A Travellerspoint blog

5 Maart

Almunecar

DSCF5416

DSCF5416

4DSCF5376.jpgDSCF5456.jpgDSCF5449.jpgDSCF5440.jpgDSCF5435.jpgDSCF5423.jpgDSCF5419.jpg

SKETS 1

Gisteraand het ek ‘n movie gekyk en vroeg gaan slaap. Vanoggned het ek laat geslaap. 10hr is ek die dorpie in. Eers het ek die varsprodukte markie gaan besoek. Hier was basie: kaas, brood, blomme, vrugte, groente, en VIS. Baie baie vis.
Nou sit ek op die strand. My skoene is uit. Die son skyn vol. Die wind waai baie baie liggies. Die see se klein brandertjies hoor ek in en uit enin en uit spoel op die strand. Die sand is lekker grof en groot korrerls. Ek hou daarvan. Hoe growwer hoe beter.
Almunecar is ‘n weggesteekte dorpie iewers aan die spaanse suidkus. Hier is toeruste… maar nie hordes nie. By elke kafee en bar kry jy eintlik maar die locals… op die talle straatbankies kry jy ou ooms wat sit en pyprook en die kieries bietjie laat rus… Die ou tnanbnies dra syko9use en skoene soos my ouma altyd gedra het. Hu.llr dra nog almal netjiese rompies wat so onder die kniee kom… en het bollas op hulle koppe. Hier is baie baie mooi mans.
Die see is bou. Ek is bly ek is hier.
Hierdie plek moet onder die spanjaarde seker baie gewild wees kan ek dink en in die somer is hierdie strande seker gepak.
large_DSCF5401.jpg

SKETS 2

large_DSCF5397.jpg

Meeste van julle sal my seker nou oor die vingers wil tik. Want ek was hier in die hartjie van die spaanse suidkus. Vir ‘n volle 3 dae. Tog het ek nie my voet hier uitgesit nie. Ek kan nie presies se wat ek gedoen het nie. Maar die laaste 3 dae was inderdaad goue dae. En Spanje het my hart kom steel. Die mense. Die taal. Die blousee. Die tropiese donderstorms. Churros gedoop in warmsjokelade. Siesta. Al die oop spasies natuurreservate en ruimtes ongekomersialiseerd. Hoekom se ek jy gaan my oor die vingers tik? Want Malaga met Picasso se museum, en die ‘venster’ vanwaar jy Morocco kan sien… en natuurlik Almenuca self met sy spesiale park met 1500 voels van omtrent 100 verskillende tropiese spesies…en natuurlik die medittereense akwarium...Hiervan het ek niks gesien nie. Ek het egter inderdaad lang ure op die growwe sand deurgebring…lang ure onder die sterre gesit saans en luister na die see… baie koffies gedrink in die bar onder die plekkie waar ek gebly het en vrinne gemaak met die man en sy vrou en ure en ure spaanse musiek geluister.
Hoogtepunt in Almuneca? Ekt gisteroggend ent langs die see gaan stap. Toe ek al ‘n entjie uit die dorp was, het die wolke woesvinnig begin oortrek. Binne minute was dit dig en donker. Die wind het deur die palmbome gedans. En toe val die druppel. Kollosale druppels. Ek het nog nie sulke groot reendruppels op my kop gevoel nie. Dit het gevoel asof daar koppies water uit die hemel uit val. Elke druppel reen ‘n koppie. Al die ou mensies het verbete aan hulle sambreeltjies vasgeklou. Maar die wind het die sambrele gewaai asof die staalpenne opgerolde papier was. Ek op ‘n rotskoppie geklouter en een foto geneem gekry in die reen. Toe is ek in die tropiese storm terug huistoe. Oppad het ek verby ‘n bakkery gehol. Ekt 1,50 euro in my sak vir koffie gehad. Ekt uitgestap met die heerlikste vis pastei wat jy jou kan indink. So het ek in die koppies reendruppels met ‘n warm vars vispastei in my hande teruggestap huistoe. Oppad het ek gou by my vrinne ingeloer en solank ‘n café colatia bestel. Ekt gou warm gestort en het die res van die dag knus by hulle gesit en my fotos begin uitsorteer. En nou bus ek terug na Granada deur berge toe onder sneeu…ek Picaso-akwarium-kastele-loos… tog vol met soveel COSTA TROPICA as wat een mens na 3 dae kan wees. En hierheen kom ek weer. Ekt ‘n klippie op die see gegooi en toe hy hop toe se hy: kom weer!
Cheers Almenucua! DSCF5394.jpgDSCF5424.jpgDSCF5422.jpg
Nousit terug Granadatoe. Fiets gaan teruggee. Rugsak gaan haal by hotel. En wag vir my nagtrein na Barcelona. Moreoggend is dit barcelona marathon. Maar ek het besluit dat as ek hom draf, daar ‘n groot moontlikheid is dat ek dalk BAIE styf en stadig gaan stap saam met my ma in Italie… en ek wil haar nie terughou nie. ( - ; So ek gaan iewers op muurtjie langs die see sit as die 1000e atlete hulle besimpeld draf aan 42km. Hehe. Eks lief vir draf. Maar muurtjie-sit is soms veel lekkerder. Hehehe.

Posted by Heleen 00:29 Comments (0)

2 Maart

Suide, Granada

large_DSCF5241.jpg
Van Sandiago na Madrid (ongeveer 1 uur spandeer) na Granada. Granada. Granada. Voel so bietjie soos bosveld maar netlangs jou is 'n berg met sneeu op. Awsome plek. Toe ek hier aanland eer-eer-gister...toe soek ek ONMIDDELIK (neeeee NIE die AlHAMBRA nie...hehehe) maar toe soek ek 'n FIETSWINKEL. Na 'n paar sirkels vind ek ene. Niemand kan spaans praat nie. Toe spoor ek 'n dude op wat kan engels praat. Boonop ry hy self fiets en gee toe vir my so uit sy kop 'n rowwe roete deur die berge vir die volgende 2 dae...en hy help my om vir die dude agter die counter te verduidelik ek wil 'n fiets huur vir so 4 dae.
Vanhier is ek met die eerste beste bus op na die Alhambra. Jy weet heelwaarskynlik meer as die Alhambra as ek maar dit was indrukwekkend. En eks mal mal mal oor hulle mure en dakke. Dis werklik baie baie mooi en besonders. Orals... en dit hou net aan en aan en aan. Sou jy ooit ingaan, wees versigtig, mens sukkel jou dinges af om uit te kom. Ek was na 'n uur soortvang Alhambra-versadig maar toe moet ek die hele toertjie deurgaan om by die exit te kom. hahaha. Was erg snaaks.
DSCF5251.jpgDSCF5257.jpgDSCF5270.jpgDSCF5272.jpg

Vanhier is ek soos 'n stertjie agter 2 spanjaarde na die exit en kortste pad dorptoe. Ek moes ander skoene kry want my Hitecs werknie meer met hierdie lenteweer nie. En dan moet ek my fiets gaan haaal!!!! WHAAAAAAA!!!
large_7DSCF5324.jpg
8hr toe sing die fietswinkel-deurklokkie en eks uit en vry. Ekt so paar draaie deur die strate getrap...my SHIFT gears getoets (PAUL ROSERS se wenkbroue sal lig lat hulle juffie nogal met SHIFTERS rondry!) Anyway als het gewerk...die brieke en pedale en ketting die belangrikste. Vanhier is ek na my baie classy DRIEster hotelkamer (vir 'n bargain) en ekt gepak. Die volgende oggend was ek en Fiets in die pad. Ons sou die A4 volg vir 'n paar km's en vanhier sou ons 'n links vat op die A4045...'n kleiner pad deur 'n awsome natuurreservaat in die BERGE... sonder baie motors...
Dit was inderdaad onbesryflik mooi. Ek gaan nie eens probeer beskryf nie. Dit was so 20km plat en toe begin ons liggies klim... en toe tref ons 'n pas en TOE is ons bo met die mees stunningste gesigte en toe swingel daai nou paadjie al aan die agterkant van die berge af...na die seetoe. Dit het so bietjie soos bainskloofpas gevoel.
DSCF5312.jpg9DSCF5327.jpg8DSCF5338.jpgDSCF5339.jpg
Behalwe dat daar 'n blou see op die horison was... en dag daar vir km's niks is nie... en dan 'n bar/cafe langs die pad. En dan weer vir km's NIKS... en dan weer 'n bar/cafe. Verder was dit ek en die wind en die son en somer en fynbos-landskappe...en dan hoe verder mens afsak die berge in na die see toe... hoe meer tropies raak dit. Hierdie is 'n MOET fietstrippie vir enige mountainbiker. Want jy vat daai fiets net van die teerpad af en daar is eindelose grondpaaie waar jy jouself kan verloor. My asem was weg...van die stywe bult...koue luggie oppad af...en natuurlik die skoonheid oralrondom my. HOE KON mens die A4 ry as jy HIERDIE pad kan ry...
large_6DSCF5346.jpglarge_8DSCF5358.jpglarge_7DSCF5352.jpglarge_0DSCF5348.jpg

Posted by Heleen 00:27 Comments (0)

28 Feb

Sandiago

large_DSCF5212.jpg
large_DSCF5169.jpg
DSCF5232.jpgDSCF5230.jpgDSCF5229.jpgDSCF5228.jpgDSCF5166.jpgDSCF5167.jpg
So kom Februarie tot ‘n einde. Ekt in Ierland begin. En eindig by die katedraal in Sandiago Compostella.
Ekt meer lifties gevang as beplan. My sak het al hoe swaarder geraak hoe verder ek gestap het. En ek het Sandiago vandag net-net gemaak. Oor al die lifties kan ek ‘n langer hoofstuk skryf as die Compastela self… Vanmiddag het die dude by die ‘einde’ my boekie so gekyk en die afstande in sy kop bereken en toe vra hy: you WALKED? Hahaha. Toe se ek: hiked and hiked (en met die tweede ene gooi ek my duim) en toe voel hy baie sleg om te se dat hy nie my sertifikaat kan gee nie…hehehe. Ekt dit nie een oomblik verwag nie, ekt eintlik net ‘n vet kans gevat..) en hoe meer ek probeer verduidelik dat dit regtig okey is en dat ek dit weer sal kom … hoe slegter lyk dit vir my voel hy. Hehehe. Toe gee hy vir my WELCOME sertifikaatjie. Hahaha. Ekt die trappies afgestap, my rugsak neergesit…op hom gaan sit innie son… voor die reuse katedraal… en toe loop daar trane. As jy dit al gedoen het, sal jy dalk verstaan. Ekt net 6 dae gedoen…spring-spring en lift-lift… maar dit was sowaar ‘n tog. Totaal uniek. Baie spesiaal.
Dit was ‘n wonderlike ervaring en ek kan hierdie tog aanbeveel vir enigeiemand. Ek kom verseker terug vir hom op my fiets. Mens fiets omtrent 3 dae se stap in ‘n dag. So as jy kort tyd het kan jy die hele ene in 2 weke op jou fiets kom doen.
large_DSCF5234.jpgDSCF5233.jpg
So begin ‘n nuwe maand. Ek moet nog 4 ure vir my trein wag. My maag is so omgekrap ek het iewers ‘n gogga in. Waarheen? Min lus vir Portugal. So nou is dit Granada.
Ekt pas met ‘n handsome Italiaanse outjie wat vandag ook klaargestap het, sit en gesels… ‘n handsome dude bly maar net mooi ( - ;
Mag jou Maart vol mooi wees… ( - ;
large_DSCF5168.jpg

Posted by Heleen 15:54 Comments (0)

27 Feb

FERREIROS na MELIDE

large_DSCF5109.jpg
My nek is styf. My skouers is in spasma. My voete pyyyyn. Ek was lanklaas so opmoeg… Vandag was Ferreiros – Portomarin – Ventas de Naron – Palas de rei – Melide. Volgens die kaart het ek vanoggend voor die son op is by km 101 begin stap. Vannaand net voor sonsak het ek geeindig by km 53. Vandag was baie mooi. Soveel kerkies al langs die pad. En elke dorpie waardeur mens stap het sy eie karakter. Party is baie arm boeregemeenskappe kan mens dadelik sien Ander is net plain slordig. En dan kry jy netjiese dorpies en mense. Orals is daar ou mense. Oral is daar vroue in gumboots wat die mans help beeste aanjaag. Selfs die ou tannies help hulle mans. Kinders speel sokker in die klipstraatjies. Die honde is almal vasgemaak. Daar is 10 000 katte wat in die son le in vensterbanke of op muurtjies… wens ekt ‘n zoomlens gehad! As jy hier kom stap in die winter en skoentjies is nie waterdig nie, gaan jou voetjies natword. Die plaaspaadjies is almal weggespoel met reenwater en sommige is letterlik riviere. My europa stapskoene begin ook nou te moan. Jup, dag 2 weet jy jyt te ver gestap, as jy jou stapskoene hoor praat en jy praat terug met hulle. Vandag het ek meer stappers langs my pad gekry. Dit was lekker. Ek het ‘n 75jarige tannie van Barcelona ontmoet. Ons het vir 2 ure langs mekaar gestap. Ek kan net ‘n paar woorde in spaans se. Sy kan glad nie engels praat nie. So ons het handgebare en geluide gemaak. Sys baie oulik. Syt my genooi om by haar te kom oorslaap in Barcelona as ek daar kom. Ek sien uit!
DSCF5121.jpg
Oja, die hoogtepunt van die dag was toe die dude met die leer op sy dak in sy wit trok verbykom toe sit ek OP my rugsak LANGS die highway...so moeg is ek...Hyt my dag 1 'n paar km gelift. Hahaha. Hyt verbygery en iewers toe herken hy my, toe maak hy 'n Uie en kom haal my en se: TWO TIMES! Dit was skreeusnaaks. Anyway, hy was baie nice en hyt my 10km gespaar met daai wit bus van hom.
Ek le in ‘n kamer met 20 beddens. 2-2 opmekaar gestapel en 18 camino stappers… Vannaand gaan ‘n snorkerige storie wees as jy my vra. Hahaha. Gelukkig is ek so moeg ‘n bom kan bars ek sal deurslaap…
Gudnite
DSCF5138.jpgDSCF5124.jpgDSCF5114.jpgDSCF5140.jpgDSCF5160.jpg3DSCF5103.jpg

Posted by Heleen 15:28 Comments (0)

26 Feb

QUATRO!!!!

large_DSCF5057.jpg

Bietjie vir bietjie smelt al die dae inmekaar. Woensdae voel soos Saterdae. Elke dag voel soos Sondag. Ek het vandag 52km gestap. Vanoggend 6hr begin en vannaand half 8 klaargemaak. My voete is foos. Sjoe hoe beskryf ek vandag. Alles in een Briefvriend. Woude. Strome. Overberg-heuwels. Plase. Koeie. Eekhorings. Hoenders. Bruggies. Tonnels. Herfskleure. Lentebloeisels. Grasgroen. Bloulug. Witwolke. Sonsopkoms terwyl die sekelmaan vir oulaas knipoog. Sonsondergang sag. Sneeu. Wind. Reen. Mis. Son. Dis mal Briefvriend…
Wat het ek geleer? Spanje se paaie = Afrika donga paai x 10. Net party. Maar op hulle kan jy nie droom van om te ry nie… Jy moet selfs as jy op hulle stap jou tree afmeet en weeg. As jy iets sien wat lyk soos ‘n rivier…dis heelmoontlik ‘n pad.
Spaanse tannies van die platteland hou almal van crocs. Helderkleure.
Spanje se kilometer is nie gelyk aan die res van ons se km nie. En as jy ooit wonder HOE ver is die volgende plek. Dis heelwaarskynlik: QUATRO! … en dit bly so vir die volgende QUATRO kilomtres. Jyt al QUATRO gestap dan is dit nogsteeds: QUATRO.

DSCF5045.jpgDSCF5051.jpgDSCF5048.jpgDSCF5035.jpgDSCF5040.jpgDSCF5037.jpgDSCF5032.jpgDSCF5030.jpgDSCF5015.jpg

Maak of jou voet so bietjie seer is…loop so bietjie stadig en sleepvoets…en gooi ‘n duim…dan stop die vriendelike Spaans polisie en gee jou ‘n liftie na die volgende dorp…as jy belowe om vir niemand te se hiervan nie. Haha.
Jy kan een hele dag in Spanje oorleef…sonder om met een enkele mens te praat wat engels verstaan.
Die mans is vriendeliker as die vrouens. Hehehe. ( - ;
Spaanse kos = wanna-be-Frans + MOERbaie olie.
Sodra jy begin wonder of die koeie gril vir die modder tussen hulle tone … en die plaashuisies rondom jou se dakteels begin lyk na hawermoutkoekies…dan het jy TE VER gestap. En as jy kliphard jou eie opgemaakte liedjie sing, en vir die hoenders vra wat hulle van jou lirieke dink? Wel dan het jy verseker vergeet om genoeg water te drink. Drink! Drink! Drink!
Ek trek nou op kilometer 98. 2 daggies oor… of daar gaan nog vriendelike polisiemanne moet verbykom…of ek gaan op my tanne moet byt. Want hiers gn niks se auto busse innie winter nie…hiers glad nie treine nie…en die taxis is so duur soos helfte van my vliegkaartjie hierheen. ( - ‘ Oja, more reen dit. Dit gaan interesant wees…

DSCF5018.jpgDSCF5013.jpgDSCF5022.jpgDSCF5031.jpg

Posted by Heleen 12:36 Comments (0)

(Entries 1 - 5 of 41) Page [1] 2 3 4 5 6 7 8 9 »