstein in assit somer is.
Oppad terug het ek gaan koffie drink by twee nuwe vriende wat in Solothurn woon. Ons het heerliklekker gekuier boor ‘n groot Israelkaart en die mooiste Hebreeuse worshipmusiek in die agtergrond…en daar sit ons drie, ‘n boeremeisie uit Suid Afrika, ‘n Israeliese meisie van ‘n dorpie naby Jerusalem en ‘n dude van Switserland. En ons gesels oor ons Koning Jesus.














